AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

China wink vir vrugteboere

Vrugteboere kan steeds wins maak, maar hulle moet na die Ooste kyk.

Vrugteboere kan steeds wins maak. Hulle behoort egter in die toekoms hul visier te rig op uitvoer na China en die Ooste eerder as die tradisionele markte van Europa en Brittanje. Groei in dié lande, asook Amerika, is aan die afplat, waarsku dié kenners.

Sagtevrugteboere besef vandag dat hulle deel geword het van 'n "totale vrugtewêreld". Die wêreld-vrugteprentjie én uitvoersituasie van 'n dekade of twee gelede het drasties verander.

Mnr. Chris Ferrandi, landbou-ekonoom by die maatskappy Frudata SA (Edms) Bpk., wat veral op die sagtevrugtebedryf fokus, sê die afgelope 20 jaar het die produksie van feitlik alle soorte vrugte wêreldwyd met gemiddeld 2,2 % per jaar gegroei - sowat 44 % dus in die laaste twee dekades. Dit het glad nie met die groei in die wêreldbevolking tred gehou nie, want die beskikbaarheid van vrugte per mens het met 21 % in dié tyd gestyg.

Hy het op die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie se sagtevrugte-kwekersdag op Stellenbosch gesê die verbruik van appels en pere in Brittanje groei nie. In Duitsland is die verbruik van appels en pere selfs aan die daal. Net in China styg die verbruik.

In Suid-Afrika gebeur dieselfde. Feitlik geen groei in die verbruik van appels en pere per mens vind plaas nie. Die wêreldverbruik van appels en pere is feitlik staties - veral in die lande waarheen Suid-Afrika gewoonlik uitvoer, sê Ferrandi.

In 1998 is 59 miljoen metrieke ton appels wêreldwyd geproduseer. Dit gaan teen 2010 tot meer as 70 miljoen metrieke ton styg, volgens projeksies. China alleen s'n gaan van 18 miljoen metrieke ton tot 28 miljoen metrieke ton in dieselfde tyd styg. Dieselfde groeineiging word vir pere voorsien - veral in China. Ook tafeldruifproduksie groei wêreldwyd - ook in Suid-Afrika weens taamlike aanplantings in die druifproduserende gebiede.

Markneigings het in die laaste dekade of twee ook heeltemal verander. Baie meer mag is vandag in die hande van minder kopers - soos die reuse Britse kleinhandelgroepe Tesco en Asda. Daar is groot mededeling en magspel tussen dié groot groepe. Vroeër was daar in Suid-Afrika een groot uitvoerder met 'n groot aantal oorsese kopers. Dié neiging het nou totaal omgedraai - vandag is daar talle uitvoerders in Suid-Afrika, en enkele groot kopers oorsee. Wat verder taamlik verander het in dié tydperk, is dat staatshulp in Suid-Afrika feitlik verdwyn het, terwyl dit steeds aan die orde van die dag in Amerika en Europa is.

Uitvoervereistes, soos Eurepgap, het intussen geweldig uitgebrei. Vrugtepryse het plaaslik en internasionaal feitlik dieselfde gebly of selfs internasionaal gedaal.

Dit alles het daartoe gelei dat Suid-Afrika se mededeling verswak het. Chili is tans eerste op die internasionale lys van algemene mededingendheid. Suid-Afrika beklee die 13 de plek op daardie lys. Sewe jaar gelede het Suid-Afrika die sewende plek beklee. Dit is dus duidelik dat Suid-Afrika se mededingendheid met lande wat as mededingers beskou word, steeds aan die daal is.

Nou ontstaan die vraag: Is wins nog moontlik in sulke omstandighede?

Beslis, sê Ferrandi. Maar dan moet boere meer aandag aan 'n paar aspekte gee. Uit opnames wat in 2004 in die Hexriviervallei gedoen is, blyk dit dat daar 'n verskil van 'n ongelooflike R75 000 per hektaar voorgekom het tussen die mees winsgewende en die mins winsgewende tafeldruifboer.

Ferrandi sê groter wins lê primêr by beter produksie, vruggroote en uitvoerpersentasie.

Dié drie aspekte is selfs belangriker as kultivarkeuse, hoewel dit natuurlik ook belangrik is. Aan ál drie dié faktore kan boere baie doen om te verbeter. As dié drie aspekte goed bestuur word, is 'n boer se kop reeds in 'n groot mate deur, meen hy.

In die 1970's was dit maklik om 'n uitvoerpersentasie van meer as 50 % vir appels te handhaaf. Vandag sukkel die meeste boere om 'n persentasie van 40 % te haal.

Die grootste rede hiervoor is dat markvereistes baie strenger oorsee geword het ten opsigte van vruggrootte, en dat Suid-Afrikaanse boere sukkel om dit te haal.

Ferrandi meen die toekoms vir plaaslike vrugteboere lê in die Verre-Ooste. Net 6 % van Suid-Afrikaanse tafeldruiwe gaan byvoorbeeld na die Ooste, en hoewel markte moeiliker daar is, is dit nietemin 'n uitdaging om dit te verhoog.

Hy sê dat as boere minder na tradisio-nele (en redelik stagnerende markte) in die Brittanje en Europa uitvoer, en meer na die nuwe groeiende markte van die Ooste, hulle hul wins aansienlik sal kan vergroot.

Sy wenke aan boere is:

  • Dink globaal, kyk na internasionale mark-neigings en laat jou daardeur lei.

  • Wees bedag op verandering - let byvoorbeeld op wat gebeur in China.

  • Let op produksie, vruggroote en uitvoerpersentasie, want dit is belangrik as mededingend uitgevoer wil word.

    Marktoegang en die ontwikkeling van nuwe markte is vir die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf van kardinale belang.

    Mnr. Jac Laubscher, 'n ekonoom by Sanlam, sê sowat 60 % van Suid-Afrika se sagtevrugte word uitgevoer. Die syfer wissel tussen vrugsoorte: Só word byvoorbeeld sowat 85 % van die tafeldruifoes uitgevoer, maar net sowat 2 % van die perske-oes.

    Omdat so 'n groot persentasie van die plaaslike vrugte-oes vir die buitelandse markte bestem is, kan verwag word dat internasionale ekonomiese neigings 'n invloed op die bedryf in Suid-Afrika sal hê.

    As gekyk word na die ekonomiese neigings in lande waarheen Suid-Afrikaanse vrugte uitgevoer word, blyk die volgende:

  • In Brittanje is kleinhandelverkope in die algemeen nog stewig, maar dit is besig om af te plat. Aanduidings dui op 'n moontlik ietwat beter groei later vanjaar.

  • In die res van Europa stel kleinhandelsverkope in dié stadium erg teleur en die gemiddelde groei is maar sowat 1 %. Demografiese redes is hiervoor verantwoordelik, soos dat die bevolking van Europese lande besig is om gemiddeld ouer te raak, laer geboortesyfers in dié lande voorkom en daar dus nie 'n groot invloei van jong mense bestaan nie. Verder is Europa in die algemeen nie baie gemaklik met immigrasie nie.

  • Die EU se groei is baie gereguleerd, en dit demp groei. Werkloosheid is ook redelik hoog op sowat 9 % gemiddeld. In geheel gesien, sal die Europese mark waarskynlik in die volgende 20 jaar baie stadig groei.

  • In Amerika is rentekoerse aan die styg. Omdat Amerika die grootste ekonomie ter wêreld het, kan verwag word dat Europa ook sal volg met hoër rentekoerse. Dit is 'n wêreldwye neiging. Komoditeitspryse in Amerika is op 'n hoogtepunt.

  • Japan het ooreenkomste met Europa. Sy bevolking word ook gemiddeld ouer, en hul immigrasiewette is nóg strammer as die van Europa.

  • China en ander Asiatiese lande se ekonomieë groei egter fluks. Dit kan aanvaar word dat die ekonomiese groeipunte in die volgende dekade in ontwikkelende lande (soos China en elders in die Ooste) sal wees, en nie in die ontwikkelde lande nie.

    Laubscher meen die rand se verstewiging van die laaste jaar of twee nader nou sy einde, en wat met dié geldeenheid in die volgende jaar gaan gebeur, hang nou saam met die vertoning van die Amerikaanse dollar. Die groot laagtepunt wat die rand in 2001 beleef het, was abnormaal en steeds onverklaarbaar.

    'n Groot fout wat baie uitvoerondernemings - waaronder vrugte-uitvoerders - egter gemaak het, was om hul sakeplanne op die destydse uiters swak rand te baseer.

    Vandaar die probleme waarmee baie van dié instansies te kampe het sedert die rand se versterking.

    Wat uitvoervrugte betref, het Chili die afgelope 15 maande 'n voordeel bo Suid-Afrika geniet weens sy wisselkoersvoordeel. Dit het van Chili 'n gedugte mededinger gemaak - selfs op markte waar hy tradisioneel nie so sterk was nie.

    Die Amerikaanse dollar is al die laaste twee jaar besig om te verswak en staan omtrent waar dit in die middel 1980's was, maar Laubscher meen dié verswakking nader ook nou sy einde.

    Die rand se bykans dramatiese verstewiging kan volgens hom toegeskryf word aan internasionale kapitaal wat die land binnevloei omdat die land in die laaste jare as 'n beleggingspunt met 'n lae risiko gesien word.

    Dié invloei kan nou ietwat gestuit word deur die verhoging van rentekoerse in Amerika en Europa.

    Laubscher sê die rand sal waarskynlik oor 'n jaar swakker wees as nou.

    "Daar is beslis 'n groter waarskynlikheid dat die rand dan swakker sal wees as nou as wat die waarskynlikheid bestaan dat die rand sterker sal wees as nou," meen hy.

    Verbruikersbesteding in Suid-Afrika het sterk gestyg weens die laer rentekoerse, beter salarisverhogings en 'n toename in indiensneming.

    Rentekoerse is die laagste in 25 jaar, en die algemene verwagting is dat dit nog 'n redelike tyd só sal bly.

    Ekonomiese groei is op 'n hoogtepunt, maar dit sal waarskynlik van nou af begin afplat. Inflasie het reeds begin styg weens veral die kwaai styging van prandstofpryse. Kostedruk is nietemin steeds in bedwang, sê Laubscher.

    13 Mei 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.48
    +0.4%
    Rand - Pond
    21.28
    +0.3%
    Rand - Euro
    18.35
    -0.2%
    Rand - Aus dollar
    11.71
    +0.6%
    Rand - Jen
    0.13
    +1.1%
    Goud
    1,767.46
    -1.7%
    Silwer
    22.21
    -4.1%
    Palladium
    1,878.55
    -1.1%
    Platinum
    999.29
    -2.0%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    68,543
    +0.5%
    Alle aandele
    74,693
    +0.5%
    Hulpbronne 10
    74,781
    +1.0%
    Industriële 25
    91,501
    -0.1%
    Finansiële 15
    15,595
    +1.3%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
    Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
    Passionate.
    Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot