Dit is maklik om verstrengel te
raak in die oerwoud van inligting
oor maksimum residu-vlakke
(MRV'e) van verskillende uitvoerlande:
Duitsland vereis iets anders as
Malta, en Spanje het ook sy eie standaarde.
Om nie eens te praat van die groot supermarkte wat
ook hul eie koppe volg oor chemiese
residuvlakke nie.
Alle vars produkte moet eers in oorsese
hawens die groen lig kry voor dit in invoerlande
bemark kan word. Een van die
aspekte waarna gekyk word is MRV'e.
"Ten spyte daarvan dat geharmonieerde-
residuvlakke ingevolge Europese
voedselveiligheidswetgewing al baie lank
nagejaag word, is hierdie steeds een van
die tergende kwessies vir uitvoerders en
hul verskaffers," sê mnr. Kobus Hartman,
marktoegangsbestuurder van Capespan.
Hartman was aan die spits van 'n konsortium
kundiges, waar onder die Suid-
Afrikaanse Plaagbeheerinisiatiefprogram
(SAPIP), die Departement van Landbou en
die Europese Unie (EU), wat 'n databasis
met inligting oor die maksimum toegelate
residuvlakke vir vars produkte in die EU en
Suid-Afrika ontwikkel het.
"Verlede jaar het 'n EU-groep Suid-
Afrika besoek en 'n ondersoek geloods na
MRV'e. Volgens hulle het daar vraagtekens
gehang oor die legitimiteit rondom die uitvoer
van ons vars produkte," sê Hartman.
Die EU-afvaardiging was veral bekommerd
oor hoe inligting omtrent MRV'e verkry word
by ander vars produkte as vrugte.
Die Regering kon ook nie die antwoorde
aan hulle verskaf nie.
Die EU het R960 000 aan die SA Pip beskikbaar
gestel om 'n sogenaamde statusdokument
oor residuvlakke van alle vars
uitvoerprodukte anders as sagtevrugte en
sitrus (wat reeds langs ander weë bedien
word) daar te stel. Die departement van
landbou was die direkte bevoordeelde van
die projek. Hulle sou die inligting gratis op
'n webwerf vertoon.
Die tender is aan Agribesigheidstelsels
Internasionaal (ABSi) toegeken. Hulle het
die taak binne 'n jaar afgehandel.
ABSi (die konsortium) is 'n onafhanklike
dienstemaatskappy wat administratiewe
steun by Capespan geniet en hom
beywer om sekere dienste vir die hele uitvoergemeenskap
te lewer. Een van hierdie
dienste is Icmas, 'n program wat boere help
met die voorbereiding vir sertifisering vir
voedselveiligheidsprogramme (soos GLOBALGAP
en Nature's Choice).
"Wanneer jy na oorsese markte uitvoer,
het elkeen sy eie voorskrifte ten opsigte van
voedselveiligheid.Daar is veral twee fokusgebiede:
Chemiese oorblyfsels en mikrobiologiese
besmetting," sê Hartman.
Sedert 1991 beywer die EU hom om die
MRV'e vir al die lidlande te standaardiseer,
maar ná 16 jaar is die proses nog nie voltooi
nie. Volgens aanduidings sou alle chemiese
middels volgens 'n EU-regulasie (369/2005)
teen September 2007 geharmonieer wees.
Die teiken is nou verskuif na Julie 2008.
"Die proses is stadig, maar die kans is
goed dat die EU uiteindelik geharmonieerde
MRV'e sal hê."
Die proses om 'n databank vir plaaslike
uitvoerprodusente op te stel was net so 'n
ingewikkelde,maar belangrike taak.
Suid-Afrika se landbou moet mededingend
wees ten einde die 10 % tot 15 % uitvoergroei-
teiken te bereik. Dié teiken is vasgestel
ter ondersteuning van die Regering
se Asgi-SA-strategie (Versnelde en Gedeelde
Groei-inisiatief). Die databasis is dus 'n
welkome hupstoot vir mededingendheid
in die hedendaagse kennisekonomie.
"Die doel van die databasis is om boere
en ander rolspelers met die inligting wat
hulle oor MRV'e nodig het te voorsien sodat
hulle effektief kan meeding in die internasionale
mark. Deur die databasis te gebruik
kan kwekers uitvind watter plantbeskermingsprodukte
die meeste gepas is vir die
gewassewat hulle produseer om uit te voer,
en tot wattermate hulle die produk kan gebruik
(afhangende van die land waarvoor
die oes bestem is)," sê Hartman.
"Daar is redelik ingewikkelde Europese
wetgewing om mee rekening te hou. 'n
Mens moet ook weet hoe reageer die verskillende
lande daarop. Dan is daar ook
nog die kommersiële magte (die supermarkte)
wat in gedagte gehou moes word.
Uiteindelik moes die databasis in al dié behoeftes voorsien.
"Dit was 'n enorme klomp werk. Die
databasis beslaan meer as 190 000 selle, 153
chemiese produkte en ongeveer 74 kommoditeite,"
sê Hartman.
Alle relevante oesbeskermingsprodukte
wat in Suid-Afrika en die EU gelys is, is in
die databasis opgeneem. Dit sluit in 78 insekmiddels,
65 swamdoders, vier onkruiddoders
en ses groei-reguleerders.
Die aktiewe bestanddeel, 'n verstekwaarde
(in gevalle waar lande nog nie
saamstemmet die geharmonieerde waarde
nie, is die verstekwaarde die laagste MRV
wat aanvaar sal word), Suid-Afrikaanse
en Codex-waardes, die geharmonieerde
waarde (indien beskikbaar) en waardes vir
dertien EU-lidlande, asook Switserland en
Noorweë word aangedui.
"ABSi het die werk gedoen, die EU het
die geld gegee en die begunstigde is die
staat," sê Hartman.
Die databasis is saamgestel vir nisgewasse,
soos suptropiese vrugte, bessies,
grenadellas, groente en baba-groente.
"Gegewe dat die vraag na sulke gewasse
internasionaal groei en dat kleinskaalse en
opkomende boere dit kan produseer, sal die
databasis nuttig wees om sulke boere by te
staan met die inligting wat hulle nodig het
virmededingendemarktoegang."
Die databasis is in Desember aan die Departement
van Landbou oorhandig, maar
bly ook die eiendom van ABSi.
By die departement sal die inligting
gratis bekombaar wees. Tans is dit ook nog
verniet beskikbaar by ABSi se webwerf:
www.absi.co.za , maar "die val-arm sal in
die toekoms laat sak word". Hartman vergelyk
dit met 'n tolpad. Die departement se
gratis webwerf is die ander roete.
Wat ABSi se databasis nuttiger maak, is
dat daar voortdurend inligting bygewerk
word.
"Dit is die eerste keer dat so 'n omvattende
databasis in Suid-Afrika bestaan. Dit
is ook die enigste gratis webwerf van sy
soort ter wêreld. Daar is 'n soortgelyke een
in Europa,maar dit is 'n betaal-werf."
Volgens Hartman was die grootste uitdagings
om die regte inligting in die databasis
in te sluit, seker temaakwetgewing is
reg geïnterpreteer en om Suid-Afrikaanse
inligting - wat maar skraps is - in te sluit.
Landbouweekblad, 15 Februarie 2008