Die covid-19-pandemie het die wynbedryf waarskynlik harder geplettervat as enige ander sektor, veral weens onbillike regulasies wat drankverkope vir lang tye verbied het.
“Die probleme gaan waarskynlik nie binne die volgende ses tot agt maande opgelos word nie. Dit beteken taai besluite gaan nodig wees en sakeverliese is waarskynlik ons voorland,” het mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, op die organisasie se jaarlike inligtingsdag naby Franschhoek gesê.
Hy het van die struikelblokke in die bedryf genoem en gesê onwettige handel styg. “Dit word nie beheer nie omdat wetgewing nie afgedwing word nie. Dan is daar die probleme by die hawens. “Sonder vernuwing gaan ons nie vorentoe beweeg nie,” was sy boodskap.