AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Die pad vorentoe vir organiese landbou

Boere wat organies geproduseerde produkte lewer, bemarkers, inspekteurs en sertifiseerders het tydens 'n werkwinkel op Stellenbosch gefokus op die bydrae van organiese landbou tot ekonomiese ontwikkeling.

Wêreldwyd is organiese landbou besig om uit sy nisposisie te groei en deel van die hoofstroom te word, sê dr. Volkert Engelsman, besturende direkteur van die Nederlandse maatskappy Eosta Internasionaal. In Europa groei die bedryf jaarliks teen 19 %, hoofsaaklik omdat organiese produkte voldoen aan verbruikersvoorkeure en -neigings soos voedselveiligheid, besorgdheid oor die omgewing, sosiale geregtigheid en regverdige, billike en etiese handel.

Met groot oppervlaktes onbesmette grond is Afrika volgens me. Bridget O'Connor, 'n inspekteur van OPPAZ (Organic Producers and Processors of Zambia), goed geplaas om hieruit voordeel te trek.

"Die meeste Westerse kopers is bereid om 25 % tot 300 % meer te betaal vir produkte wat organies gesertifiseer is. Daarin lê goeie geleenthede vir opkomende Afrika-boere," sê me. Susie Burgess, ook van OPPAZ.

Benewens die organiese verbouing van feitlik alle landbouprodukte in Suid-Afrika, spog die res van Suider-Afrika ook met verskeie gesertifiseerde organiese produkte: in Zimbabwe is daar organiese vrugte, blomme, katoen, kruie en speserye; in Mosambiek klapperolie en suiker; in Malawi chillies, tee, kruie en speserye; in Tanzanië tee en kruie en in Zambië heuning, wilde sampioene, vlugtige olies en vars groente.

Dr. Raymond Auerbach van die Rainman-stigting skat die waarde van organiese landbou in Suid-Afrika op R200 miljoen tot R500 miljoen. Hy sê organiese landbou kan armoede in die landelike gebiede uitroei, mits daar teen 2050 'n halfmiljoen organiese boere en 1,5 miljoen kostuine gevestig is.

Mnr. Dick Isted van Lady Grey het opgemerk dat organiese boerdery "nie vir sissies" is nie. Organiese boerdery bied min ruimte vir foute. Dit is 'n intensiewe vorm van boerdery, waarbinne 'n boer se voetspore steeds die beste bemesting is.

Tog kry organiese landbou min staatsondersteuning in die vorm van navorsing, opleiding en wetgewing. Die algemene gevoel was ook dat die bedryf gefragmenteerd is en mank gaan aan 'n gebrek aan inligting, deursigtigheid en samewerking.

Vanuit die geledere van kommersiële organiese boere is die koste van grondontledings en inspeksies, asook die tekort aan organiese kompos en organiese landbou-inligting as die belangrikste uitdagings beskou. Dié bedryf, meen hulle, ly ook onder die onbetrokkenheid van die Departement van Landbou. Die behoefte aan 'n handleiding wat nuwe toetreders kan help om 'n organiese boerdery te begin of om oor te slaan van konvensionele landbou na organiese landbou, is ook groot.

Hulle stel onder meer voor dat die bestaande organiese vereniging hervorm of vervang word met 'n meer verenigde liggaam. Daarbenewens sal dit tot voordeel van die hele organiese bedryf wees as alle beskikbare inligting gekonsolideer en met mekaar gedeel word.

Opkomende kleinboere en mense wat kostuine wil maak, kan baat by organiese boerdery, maar die grootste uitdaging is om die Regering se persepsie oor die potensiaal van organiese boerdery te verander, sê mnr. Richard Weeden van die African Health and Development Organisation, wat as segsman vir die kleinboer-groep opgetree het. "Die Regering moet ingelig word hoe organiese boerdery reeds tot voedselsekerheid, gesondheid en sosiale ontwikkeling bydra."

Daar is ook 'n nypende behoefte aan voorligting. "Landbouprogramme bereik nie die mense nie. Die werklik arm mense is onder voetsoolvlak," het mnr. Figness Mashele van Redi in Mpumalanga gesê.

Hoewel meer as een deelnemer gekla het dat organiese sertifisering duur is, is dit noodsaaklik, sê me. Diana Callear van die Ecocert- en Afrisco-sertifiseringsinstansies, omdat dit boere wat die reëls gehoorsaam én die reputasie van die organiese sektor beskerm en organies-gesertifiseerde produkte boere toegang gee tot hoë-waarde markte.

Sy sê organiese produsente kan die koste van sertifisering aansienlik verlaag deur alle gevraagde inligting aan inspekteurs te verskaf en hul interne bestuurstelsel noukeurig by te hou. Op húl beurt moet sertifiseringsinstansies sorg dat boere soveel inligting moontlik het.

Een van die grootste knelpunte in die organiese bedryf is die gesloer met die promulgering van die konsepregulasies vir organiese produkte. Volgens mnre. Cyril Julius en Neil Erasmus van die Departement van Landbou se direktoraat plantgesondheid en -gehalte sal dié regulasies die ganse organiese bedryf, van die plaas tot die tafel, reguleer, en verbruikersvertroue in organiese produkte vestig deur hulle teen misleidende aansprake te beskerm.

Mnre. Erasmus en Julius hoop dat die regulasies teen die einde van die jaar gefinaliseer sal wees.

Die bedryf blyk tevrede te wees met dié konsepregulasies. Me. Callear sê die regulasies is "werkbaar, eenvoudig en voldoen aan internasionale standaarde".

Aan die bemarkingskant is markontwikkeling noodsaaklik omdat baie verbruikers nog nie die waarde van organiese produkte besef nie.

Die groepe was dit eens dat daar 'n veel groter betrokkenheid van regeringskant moet wees ten opsigte van finansiering, navorsing, opleiding, asook die generering en verspreiding van inligting. En hoe moet dié uitdagings die hoof gebied word? Deur samewerking en koördinering van alle betrokkenes by die organiese bedryf en met baie hulp van donateurs, die departemente van Landbou, Handel en Nywerheid en Gesondheid, asook verskeie nie-regeringsorganisasies. 9 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons probeer
Ek is vriendelik en bedagsaam. Ek hou van sport en vat die lewe soos dit kom. Ek hou van die buitelewe en kamp.
Bok vir Sports
Ek is vreeslik besig kan nie stil sit nie ek is mal daaroor om alles saam my beter helfde te doen solank hy game is vir enige iets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot