“Die supermarkte verlang die produkte wat ons nie kan verskaf nie, maar Argentinië, Italië, Nieu-Seeland, Frankryk, Pole en China kan wel in die vraag voorsien,” het mnr. Hein Coetzee, hoofbedryfsbestuurder van TopFruit, op Hortgro se tegniese simposium op Somerset-Wes gesê.
Hy het begin kopkrap oor Suid-Afrikaanse boere se gebrek aan belangstelling in organiese produksie, terwyl ander lande duidelik dié konsep aangryp. Benewens die politieke aansporing vir organiese produksie is organiese sagtevrugte dikwels ook teen ’n prys van 20% tot 70% hoër op supermarkrakke beskikbaar.
Talle verbruikers glo dat organiese vrugte veilig en omgewingsvriendelik is. “Wêreldwyd het organiese kosverkope in 2020 sowat €120 miljard (R2,04 biljoen)beloop. Die meeste daarvan was in Europa en Noord-Amerika.