AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Draakvrugbedryf stig vereniging vir soet toekoms

akkreditasie
'n Draakvrug. Foto: Verskaf
'n Draakvrug. Foto: Verskaf
Die plaaslike draakvrugbedryf het homself georganiseer met die doel om sy hulpbronne vir ontwikkeling saam te voeg en ’n winsgewender bedryf te bou.

Produsente uit ses provinsies in Suid-Afrika en ’n produsent uit Zambië het op 18 Augustus amptelik die Suider-Afrikaanse draakvrugkwekersvereniging gestig.

Mnr. CT van der Merwe, ’n direksielid en uitvoerende hoof van AL 3, sê kultivar- en produksienavorsing is ’n groot prioriteit vir die vereniging.

“Die draakvrugbedryf is vol geleenthede. Dis ’n uiters gesonde, aantreklike en smaaklike vrug. Die mark daarvoor plaaslik en internasionaal is tans nog grotendeels onontgin. Die grootste struikelblok is hierdie stadium is die smaakloosheid van sommige vrugte. Die vereniging probeer ’n oplossing hiervoor kry deur kultivaridentifikasie en -standaardisering.”

Beste gehalte, bekostigbaar

Verdere navorsing gaan gewy word aan die produksiegebiede waar draakvrug suksesvol geproduseer kan word, asook die beste produksiepraktyke. “Dis ons mikpunt om die beste gehalte vrugte teen lae koste te produseer om ’n bevredigende produk teen ’n aantreklike prys aan die verbruiker te bied. Ek glo ons behoort binne die volgende tien jaar hierdie kundigheid te ontwikkel. Tot dan gaan dit onversetlike deursettingsvermoë verg van die betrokke belanghebbendes.”

Die sewe draakvrugprodusente wat in die vereniging se direksie dien, is mme. Jackye Riddle (Oos-Kaap) en Anne Owen (Noordwes), asook mnre. Freddie Steyn (Mpumalanga), Michael Muller (KwaZulu-Natal), Louw de Wet (Wes-Kaap), CT vd Merwe (Limpopo) en Roger Mange (Zambië). Hoewel lidmaatskap tans vrywillig is, is dit beperk tot draakvrugprodusente. Die direksie gaan oor die komende weke ledegeld bepaal en daarna sal aansoeke om lidmaatskap tot die vereniging gerig kan word. Meer as 40 produsente en belanghebbendes het die stigtingsgeleentheid bygewoon. Die inligting wat binne die vereniging gegenereer word, sal net aan lede beskikbaar wees.

Kontak me. Antoinette Malan by sel 083 232 6323 of e-pos antoinettem@al3.co.za vir nog inligting.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-1.1%
Rand - Pond
20.01
+0.6%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,710.75
-0.3%
Silwer
20.53
-0.6%
Palladium
2,274.00
+0.7%
Platinum
923.39
+0.1%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot