AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Druifprobleme onder die loep

Baie van die gehalteprobleme met Suid-Afrikaanse tafeldruiwe wat in die markte oorsee waargeneem word, is bloot 'n simptoom van 'n probleem of 'n siektetoestand in die wingerd. Deur aandag daaraan te gee, kan talle probleme uitgeskakel word.

Baie van die

gehalteprobleme met Suid-Afrikaanse tafeldruiwe wat in die markte oorsee

waargeneem word, is bloot 'n simptoom van 'n probleem of 'n siektetoestand in

die wingerd. Deur aandag daaraan te gee, kan talle probleme uitgeskakel word.

Die 2002/03-tafeldruifseisoen in die Benede-Oranjerivierstreek is nie gekenmerk deur besonder goeie of besonder lae gehalte nie. Vooroes-bedryfsprobleme was meestal korrelgrootte, onegalige korrelgrootte, laat rypwording en haelskade, terwyl die grootste ná-oes bedryfsprobleme die volgende was: bederf (25 %), swaelbrand (13 %), verbruining (12 %), letsels (8 %), kneusings (6 %), korrelbars (5 %), swak korrelgrootte (5 %), sonbrand (3 %), swak kleur (2 %), los korrels (1 %) en ander (20 %).

Die persentasie is die hoeveelheid kartonne per defek as 'n persentasie van alle defekte bymekaar getel. "Ander" sluit in probleme met die verkeerde pakmateriaal, verkeerde merkvereistes, trosse onder gewig, en 'n kombinasie van verskeie defekte.

Mnr. Janneman van Zyl van Capespan sê hoewel die inligting net dié van die Benede-Oranjerivier is, kan die gebied as barometer vir die hele bedryf gesien word. Die inligting wat hier gegee word, is van Capespan plaaslik en oorsee verkry. Dit verteenwoordig 30 % van die bedryfsvolumes en kan dus as 'n steekproef van die hele bedryf se gehalte beskou word.

Swak korrelgrootte van veral Thompson Seedless was 'n kenmerk van die seisoen. Statistiek van die afgelope vier jaar toon dat die hoeveelheid Thompson Seedless in die "gewone" groep toegeneem het van 4 % tot 31 %, terwyl die hoeveelheid in die "groot" groep afgeneem van 77 % tot 50 %. Die "ekstra groot" het onveranderd gebly.

Die redes vir die kleiner korrels is velerlei. By Thompson Seedless is 'n swak reaksie op die bespuitings om korrels te vergroot, veroorsaak deur koue en vogstremming tydens die selverdelingsfase. Die neiging om groter produksies per hektaar te produseer, het ook 'n nadelige invloed op korrelgrootte. Groot sukses om beter korrelgroottes te produseer, is behaal met die verbouing van druiwe onder net en/of plastiek.

Onegalige korrelgrootte was vanjaar meer algemeen as vorige jare in alle produksie-areas. Die gepitte kultivars was meer daaraan onderhewig as die pitlose soorte. Die kultivars DanbenHannah en Victoria het veral groot probleme gehad. Die onegaligheid van korrels was ook 'n groot bydraende faktor tot swak korrelgrootte.

Die onegaligheid van korrels is hoofsaaklik weens gure klimaatstoestande in die blomperiode en dit het gelei tot die onsuksesvolle bestuiwing van blomme. 'n Variasie in die hoeveelheid pitte in 'n korrel lei tot die onegaligheid van korrels in die tros.

Die tyd van rypwording het oor die afgelope vier jaar met twee weke aangeskuif. Die drie hoogste leweringsweke vir verskeie kultivargroepe oor die afgelope vier jaar word in die tabel gegee.

Die grootste nadeel van laat rypwording is dat markpryse geneig is om te daal vanaf week 44 tot ongeveer week 9. Dit beteken dus hoe later die druiwe ryp word, hoe laer is die prys. Ná week 9 of 10 is pryse weer in 'n stygende fase en is laat rypwording weer 'n voordeel.

Later rypwording oor die afgelope vier jaar kan weens

die volgende redes wees:

  • Klimaat.

  • Groter opbrengs per hektaar.

  • Gebruik van gibbereliensuur (veral by Red Globe).

  • Virusbesmetting.

  • Gebruik van die refraktometer ('n toestel wat gebruik word om

    suikergehalte te meet).

Haelskade het vanjaar groot oesverliese in die Benede-Oranjeriviergebied en in die provinsie Limpopo veroorsaak. Hael wat skade aan druiwe veroorsaak, kom sowat een keer elke tien jaar in die Oranjerivierstreek voor, en jaarliks in die provinsie Limpopo. Vanjaar se oesverliese word geraam op 1,3 miljoen kartonne (10 %) in die Oranjerivierstreek en 300 000 kartonne (13 %) in die provinsie Limpopo.

Die bedekking van wingerde met net en/of plastiek het baie produksievoordele, soos die druiwe wat vroeër ryp word, beter korrelgrootte en minder letsels, en bied ook bykomende beskerming teen hael.

'n Kwart van die volume vrugte wat buite die vereiste gehaltespesifikasies van die mark was, was weens bederf nie geskik nie.

Volgens volume het die meeste bederf voorgekom by Thompson Seedless, gevolg deur Red Globe, Sunred Seedless, La Rochelle, Dauphine, Bonheur en Barlinka. Bederf gemeet as 'n persentasie van inname was soos volg: Bonheur (3,48 %), Sunred Seedless, (2 %), Muscat Supreme (2,94 %), La Rochelle, (2,55 %), Majestic (2 %), Barlinka (1,8 %), Thompson Seedless (1,59 %), Dauphine (1,36 %) en Red Globe (1,26 %).

Die voorkoms van bederf per week toon dat dit toeneem namate die seisoen vorder en die meeste het voorgekom by druiwe wat in week 16 verpak is.

Swaelbrand afkomstig van die gasvel-verpakking het bygedra tot 13 % van die totale getal kartonne met defekte. Red Globe (3,49 %), Bonheur (1,79 %) en La Rochelle (0,99 %) het die grootste skade getoon.

Verbruining maak 12 % van alle gehalteprobleme uit en

kom net by wit kultivars voor. Navorsing die laaste paar jaar wys die volgende

faktore speel waarskynlik 'n rol:

  • Kultivargevoeligheid (Muskaat).

  • Stres weens hoë oeslading, vogspanning en

    hittegolftoestande voor en tydens oestyd.

  • Virusbesmetting.

  • Gebrekkige kalsiumvoeding.

Die meeste probleme is by Majestic (12,22 %), Victoria (7,2 %), Regal Seedless (5,08 %), Waltham Cross (2,67 %) en Muscat Supreme (2,94 %) gevind.

Letsels het 8 % van alle gehalteprobleme uitgemaak. Die kultivar Regal Seedless het uitgestaan omdat letsels feitlik net by dié kultivar voorgekom het.

Dit kom ook net by wit kultivars voor, meestal by Majestic en Victoria. Dit kom ook meer voor by groot trosse wat deurlê. (Dit is wanneer korrels aan trosse só groot word dat hulle so styf teen mekaar druk dat kneusings aan die korrels ontstaan.) Kneusings verteenwoordig 6 % van alle gehalteprobleme.

Korrelbars het vanjaar net by Red Globe voorgekom. Vroeër was dit ook 'n probleem by Thompson Seedless en Sunred Seedless, maar aanpassings aan die binneverpakking het die probleem opgelos. Korrelbars het 5 % van die gehalteprobleme uitgemaak.

Swak korrelgrootte is veroorsaak deur die onegaligheid van korrels en ook weens swak korrelgrootte-skeiding of swak gradering tydens verpakking. Die kultivars wat probleme gehad het, was dié wat bekend is vir goeie korrelgrootte en dus gewoonlik na markte gestuur word wat groot korrels vereis, soos die Verre-Ooste. Hulle is Victoria, Red Globe, Bonheur en La Rochelle.

Sonbrand was vir 3 % van alle gehalteprobleme verantwoordelik en het by Waltham Cross en Victoria voorgekom.

Swak kleur by Victoria (té groen) en Red Globe (té lig) het 2 % van die gehalteprobleme veroorsaak.

Die probleem met los korrels van tafeldruiwe het baie verbeter oor die afgelope 20 jaar. In die tagtigerjare was dit, naas bederf, die grootste probleem. Gevoelige kultivars vanjaar was Victoria, Waltham Cross en Bonheur.

Rolbladvirusbesmetting kan ook lei tot swak en onegalige korrelgrootte, laat rypwording, verbruining, swak kleur en los korrels. Dit kan tot 50 % van die onderskeie gehalteprobleme uitmaak.

26

September 2003

Die drie weke van die jaar (oor die afgelope vier jaar) waarin die meeste
druiwe van verskeie kultivars in die Benede-Oranjeriviergebied gelewer is

Seisoen

Kultivar

1999/00
(weke)

2000/01
(weke)

2001/02
(weke)

2002/03
(weke)

Wit Pitloos

50, 1, 2

51, 52, 2

1, 2, 3

1, 2, 3

Swart druiwe

3, 4, 5

4, 5, 7

5, 7, 8

5, 6, 7

Rooi druiwe

4, 5, 6

4, 5, 6

5, 6, 7

6, 7, 8

Wit druiwe

10, 11, 12

11, 12, 13

11, 12, 13

12, 14, 15

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.01
+0.9%
Rand - Pond
20.32
+1.0%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,749.51
+0.5%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,839.50
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot