Kleur kan ’n aanduiding van wyngehalte wees en op probleme in die fermentasieproses dui. ’n Monster wyn kan in die toestel geplaas word vir ontleding. Spesifieke golflengtes lig word gegeneer en deur die monster gestuur danksy LED-ligte langs een sy.
“Aan die ander kant is ’n sogenoemde fototransistor of ligsensor wat meet hoeveel lig word geabsorbeer,” het dr. Sarah di Nonno van TUK op die wetenskapsnuusblad Alpha-Galileo gesê. Bestaande, groot fotometers gebruik die hele spektrum van lig om sulke toetse te doen.
“Dit kos egter baie geld. Met ons toestel konsentreer ons net op enkele eenhede.” Die navorsingspan het ’n nuwe metode ontwikkel waarvolgens agt dele van hierdie spektrum voldoende is om die kleur van wyn te kan “lees”.