AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Duitsers soek SA vrugte

"Ons kry nog te min van jul vrugte," sê 'n gesant van een van Europa se grootste vrugtebemarkers.

'n Gesant van een van Europa

se grootste vrugtebemarkers,

Direct Fruit Marketing

(DFM), het op 'n onlangse

besoek aan Suid-Afrika net een boodskap

vir boere gehad: "Ons kry nog te min van

jul vrugte."

Die DFM bedien die Duitse supermark

Rewe. Hierdie kleinhandelreus het 'n omset

van meer as 2 miljard Euro (1 Euro = R11) en

14% van sy totale voedselmandjie bestaan

uit vars vrugte.

Mnre. Günter Raack, Klaus Pape (albei

van die DFM) en Hubert Merzbach en Oskar

Zwirner (albei van Rewe) was in Suid-Afrika om met druiwe-, steenvrugte-, appel-

en peerboere te gesels.

"Ons kom elke jaar net voor die produksietyd

van druiwe, steen- en sitrusvrugte

om aan boere en uitvoerders te verduidelik

wat ons van hulle verwag. Ons gee ook terugvoering

oor ontwikkelinge in die Duitse

mark, soos nuwe neigings ten opsigte van

kultivars, groottes, verpakking en tydigheid.

Ons kom hierheen om dit vir die bron

self te vertel," het Pape aan Landbouweekblad

gesê.

Hierdie keer het hulle Suid-Afrika ook

besoek om gehalteversekeringskwessies en

die naspeurbaarheid van vrugte (soos dit

deur Duitse verbruikers verlang word) te

bespreek.

'n Onlangse veldtog deur 'n bekende

organisasie wat hom vir omgewingsbewaring

beywer, het veral die tafeldruifmark

'n vuishou toegedien. In die smeerveldtog

is huisvroue wysgemaak druiwe is giftig

(weens die ho&euml residu-vlakke wat op 'n

spesifieke besending van druiwe

van 'n Europese Unie-land

gevind is).

"Ons is egter oortuig dat die

maksimum residuvlakke op

vrugte van ons verskaffers in

Suid-Afrika aan die voorskrifte

voldoen. Die bestuur van residuvlakke

in Suid Afrika is meesal goed. Ons

kan egter nie altyd dieselfde sê van ander

lande in die Suidelike Halfrond nie.

"Daar is 'n gevoeligheid onder alle Duitse

kleinhandelaars oor chemiese residuvlakke

weens die rampspoedige gevolge

wat dit verlede jaar vir sommige van hulle

veroorsaak het. Die invoerder en kleinhandelaar

wil nou seker maak hulle verkoop

veilige vrugte aan die verbruiker," het Pape

gesê.

As deel van die versekering wat kleinhandelaars

aan hul kopers wil gee, het

Rewe self na hul verskaffers se boorde

kom kyk om eerstehandse kennis

op te doen.

"Die vrugte wat

Suid-Afrika uitvoer,

se maksiumus residuvlakke

is laer as die

voorgeskrewe vlakke

vir die Europese Unie.

Ons moet dit aan verbruikers

beklemtoon," het

Pape gesê.

Alle boere wat vrugte

aan die DFM lewer, het

'n ooreenkoms onderteken. Hierin erken

hulle hulle voldoen aan die nodige voedselveiligheidsvereistes,

soos vervat in Hassap

en GlobalGap.

Pape en Raack was veral beïndruk met

die uitmuntende produksie-, verpakkings-,

en uitvoergeleenthede in Suid-Afrika.

"Ons is uiters tevrede met die programme,

stelsels en prosedures wat met almal

bespreek is. Met die samewerking tussen

ons sleutel-produsente en ander betrokkenes

in die vrugtebedryf verwag ons om aan

te hou groei in ons langtermynverhoudings

en om Suid-Afrikaanse vrugte van 'n goeie

gehalte in supermarkte in Duitsland te verkoop."

Benewens die gehalte-versekering

is daar ook etniese kwessies wat in ander

lande in die Suidelike Halfrond voorkom

wat nie op Suid-Afrika van toepassing is

nie. Pape sê die Duitse verbruiker is baie besorg

oor kinderarbeid en plaaswerkers se

welstand.

"Hulle wil weet daar word in plaaswerkers

se basiese behoeftes voorsien - dat

hulle 'n huis, beddens, lopende water en 'n

skool vir hul kinders het. Ek weet in Suid-

Afrika word dit op die meeste plase voorsien.

Wieta, Sedex en Hassap vereis dit in

elk geval."

Op die vraag of Duitse verbruikers begaan

is oor swart ekonomiese bemagtiging

het Pape ontkennend geantwoord.

Rewe en die DFM se

gereelde besoeke is ook

deel van 'n strategie

om die vennootskap

tussen supermarkte en

produsent-uitvoerders

te versterk.

Die kleinhandelaars en

invoerders het nou 'n

beter begrip van Suid-

Afrika en verbruikers

kan dus verseker wees dat die vars produkte

op hul rakke 'n veilige oorsprong het en

van gehalte is. Terselfdertyd kan hulle ook

Duitse verbruikers se terugvoering, soos

watter verpakking en grootte hulle verlang,

aan plaaslike boere oordra.

"Die terugvoering en gesprekke met

boere is baie belangrik sodat almal weet

wat verwag kan word."

Pape sê daar word jaarliks miljoene kar-

tonne Suid-Afrikaanse vrugte na Duitsland

uitgevoer.

"Ons stel ook belang om die DFM se

programme en volumes in Suid-Afrika

konstant te laat groei - ons soek nóg meer

vrugte van Suid-Afrika. In die ander dele

van die Suidelike Halfrond is daar baie

meer hoofbrekens om mee rekening te

hou en daarom kyk ons na Suid-Afrika

vir markontwikkeling. Suid-Afrika kweek

ook vrugte van 'n goeie eksterne en interne

gehalte en boonop dryf Europa ál meer as

honderd jaar lank handel met Suid-Afrika.

"Steenvrugte, soos appelkose en pruime,

en alle kultivars tafeldruiwe, veral pitlose

druiwe, is gesog."

Pape sê hulle sal ook meer Golden Delicious-,

Granny Smith- en Royal Gala-appels

verwelkom. Wat sitrusvrugte betref, is

daar 'n spesifieke vraag na Star Ruby-pomelos

en Midnight-, Navel-, Valencia- en

Delta-lemoene.

"Natuurlik stel ons ook belang in organiese

produkte; daar is 'n besliste vraag

daarna in Duitsland. Rewe het 'n spesiale

afdeling wat hierdie produkte aanhou.

Tans verdien organiese produkte 'n premie,

maar dit sal nie altyd so bly nie."

Hy sê organiese produkte moet aan sekere

fitosanitêre vereistes, soos neergelê

deur die Duitse regering, voldoen.

Wat vruggrootte betref, verlang die

Duitsers medium- tot groot vrugte, hoewel

daar ook 'n mark vir kleiner vrugte is.

"Elke kleinhandelaar hou 'n reeks produkte

aan. As die pryse te hoog is vir groot

vrugte, sal hulle meer mediumvrugte op

hul rakke uitstal."

Pape meen regstreekse verskaffing deur

die boer aan die kleinhandelaars sal in die

toekoms groot nuus in Duitsland wees,met

'n bemiddelaar op eie bodem en een aan

Duitse kant.

Hy en mnr. Marius Deyzel, hoof uitvoerende

beampte van Mardell Agencies wat

spesialiseer in in- en uitvoer, stem saam

dat die generiese bemarking van Suid-Afrikaanse vrugte oorsee, veral in Europa,

moet verdubbel.

"Ons moet bewus wees van die medium-

en langtermyngeleenthede wat voorlê

en dit benut. Suid-Afrika moet nuwe kultivars

bemark, soos dit in Nieu-Seeland gedoen

word," sê Deyzel.

"Die mees gesogte verskepingsroete vir

ons vrugte is om Noord te gaan. Die Ooste

en Weste is so ver weg, dus is dit sinvol om

ons vrugte na Europa te stuur.

"Europa gaan ál belangriker vir ons raak

danksy die dinamika wat ons met die geldeenhede

het. Boere verdien euro's, wat tans

'n sterker en bestendiger eenheid teenoor

die rand en Amerikaanse dollar is. Die

skeepsvragkoste na Europa word in dollars

betaal, maar die verdienste is in euro. Ons

betaal dus minder vir seevrag en verdien

meer rand per karton."

Landbouweekblad, 29 Februarie 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot