AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Eise breek nie jong boer se moed

Terwyl talle boerderye in Limpopo deur grondeise en dreigende grondeise lamgelê word, stu dié jong boer voort.

Terwyl talle boerderye in Limpopo se vrugbare Levubu-vallei die afgelope

paar jaar deur grondeise en dreigende grondeise lamgelê word, stu die TLU SA se

Jongboer vir 2005 voort met sy boere-proewe. Hy is hard besig om nuwe

makadamia-boorde te vestig.

Werner Muller is gedurig aan die gang, want hy, sy broers, Piet en Boesman, en 'n vennoot, mnr. Pierre le Grange, boer met avokado's, koejawels en makadamias op 'n paar persele in Levubu. Hierdie persele is nie almal in een blok nie.

"Jy kan nie glo hoeveel kilometer ons bakkies soms op een dag ry nie," sê Werner wat aangewys is as die TLU SA se Jongboer vir 2005. Vir dié prestasie het hy vier ander finaliste uitgestof en is hy met 'n wisseltrofee, 'n sertifikaat en 'n kontantprys beloon.

Die broers is deel van 'n familieboerdery (Amana-boerdery) wat ook 'n pakhuis saam met twee ander boere bedryf. Werner is die produksiebestuurder, terwyl Piet verantwoordelik is vir die bestuur van die pakhuis en na die boerdery se geldsake omsien. Boesman is vir die meganiese en tegniese afdeling verantwoordelik.

Werner het in Levubu grootgeword en in Makhado (Louis Trichardt) skoolgegaan. Hy praat Venda reeds van jongs af en dit maak kommunikasie op die plaas makliker. Ná skool het hy in Pretoria gaan studeer en vir 'n handelsbank in dié stad gewerk. Nog later het hy en 'n vennoot 'n grondverskuiwingsonderneming begin en in 2000 is hy genooi om hom heeltyds by die boerdery aan te sluit.

Die Amana-boerdery het sowat 40 hektaar avokado's, 40 hektaar koejawels en 35 hektaar makadamiabome. Die nodige voorbereiding word nou gedoen sodat die makadamiaboorde ook binne die afsienbare tyd tot sowat 50 hektaar uitgebrei kan word.

Die boerdery het sy eie werkswinkel waar sy voertuie en werktuie in stand gehou word. Omdat arbeid duurder word, word sover moontlik gemeganiseer. Só is kompressor-snoeimasjiene aangeskaf omdat dit minder instandhouding verg en produktiwiteit verhoog terwyl newelblasers handspuite vervang het. Heelwat is ook belê in toerusting waarmee kompos gemaak word. 'n Kerwer, ontlugter, laaigraaf, grootmaatsleepwa en kruiptrekker is aangeskaf of in Amana se werkswinkel gebou of aangepas.

Daar word boekgehou van alle voertuie se brandstofverbruik en die werkswinkel hou boek van alle herstelkoste sodat 'n voertuig of werktuig vervang kan word voordat die instandhoudingskoste te hoog raak.

Amana-boerdery het 60 heeltydse werkers in diens en nog 20 tot 25 deeltydse werkers word gebruik wanneer die werklading dit vereis.

Elke Maandag word 'n bestuursvergadering gehou en die week se werk word onder die sewe voormanne verdeel. Arbeiders se produktiwiteit word deurgaans gemeet deur byvoorbeeld skandeerders te gebruik waardeur relevante inligting in 'n rekenaarprogram opgeneem word. Terselfdertyd word die oesvolume in die skuur bepaal.

Werkers word gereeld op kursusse gestuur en die boerdery het geen probleme met arbeidrotasie nie, sê Werner.

Oor die swaard van grondeise wat oor die hele Levubu hang, is Muller realisties. "Grondeise is 'n werklikheid waarmee ons moet rekening hou. Ons is egter nie gewillige verkopers nie en daarom sal dit ons mos niks help om nou in sak en as te gaan sit nie.

"Ons is hier om te boer en dit is presies wat ons na die beste van ons vermoë probeer doen," sê Werner terwyl ons kyk hoe honderde jong makadamiaboompies van die vragmotor afgelaai word.

Kompos op groot skaal

Avokadoboerdery neig ook deesdae na organiese en biologiese praktyke. Alle beskikbare organiese materiaal in die Amana-boerdery van Levubu word gevolglik tot kompos verwerk.

Dit spaar bemestingskoste en met die wegdoen van chemiese onkruidbestryding word die organiese en mikrobe-inhoud van die grond stelselmatig verhoog om lewe in die grond terug te plaas, sê mnr. Werner Muller, een van die eienaars.

Insekte word met 'n geïntegreerde bestrydingsprogram in toom gehou. Bespuiting word slegs toegepas wanneer dit noodsaaklik is. 'n Vaste spuitprogram word egter gevolg vir die bestryding van swamme op die avokado's en koejawels. Danksy toegang tot 'n eie weerstasie en die noukeurige monitering van weerstoestande is dit moontlik om 'n uitbreek van swartvlek te voorspel en daarvolgens kan koper strategies toegedien word.

Die Muller-broers het baanbrekerswerk in Suid-Afrika gedoen deur koejawels in opleistelsels te vestig ongeag die twyfel wat Kaapse kenners daaroor geopper het. Volgens dié kenners is koejawels se groeiwyse heeltemal te aggressief vir opleistelsels en word dit gewoonlik slegs gebruik vir die verbouing van duurder uitvoervrugte, soos pruime, appels en pere. Aanvanklik het die Mullers koejawels in 'n plaasproef in drie verskillende stelsels opgelei om vas te stel wat die beste vir hul boerdery sou wees. Dit was gou duidelik dat die regop opleistelsel die beste is. Die hoofdoel met die opleistelsels was om beter toegang, makliker snoeipraktyke en doeltreffender plaagbestryding te bewerkstellig. Die beloning is 'n groter en gesonder oes met minder arbeid en 'n groter persentasie vrugte wat mark toe gestuur kan word waarvoor beter pryse verdien word as vir dié vrugte wat vir verwerking aangebied word. ('n Artikel hieroor het in Landbouweekblad van 21 Oktober verskyn.)

Volgens Werner begin makadamias nou eers 'n groter rol speel in hul boerdery namate die ouer bome begin dra. In hierdie stadium word die neute op die plaas onthuls (dehusk) en gedroog in 'n eie droër, maar by 'n buite-verwerker gekraak en ontdop.

Braakgrond word nou voorberei vir nuwe boorde en die plan is om die oppervlakte onder makadamias tot sowat 50 hektaar uit te brei. Hoewel verskillende kultivars as reël in dieselfde aanplanting gevestig word vir optimale bestuiwing, was dit die beste potensiële opbrengs wat die swaarste geweeg het toe kultivars gekies moes word.

In alle boorde word insekgetalle nagegaan as deel van 'n geïntegreerde plaagbestrydingsprogram om só min as moontlik chemiese middels toe te dien. Omdat die grond onder die makadamiabome redelik skoon gehou moet word vir oesdoeleindes (neute wat op die grond val), word gate onder die bome gemaak en kompos daarin geplaas. "Ons het nie vanjaar, soos baie van die ander manne, vir blaaspootjie gespuit nie en probeer eerder deur kompos 'n goeie balans te kry. Ons vrugset lyk vanjaar besonder goed," sê Werner.

Amana-boerdery het drie jaar gelede Eurepgap-akkreditasie en Nature's Choice-sertifisering (vir die Britse Tesco-winkelgroep) ontvang.

Eie proewe dui die pad aan

Mnr. Werner Muller is 'n lid van die dagbestuur van die Levubuvallei-boerevereniging, is voorsitter van Levubu se avokado-studiegroep en dien ook in die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging se streekkomitee vir Soutpansberg.

Maar dit is waarskynlik sy intense belangstelling in die breër landbou en in sy eie bedrywe, die navorsingsprojekte op die plaas en sy praktiese aanvoeling vir die gewasse waarmee hy boer en vir die hulpbronne tot sy beskikking wat die beoordelaars beïndruk het.

"Ons is heeltyd besig om ons eie proewe op die plaas te doen en het al heelwat werk met veral avokado's gedoen," vertel Muller.

"By die verbouing van avokado's raak die koperinhoud van die grond 'n probleem. Met die samewerking van 'n chemiese maatskappy het ons proewe gedoen met 'n vloeibare koperaanvulling met 'n baie laer persentasie aktiewe koper. Dit verminder die koperneerslag in die grond. Sedertdien word slegs die vloeibare kopermiddel gebruik en blaar- en grondmonsters bevestig dat die kopervlakke afneem. Die hoeveelhede wat ons deesdae toedien, is naby die vlakke wat vir organiese verbouing vereis word."

In nog 'n avokadoproef op die plaas het Werner avokadoboompies geplant op 'n strook plastiek met die doel om die chemiese bestryding van onkruid te verminder of dalk uit te skakel. Hierdie boompies het nie net vinniger en beter ontwikkel in die eerste jaar nie, maar die onverwagse bonus van die plastiekstrook was vogbewaring en 'n besonder goeie wortelontwikkeling en -verspreiding wat selfs verder as die boompies se drupsirkel strek. Ná 'n jaar is die plastiek nou besig om te verweer en word kompos toegedien. "Ons het nog nooit gesien dat avo's só op plastiek geplant word nie en met hierdie resultate sal ons dit nooit weer anders doen nie," sê Werner.

Op 'n kongres in Spanje het Werner gehoor van 'n soort deursigtige plastiek wat gebruik word vir die sterilisasie van Phytophthora-besmette grond. Met die oorstromings van 2000, wat ook die Levubuvallei erg getref het, het hierdie wortelvrot groot skade in boorde aangerig. In een spesifieke boord is feitlik ál die bome vernietig. In dié boord het Werner riwwe gemaak om die dreinering te verbeter en die riwwe met die plastiek bedek. Die idee is dat die son die grond onder die plastiek verwarm. Phytophthora kan nie by temperature hoër as 40 grade C oorleef nie.

Net die toekoms sal leer of hierdie proef vrugte sal afwerp.

Muller-hulle se avokadokultivars is spesifiek gekies vir 'n uitgerekte oestyd om die risiko's in die mark te versprei. Die oestyd van Fuerté, Maluma Hass, Hass, Ryan en Lamb Hass duur van Februarie tot Augustus.

4 November 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.06
+1.1%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,770.31
+0.1%
Silwer
22.15
-0.5%
Palladium
1,849.09
-1.5%
Platinum
989.81
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot