AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

EU-regulasies kan SA sitrusbedryf R654 miljoen kos

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Europese regulasies vir kouebehandeling van Suid-Afrikaanse lemoene om valskodlingmot te bekamp, kan tot die vernietiging van miljoene kartonhouers vrugte ter waarde van meer as R650 miljoen lei as dit van 14 Julie af toegepas word.

Volgens mnr. Deon Joubert, die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging se spesiale gesant oor marktoegang en EU-sake, sal die “drastiese, stellig waningeligte” nuwe regulasies wat kouebehandeling van sitrus teen valskodlingmot voorskryf, Suid-Afrika groot skade berokken.

Die regulasies vereis dat lemoene gespesifiseerde verpligte kouebehandeling en voorafverkoelingstappe moet ondergaan vir tydperke van tot 25 dae voor invoer, met ander woorde, voordat besendings verskeep word.

“ ’n Beduidende deel van Suid-Afrika se kommersiële lemoenproduksie sal nie die nuwe voorgeskrewe kouebehandeling kan weerstaan nie. Organiese lemoene en lemoene wat sonder die toediening van landbouchemiese middels verbou is, is meer kwesbaar vir skade deur koue en sal die ergste geraak word, selfs al is geen onderskeppings van valskodlingmot in die EU met hierdie omgewingsvriendelike en volhoubare vrugte aangemeld nie.”

Joubert het ook sy bedenkinge oor die “diskriminerende” haas waarmee die regulasies ingestel word. “Die feit dat die EU-owerhede probeer om die nuwe regulasies net 23 dae ná afkondiging af te dwing, maak dit onmoontlik vir Suid-Afrikaanse sitrusboere om daaraan te voldoen, en toon hoe sonder regverdiging en diskriminerend dit is.”

Hy meen Europese verbruikers en plaaslike werkers sal uiteindelik die prys betaal.

Die EU se staande komitee oor plante, diere, voedsel en voer het die regulasies afgekondig ten spyte van besware van lande wat lemoene uit Suid-Afrika invoer.

SA het streng bestuurstelsel teen valskodlingmot

Volgens Joubert verskil die nuwe vereistes drasties van Suid-Afrika se bestaande streng bestuurstelsel om valskodlingmot te bekamp. “Ons stelsel is hoogs doeltreffend om Europese produksie teen plae en siektes, wat valskodlingmot insluit, te beskerm.”

Joubert sê die stelsel se doeltreffendheid is oor die jare deur vele wetenskaplike studies in internasionale vaktydskrifte waarin artikels aan eweknie-evaluering onderwerp word, ondersteun.

Meer onderskeppings uit ander lande

Valskodlingmot is nie tot Suid-Afrika beperk nie. Suid-Afrikaanse sitrusboere voer jaarliks 800 000 ton sitrusvrugte na die EU uit, dog in die afgelope drie jaar was onderskeppings van valskodlingmot laag, 19 (2019), 14 (2020) en 15 (2021). “Onderskeppings uit ander invoerlande was aansienlik hoër in dieselfde tydperk, naamlik 53, 129 en 58, maar daar word nie maatreëls teen dié lande voorgestel nie.

“Die aard van die kouebehandeling wat in die nuwe regulasies voorgeskryf word, is teenstrydig met wetenskaplike bewyse en maak daarvan ’n arbitrêre, ongeregverdigde en onnodige handelsbeperkende maatreël. In daardie opsig is dit strydig met internasionale vereistes vir sulke fitosanitêre handelsregulasies.”

‘Politieke stap’ deur Spaanse boere

Joubert sê Suid-Afrika onderhandel met die EU in die hoop dat hy van die regulasies sal afsien, veral omdat dit nie tegnies onderlê word en oënskynlik niks meer as ’n politieke stap deur Spaanse sitrusboere is om Suid-Afrikaanse sitrus uit die Europese mark te druk nie.

“Ons is bekommerd oor die groot hoeveelheid sitrusvrugte wat na die EU op pad is met fitosanitêre sertifikate wat voor 14 Julie vanjaar uitgereik is. Teen die tyd dat die skepe die EU bereik, sal die nuwe fitosanitêre vereistes geld. Daar is ’n kans dat sowat 3,2 miljoen kartonhouers sitrus met ’n waarde van meer as R650 miljoen deur die EU-owerhede vernietig kan word.”

Volgens Joubert kan dit groot gapings in die aanbodketting veroorsaak en tot hoër pryse vir Europese verbruikers lei op ’n tyd dat voedselsekerheid in die streek bedreig kan word vanweë die oorlog in Oekraïne, om nie te praat van die skade wat dit aan die deelnemers aan en die ekonomieë van die sitrusproduserende gebiede kan doen nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+0.2%
Rand - Pond
22.36
+0.2%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.0%
Platinum
960.37
+0.1%
Palladium
1,425.03
+0.6%
Goud
1,968.29
-0.3%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,867
+0.6%
Alle aandele
76,458
+0.5%
Hulpbronne 10
66,768
+0.5%
Industriële 25
103,343
+1.0%
Finansiële 15
15,584
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot