AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Europa se groen plan: Só moet uitvoerprodusente aanpas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Daar is geleenthede vir Suid-Afrikaanse vrugteprodusente en -uitvoerders in die Europese Unie se Farm to Fork-strategie, ’n uitvloeisel uit die Green Deal-beleidsinisiatief, maar oor die algemeen moet boere hulle gereed maak dat dié mark moeiliker kan raak.

“Ons produseer goeie gehalte, plantgebaseerde kos wat voldoen aan baie van die vereistes van die Europese Unie. Ons is ook relatief naby Europa geleë, wat ’n mededingende voordeel kan bied,” het mnr. Paul Hardman, bestuurder van bedryfsake by die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, op Hortgro se tegniese simposium op Somerset-Wes gesê.

Vrugteboere en uitvoerders moet hulle egter waarskynlik gereed maak om sekere chemiese middels te laat vaar. Produkte sal moontlik ook met ’n koolstofbelasting geslaan word omdat dit van ver af verkry word.

Die Green Deal is ’n beleidsraamwerk wat oor alle ekonomiese aktwiteite in Europa strek om die vasteland ’n klimaatsneutrale samelewing te maak teen 2050. Die Farm to Fork-strategie, wat daaruit spruit, is ’n oorkoepelende plan om die voedselstelsels wat in Europa toegepas word, te verander. Dit verwys na die manier hoe kos geproduseer, versprei en verbruik word.

Proteksionisties

Hardman het gesê om die Green Deal en Farm to Fork-strategie te verstaan, moet ’n mens besef dat Europa die afgelope jare ’n proteksionistiese uitkyk ingeneem het.

“Die sitrusbedryf was onlangs in die spervuur met fitosanitêre kwessies. Eenheid in Europa geniet nou hoër prioriteit as wetenskap en tegniese data.”

Die plan om Europa se natuurlike kapitaal – biodiversiteit – te bewaar, hou verband met marktoegang, want hulle weet waar die risiko vir plae en siektes lê.

Marktoegang is nou ’n meganisme om biodiversiteit te beskerm, maar dit kan ook beteken marktoegang gaan afneem.

Altesaam €387 miljard is bewillig om oor die volgende sewe jaar aan boere uitbetaal te word as subsidies en finansiering.

“Dit kom neer op R1 triljoen per jaar, oftewel 2,5 keer Suid-Afrika se nominale bruto binnelandse produk. Die Europese landboubeleid is basies ’n massiewe herverspreidingspakt tussen die landbou, die samelewing en verbruikers om geld te kanaliseer van verbruikers af na die sakke van die landbou en mense in landelike gebiede. Dit systap die normale vraag-en-aanbodprysvasstellingsmeganisme. Tot 33% van Europese produsente se plaasinkomste hou nie verband met plaasaktiwiteite nie.”

Invloed op SA

Volgens Hardman beteken die nuwe raamwerk en strategie daar gaan op kort termyn ontwrigting in die verskaffingsketting plaasvind, veral wat onsekerheid oor nuwe vereistes betref.

“Namate die beleid neerslag vind in wetgewing, is daar ’n laslappie-effek op lidlandvlak. Daar is nie meer ’n enkele mark nie, maar jy sal aan verskillende vereistes vir verskillende lande moet voldoen.”

Hardman het gesê hulle verwag ook ’n verskuiwing na organiese produkte. Op eie bodem wil Europa sy organiese produksie teen 2030 tot 25% laat toeneem.

“Verskaffers gaan toenemend probeer meeding met volhoubaarheidstemas. Die Chilene het byvoorbeeld reeds by Fruit Logistica hul omgewingsvoogdyskap bemark.”

Produsente moet hulle ook gereed maak om toenemend te bewys hoe hulle vaar met omgewingsmerkers soos water en koolstof.

“Hier het ons ’n bietjie van ’n voordeel, want ons is die res van die Suidelike Halfrond ver voor,” het Hardman gesê. “Hulle wil wêreldwyd omgewingstandaarde verbeter. Waar hulle van ander lande af produkte verkry, sal dié moet voldoen aan Europese standaarde, wat potensieel hoër is as ons s’n. Ons het baie om te bied, maar van die standaarde is nie plaaslik van toepassing nie.”

Op mediumtermyn voorsien Hardman dat probleme gaan kop uitsteek omdat die Europeërs ’n benadering wil volg wat almal moet pas. “Dit kan nie werk nie. Ons verwag dat oesbeskermingsopsies sal verdwyn en nie alle besluite sal op grond van wetenskaplike data geneem word nie, maar die politieke invloed is groot.”

Oor die lange duur sal Europa al sy vereistes afdwing. “Ons hoop hulle sal binne die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie bly.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.19
-0.2%
Rand - Pond
22.40
+0.0%
Rand - Euro
19.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
956.84
-1.1%
Palladium
1,416.84
+0.8%
Goud
1,962.01
-0.6%
Silwer
23.09
-1.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Opreg en eerlik
Eks plat op die aarde, daars baie waarvan ek hou om te doen behalwe enige iets wat met hoogte te doen het, so letterlik plat op die aarde.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot