AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Europese kultivars het bedryf gaande

Barbera is 'n bekende rooiwynkultivar in Europa, maar is nog ietwat onbekend in Suid-Afrika.

Barbera is 'n bekende rooiwynkultivar in Europa, maar is in Suid-Afrika ietwat onbekend. 'n Bolandse wynlandgoed het pas sy derde produksiejaar van dié kultivar gehad. Hy eksperimenteer ook met 'n rooi Spaanse kultivar Mourvèdre, asook met Nouvelle, 'n wit kultivar met 'n graskarakter.

In Italië is die rooiwynkultivar Barbera 'n ou gunsteling, en naas die kultivars Sangiovese en Trebbiano is dit die volopste kultivar in dié land. Sowat 50 000 ha is in Italië onder Barbera, en in die Piedmontstreek maak dit sowat 50 % van die totale produksie uit.

Barbera word ook in ander dele van Europa verbou en die wyn eeue lank reeds geniet, sê mnr. Schalk van der Merwe, mede-eienaar van die Merwida-landgoed buite Rawsonville.

In 1996 was reeds 845 Barbera-wingerdstokke in moederblokke in die Boland aangeplant. Dié getal het aangegroei tot meer as 19 850 stokke in 2003, waarvan sowat die helfte in moederblokke op Merwida gevestig is.

Van der Merwe het sy eerste Barbera in 2000 gevestig, en het nou reeds sowat 4,5 ha onder dié kultivar. Daar is vanjaar sowat 27 ton Barbera op die landgoed gepars.

Dié kultivar het 'n gemiddelde groeikrag en produksie. Op Grondves by Stellenbosch is die gemiddelde produksie 3 kg tot 4 kg per stok met 'n suurinhoud van 9 g/l tot10 g/l en 'n suikergehalte van 24° Balling. Die druiwe word einde Februarie tot begin Maart ryp. Die gemiddelde trosgewig is sowat 190 g, met korrels van 'n gemiddelde grootte.

Mnr. Charles Visser van KWV-Vititec in die Paarl, sê daar is 15 Barbera-klone in Italië geregistreer, maar net twee, BB 1 uit Amerika en BB 84 uit Italië, is in Suid-Afrika geregistreer.

Die gemiddelde groeikrag en goeie produksie maak van Barbera 'n betreklik maklike kultivar om te verbou, meen hy. Wat Barbera 'n uitsonderlike kultivar maak, is sy natuurlike hoë suurinhoud wat dit baie geskik maak om in warmer dele, soos die Rawsonville-gebied, te verbou.

Van der Merwe meen die voordeel daarvan is dat die natuurlike hoër suur dit onnodig maak om ekstra suurinhoud by die kultivar te plaas. In die drie jaar wat dit op Merwida gepars is, was dit nooit vir hulle nodig om suur by te voeg nie.

Daar is gevind dat net lank genoeg gewag moet word vir die suur om in balans in die wingerd te kom voordat die parsproses begin. Wanneer die suikergehalte sowat 25° Balling is, is die suur sowat 8 g/l — wat ideaal is. By die meeste ander rooi kultivars is die suurinhoud van 4 g/l tot 5 g/l wanneer die suikergehalte reeds 25° Balling is.

Nog 'n uitstaande kenmerk van dié kultivar is die hoë antosianienvlak van 180 mg/l tot 200 mg/l. Dit gee 'n helder pers kleur aan die wyn in 'n jong stadium, wat in 'n robynrooikleur verander namate dit verouder.

Van der Merwe sê as die druiwe op die regte suikergraad geoes word en die suurinhoud is goed gebalanseer met alkohol en ekstrak, is dit 'n uitstekende kultivar. Net 'n kort tydjie in houtvate verbeter die wyn aansienlik. Visser sê vatveroudering is 'n tegniek wat eers onlangs met Barbera-wyn toegepas is en waarmee baie welslae behaal word. Dit skep 'n vol smaak en 'n ryk kleur, wat wissel van perserig tot robyn.

Mnr. Magnus Kriel, wynmaker op Merwida wat sedert 2002 jaarliks wyn van die Barberakultivar maak, sê die plaaslike Barbera het 'n speseryagtige geur, en bied puik moontlikhede vir veroudering in vate weens die hoë suurinhoud. Dit het 'n hoë alkoholinhoud van 14,5 %, wat bydra tot sy volheid en unieke karakter.

Hy meen Barbera is 'n puik versnitwyn, veral met Shiraz wat ook 'n baie speseryagtige geur het, asook met Merlot.

In dié stadium eksperimenteer en leer hy nog baie met die maak van Barbera. Dit is interessant om hul plaaslike produk te vergelyk met dié uit, byvoorbeeld, Italië. Die Italiaanse Barbera herinner hom baie aan die plaaslike Merlot-Cabernet-versnitte, sê Kriel. Veral hul 2003-Barbera het vir hom 'n uitsonderlike smaak en geur gehad.

Van der Merwe sê die mark se behoefte aan Barbera word fyn dopgehou. As die vraag na plaaslike Barbera groei, sal meer aanplantings oorweeg word. Hy het daarmee begin eksperimenteer om sy kultivarlys uit te brei. Die grootte van die landgoed, asook die warmer klimaat van Rawsonville, laat sulke eksperimentele aanplantings toe.

Benewens Barbera, het Van der Merwe 'n ander onbekende rooi kultivar in Suid-Afrika gevestig, naamlik Mourvèdre (ook bekend as Mataro), wat sy oorsprong in Spanje het, maar die afgelope vier eeue al op groot skaal in Frankryk verbou word.

Mourvèdre is met sowat 100 000 ha daarvan naas Grenache die grootste kultivar in Spanje. Dit was in 'n stadium dié belangrikste kultivar in Provence, in die suide van Frankryk. Van 1988 af word dit vereis dat wyne van daardie gebiede van Frankryk minstens 50 % Mourvèdre moet bevat, sê Visser.

Van der Merwe sê die belangrikste rede waarom hy dié kultivar begin plant het, is sy uitstekende versnitmoontlikhede — veral met Shiraz en Grenache. In Australië is 'n versnit tussen Grenache, Shiraz en Mourvèdre baie algemeen en word daar GSM-wyn genoem daar.

Hy het die eerste 3 ha Mourvèdre in 2003 geplant. Die eerste oes behoort volgende jaar gepluk te word.

Visser sê Mourvèdre se kenmerke is dat dit 'n sterk groeiende kultivar is met 'n goeie produksie. Op Grondves by Stellenbosch is die gemiddelde produksie 5 kg/stok tot 7 kg/stok, en die suurinhoud is sowat 6 g/l by 22&grad; tot 23° Balling. Dit word van einde Februarie tot middel Maart ryp. Dié laat bot en oes is die kultivar se grootste beperkende faktor.

Trosse is van gemiddelde grootte — sowat 300 g — en die korrels klein. Die kleurpotensiaal is gemiddeld en die suurinhoud soms effe laag. Die wyn is van 'n uitstekende gehalte, aromaties met 'n goeie tannienstruktuur. Dit is geskik vir houtveroudering. Die alkoholinhoud is minstens 12 %.

Weens die goeie produksie moet oesbeheer toegepas word om goeie gehalte te verseker. Temperature, veral die minimum, moet tydens rypwording taamlik hoog wees sodat die ideale suikergraad bereik kan word. Die kultivar is dus baie geskik vir ietwat warmer gebiede, soos Rawsonville, meen Visser.

In 2003 het Van der Merwe ook 1,5 ha van die kultivar Nouvelle gevestig. Dié kultivar is van 1958 tot 1965 deur prof. Chris Offer, 'n bekende in Stellenbosse wynmakerskringe, uit kruisings ontwikkel. Die kloon is geselekteer uit 'n reeks kombinasies om 'n prominente gras-groenrissiekarakter te verkry. Nouvelle kom uit 'n kombinasie van SA Riesling en Sémillon.

Die moederblok bestaan uit bykans 10 000 stokke, waarvan sowat 'n derde in die moederblok op Merwida is.

Visser sê die produksie is gemiddeld 3,6 kg/stok, die groeikrag is gemiddeld, die suurinhoud is gemiddeld 7,1 g/l (24,8° Balling), die trosgewig 230 g en die korrels gemiddeld 1,7 g. Dit word middel tot einde Februarie ryp.

Sy kenmerkendste eienskap is 'n aangename graskarakter wat altyd herkenbaar is — selfs by 'n hoër suikergehalte. Nouvelle is 'n goeie versnit met Sauvignon blanc, Sémillon en SA Riesling.

Van der Merwe het in 2003 1,5 ha daarvan gevestig, bloot uit nuuskierigheid om te sien hoe dit in sy area se klimaat presteer. Hy was die eerste om dit in die Rawsonville-area te vestig, en die eerste oes sal waarskynlik in 2005 gepluk word.

2 Julie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot