AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Finaliste vir Vrouewynmaker

Ses wynmakers het deurgedring tot die finale ronde van vanjaar se Landbouweekblad Vrouewynmaker van die Jaar-toekenning. Dit is Suid-Afrika se enigste kompetisie vir vrouewynmakers, nou in sy sesde jaar.

Ses wynmakers het deurgedring tot die finale ronde van vanjaar se Landbouweekblad Vrouewynmaker van die Jaar-toekenning. Dit is Suid-Afrika se enigste kompetisie vir vrouewynmakers, nou in sy sesde jaar. 

Vanjaar se kompetisie het 64 inskrywings van 28 vrouewynmakers reg oor die land gelok. Volgens me. Lorraine Immelman-Steyn, organiseerder van die kompetisie, bewys die jaarlikse groei van dié kompetisie dat vroue hul stempel op die wynbedryf afdruk. “Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander dele van die wynwêreld is daar ’n toename in vroue wat tot dié bedryf toetree,” sê sy. 
Vanjaar se ses finaliste sluit bekende wynname, asook nuwelinge, in. Hulle is:
Me. Danelle van Rensburg van Van Loveren in Robertson het deurgedring met haar 2009 Colombar, me. Ntsiki Biyela van Stellekaya in Stellenbosch het die top-ses gehaal met haar 2006-oesjaar Cabernet Sauvignon en me. Carmen Stevens vanAmani, ook in Stellenbosch, het met haar 2008 Amani Kamili Chardonnay Viognier versnit deurgedring.
 
Die ander drie finaliste is me. Corlea Fourie van Bosman Family Vineyards in Wellington, met haar 2008 Chenin Blanc, me. Corrien Geleijnse, van Swartland Wynkelder in Malmesbury met haar 2008 Shiraz, en, me. Nomonde Kubheka van die KWV in die Paarl wat die top-ses gehaal het met haar 2007 rooiwyn-versnit, Triptych. 
 
Die wenner word op 30 Julie tydens ’n gala-seremonie by die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes aangekondig.
Volgens me. Marilyn Cooper, hoof van die Kaapse Wynakademie en sameroeper van die beoordelaarspaneel, is vanjaar se kompetisie gekenmerk deur diverse en innoverende inskrywings. “Vir die eerste keer is daar vanjaar Port ingeskryf, asook interessante enkelkultivar wyne, soos Malbec.”
“Die paneel is deur ’n verskeidenheid, opwindende seleksie wyne oorval,” sê sy.
Maar Landbouweekblad se Vrouewynmaker van die Jaar moet meer kan doen as net goeie wyn maak. Die uiteindelike wenner word beoordeel op haar algehele persoonlikheid, beskouing van die wynbedryf en loopbaandoelstellings. Nadat die topwyne blind gekies is, het ’n uitgelese paneel beoordelaars onderhoude met die ses finaliste gevoer. 
 Vanjaar se wenner ontvang ook ‘n kontantprys van R20 000.
 
9 Julie 2009
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot