AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Forum wil droëvrugte steun

'n Forum vir die verpakkers en bemarkers van droëvrugte is pas gestig.

'n Forum vir die verpakkers en bemarkers van droëvrugte is pas gestig. Die doel daarvan is om orde in die bedryf te kry en te verhinder dat — soos dikwels gebeur — plaaslike bemarkers tot nadeel van die produsente en hulself op internasionale markte teen mekaar meeding.

Min mense sal ontken dat die landbou met die infasering van die vryemarkstelsel ná deregulering 'n nuwe fase betree het — met baie voordele wat voorheen nie vir hom beskore was nie. Tog is die vryemarkstelsel nie net maanskyn en rosegeur nie, en sekere probleme het ook kop uitgesteek.

Een daarvan was dat orde en dissipline dikwels in die slag gebly het omdat daar nie meer waghonde in die verskillende bedrywe was om dit deur regulasies af te dwing nie. Dit geld ook die droëvrugtebedryf. Só was daar direk ná herstrukturering net drie geregistreerde bemarkers van droëvrugte in die land. Dié getal het tot 28 gegroei, terwyl 'n aantal ongeregistreerde bemarkers ook bedrywig is.

Dít het dit noodsaaklik gemaak dat 'n liggaam gestig word om dissipline in die droëvrugtebedryf te kry. So 'n forum is pas by 'n byeenkoms van verpakkers en bemarkers op Stellenbosch onder leiding van die Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD) gestig. 'n Groot aantal verpakkers en bemarkers van oor die hele Wes-Kaap en so ver as Upington was by die stigtingsvergadering.

Mnr. Dappie Smit, hoofbestuurder van die DTD, met sy hoofkantoor in die Paarl, sê sommige van die bemarkers het dikwels 'n voorraad droëvrugte, maar nie 'n mark daarvoor nie. Ander het dikwels weer 'n mark, maar nie 'n produk om te verkoop nie. En die slegte aspek daarvan is dat die meeste van hulle nie met mekaar gesels, of selfs nie van mekaar weet nie.

Verder is klein verpakkers dikwels onbewus van vereistes wat markte stel ten opsigte van gehalte- en gesondheidstandaarde, asook handelsvereistes, soos naspoorbaarheid en protokols, soos Eurepgap en Nature's Choice. Hulle ervaar dit eers wanneer hul produkte op markte aankom en probleme ondervind.

Dit alles kan ernstige finansiële probleme vir die verpakker en/of bemarker beteken, terwyl dit ook sleg vir die mark is as bewyse en sertifikate nie voorgelê kan word nie.

Wanneer sulke besendings op internasionale markte beland, word dit geïdentifiseer as 'n Suid-Afrikaanse produk, en dít benadeel die hele Suid-Afrikaanse bedryf. Daarom is dit so belangrik dat die plaaslike droëvrugtebedryf vertroue moet herbevestig by die internasionale kopers, meen Smit.

Hy sê in die toekoms gaan eenheid belangriker word in die vloeibare situasie van ongunstige wisselkoerse en toenemende mededinging. 'n Sterk forum sal dus help om 'n klimaat te skep waarby almal baat vind.

Kopers van droëvrugte staan oral saam — plaaslik en internasionaal. Daarom help dit glad nie dat verpakkers en/of bemarkers almal alleen probeer aangaan nie.

Wanneer 'n twyfelagtige besending of 'n nuwe verskaffer in die EU-markte verskyn, word dit baie vinnig bekend en word gereeld navraag gedoen oor hoe betroubaar die nuweling is. Onheilighede in die bedryf kom blitsvinnig uit, en dít benadeel die hele plaaslike bedryf.

Smit het die aanvanklike take van die forum soos volg voorgelê:

  • Die forum sal verpakkers en bemarkers help om ál die wetlike en ander nuwe vereistes na te kom en só 'n mededingende voordeel te verkry.

  • Die forum sal die geleentheid aan pakkers en bemarkers bied om saam te werk ten einde deel te neem aan wêreld-handel-skoue met finansiering van die Departement van Handel en Nywerheid.

  • Minimum standaarde ten opsigte van gehalte en diens kan onderling onderhandel word om mededingend te bly in die plaaslike en uitvoermark. Dit kan baie besparingsmoontlikhede bied.

  • Die forum stel 'n gedragskode daar waar lede volgens aanvaarbare en internasionaal erkende reëls en norme handel dryf en veral nie internasionale bemarking vir almal bemoeilik nie.

  • Verskeie gesubsidieerde opleidingsprogramme kan deur bemiddeling van die forum tot voordeel van verpakkers en bemarkers benut word.

  • Deur die gemeenskaplike navorsings- en ontwikkelingsbehoeftes gesamentlik aan te pak, kan heelwat bespaar word en mededingendheid kan daardeur verbeter.

  • Verpakkers en bemarkers kan vrywillige prysvlakke en voorraadbehoeftes bespreek, wat kan lei tot die onderlinge vloei van oortollige voorrade waardeur die opbou van reserwevoorrade voorkom kan word.

Mnr. Chris Krone, vise-voorsitter van DTD, wat ook verkies is as die eerste sameroeper van die nuwe forum, het gesê om orde in die bedryf te kry, is finansiering nodig. Geld is ook nodig vir navorsing sodat droëvrugte van gehalte op markte verskyn. Die bestuur van die forum sal oor die finansiering besluit sodat bedrywighede so goedkoop dog doeltreffend moontlik uitgevoer kan word.

Hy het op die belangrikheid van navorsing gewys om internasionaal mededingend te bly. Die droëvrugtebedryf is baie nou gekoppel aan ander vrugtebedrywe en daar bestaan 'n interafhanklikheid tussen die bedrywe. Die DTD is die skakel met navorsingsinstitute.

Wanneer die droëvrugtebedryf uit een mond praat, is dit ook meer geloofwaardig in die media as wanneer enkele individue elkeen probeer om iets te beding.

Bemarkers en verpakkers wat die bedryf benadeel, kan ook in die kraal gekry word deur die forum tot voordeel van gehalte, eenvormigheid en die voldoening aan internasionale standaarde aan te wend.

Smit het gesê die forum sal ook 'n belangrike rol speel in die toekomstige daarstelling van regulasies deur die Regering. Die Regering vra bydraes van die verskillende bedrywe, en elke bedryf moet vir homself 'n werkbare plan opstel om voor te lê. Daar word nou aan 'n "geheel-vrugteplan" gewerk, en die forum is die ideale kans vir die bedryf om sy bydraes te kan lewer.

Wat tande vir die forum betref om sy reëls af te dwing, het Krone gesê daar is 'n spesiale direktoraat daarvoor in die Departement van Landbou. Hulle reageer net op klagtes, en die forum kan probleme wat dissiplinêre aandag vereis, onder dié direktoraat se aandag bring.

Die bestuur van die forum bestaan uit mnre. Krone (wat deur die vergadering versoek is om as sameroeper op te tree), Tertius Carstens van SAD, Handri Conradie van Ceres, De Wet Burger van Wellington, Riël Gresse van Upington, en J.P. Viljoen van Montagu.

25 Junie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.00
+1.0%
Rand - Pond
20.32
+1.0%
Rand - Euro
17.56
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.37
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,750.35
+0.5%
Silwer
21.27
+1.6%
Palladium
1,840.00
-0.5%
Platinum
1,006.11
+1.3%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot