Dié vitamien reguleer kalsium in die menslike liggaam om onder meer sterk bene te vorm. Dit word hoofsaaklik in vis, eier en lewer gevind. Lae vlakke daarvan kan ook die risiko van hartsiektes verhoog.
Luidens ’n artikel op www.science.org word ’n belangrike voorloper van vitamien D natuurlik in tamaties vervaardig. Deur net een geen uit te skakel, kon wetenskaplikes van die John Innes-sentrum in Engeland tamaties skep wat 20% van die aanbevole daaglikse hoeveelheid vitamien D verskaf.
Die nasionale universiteit van Seoel in Suid-Korea het daarna bevind dat tamaties met hoër vlakke van dié voorloper geproduseer kan word as ’n verwante geen uitgeskakel word. Die verband tussen blootstelling aan die son en die produksie van vitamien D speel hier ’n rol.