Die skrywer is dr. Carien Coetzee, wat ’n doktorsgraad in wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf het. Haar studie was gerig op basiese wynmaaktegnieke en veral op die gehalte en aromasamestelling daarvan, asook die veroudering van wyn.
Sy bedryf tans haar eie wynkonsultant-onderneming, Basic Wine. Die boek, wat op ’n tegniese seminaar van die Sauvignon Blanc-vereniging van Suid-Afrika bekend gestel is, bestaan uit twee dele.
Die eerste deel gee ’n holistiese oorsig van wynverpakking in aluminium, en die tweede deel handel oor tegniese aspekte oor wyn wat in aluminiumkannetjies versprei word. Wyn wat in sulke aluminiumkannetjies versprei word, het internasionaal al heelwat veld gewen.