AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Geelwortels soos nooit vantevore

Verbruikers word ál meer gehalte- en gesondheidsbewus. Die besondere gesondheidseienskappe van geelwortels, vars of gekook, dra by tot die steeds toenemende vraag na hierdie groentesoort, maar die verbruiker wil beter gehalte en verskeidenheid hê.

Die verbruik per kop van geelwortels in Suid-Afrika is besonder laag in vergelyking met ander dele van die wêreld. Een van die redes hiervoor is die algemene swak gehalte van wortels wat op die mark aangebied word. Dit is bloot naïef om beter pryse en 'n toename in verbruik te verwag sonder om 'n beter produk aan te bied. Die beginsels van bemarking en die vryemarkstelsel werk nie so nie, sê mnr. Kobus van Heerden, produkbestuurder van Mayford se tegniese sentrum.

Met die maatskappy se vrystelling van 'n nuwe, unieke geelwortelkultivar, SK4 - 316, bestaan daar nou 'n geleentheid om die somber prentjie van geelwortelproduksie in Suid-Afrika op 'n heel nuwe vlak te plaas.

Die uniekheid van dié kultivar lê opgesluit in die - tot dusver - ongekende gehalte. Dit is uniek ten opsigte van die smaak, die besonderse dieporanje kleur wat die hoë beta-karoteeninhoud weerspieël en die tekstuur van die wortel.

Die nuwe kultivar is ontwikkel uit 'n Sakata-teelprogram wat 15 jaar gelede begin is. Een van die tipes waarop in hierdie program gekonsentreer is, is die Nantes-tipes wat bekend is vir hul eenvormige, silindriese vorm en uitstekende eetgehalte.

Mnr. Van Heerden sê die nuwe kultivar is uit hierdie teelprogram ontwikkel en dit is juis ten opsigte van hierdie eienskappe waar die nuwe kultivar heeltemal nuwe standaarde stel. Aanpasbaarheid en eenvormigheid is die belangrikste eienskappe van 'n goeie geelwortelkultivar.

Die kultivar se unieke aanpasbaarheid en weerstand teen saadskiet en veldweerstand teen alternaria-blaarskroei (Alternaria dauci) verleen aan hom die vermoë om regdeur die jaar in die meeste wortelproduserende gebiede verbou te kan word. Kommersiële aanplantings het telkens gewys dat die nuwe kultivar die enigste is wat deur die winter bly ontwikkel en derhalwe tot soveel as drie weke vroeër markgereed is as standaardkultivars.

Geelwortels groei op hul beste teen temperature van 15,5 °C tot 21 °C. Volgehoue hoë temperature tydens die latere ontwikkeling van die plant kan lei tot beperkte ontwikkeling met gepaardgaande swak opbrengste. Sulke wortels word gekenmerk deur 'n sterk, onaanvaarbare smaak en 'n growwe tekstuur. Temperature laer as 10 °C lei weer tot langer en dunner wortels met 'n swak, ligte kleur. Dit wil voorkom asof die nuwe kultivar hierdie beperkings beter die hoof kan bied.

Die sukses van wortelproduksie lê opgesluit in die uitpakpersentasie van die aanplanting, wat in regstreekse verband staan met die eenvormigheid van die kultivar. Hierdie eenvormigheid word bepaal deur die genetiese eienskappe en verbouingspraktyke.

Wortels moet verkieslik geplant word teen 'n plantestand van 1,2 miljoen tot 2,2 miljoen sade per hektaar. 'n Té digte spasiëring sal die oesproses bemoeilik en die ontwikkeling van blaarsiektes bevorder.

Oor die algemeen sal groter sade beter presteer onder abnormale groeitoestande, wat weer 'n gunstige invloed gaan hê op die eenvormigheid van die oes.

SK4 - 316 presteer uitstekend met 'n plantestand van 1,7 miljoen tot 2 miljoen plante per hektaar in die somer, en 1,3 miljoen tot 1,4 miljoen plante in die koeler tydperke.

Afgesien van gehalte is die verbruiker ook op soek na verskeidenheid. Babawortels is een van die moontlikhede. Ongelukkig is die gehalte van Suid-Afrikaanse babageelwortels oor die algemeen só swak dat selfs die mooiste verpakking nie altyd daarin slaag om hierdie feit te verbloem nie.

Die belangrikste vereiste vir babawortels is dat hulle reeds op 'n jong stadium oor kleur en smaak moet beskik. Die nuwe kultivar is sekerlik een van die min beskikbare kultivars wat werklik hierin slaag. Die maatskappy glo hierdie wortel sal heeltemal nuwe standaarde daarstel wat gehalte betref. 29 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot