AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3077
-8,00
SOYA
19 Okt
-
7169
-36,00
SUNS
19 Okt
-
10630
27,00
WEAT
19 Okt
-
5800
0,00
WMAZ
19 Okt
-
3188
-12,00
YMAZ
19 Okt
-
3345
-11,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Gehalte van SA se Chenin blanc ‘nog nooit beter’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die wenners van vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Toptien-kompetisie 2021.
Die wenners van vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Toptien-kompetisie 2021.
Beoordelaars by vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Toptien-kompetisie sê die gehalte van Suid-Afrika se Chenin blanc was nog nooit beter nie.

Beoordelaars in vanjaar se Standard Bank Chenin Blanc Toptien-kompetisie is dit eens dat Suid-Afrika se Chenin blanc-wyne nog nooit beter was nie, sê mnr. James Pietersen, voorsitter van die paneel beoordelaars.

Hy meen Suid-Afrika het hiermee die internasionale standaard vir die kultivar gestel. Danksy die gesonde gees van mededinging onder plaaslike wynmakers is Suid-Afrika volgens hom steeds die voorste bron van die opwindendste weergawes van hierdie druifsoort.

“Hoewel Chenin blanc ’n florerende kategorie is, het dit nie ’n gees van selfgenoegsaamheid in die hand gewerk nie. Dit het duidelik geblyk uit vanjaar se 138 inskrywings, die toenemende getal areas waarin Chenin blanc aangeplant word, die groter benutting van dopkontak, meer natuurlike gisting en die gebruik van ’n groter verskeidenheid gistings- en verouderingshouers, van amforas tot ouer en groter vate – van beton-‘eiers’ tot tenke.”

Pietersen sê die beoordelingstandaarde is vanjaar selfs hoër as tevore aangesien nie-ingeskrewe bekroonde wyne vir die eerste keer as blinde maatstawwe gebruik is. “Vir ons as paneel is dit noodsaaklik dat ons die ingeskrewe wyne beoordeel binne die groter raamwerk van die beste wat in dié sektor beskikbaar is. Ek is bly om te kan sê dat selfs gemeet aan dié nie-ingeskrewe wyne, het dié wat ons beoordeel het, nogtans uitstekend gevaar.

“Dit spreek van die gretigheid onder die deelnemers om voortdurend op hul pogings van die verlede te verbeter en deurlopend standaarde in die kategorie te verhoog. Hoewel die toptien hoofsaaklik uit vorige wenners bestaan, is daar ook nuwelinge soos Guardian Peak, Le Belle Rebelle and Lievland. Dit was die patroon die afgelope paar jaar, ongeag die oesjaar of wie die beoordelaars was.”

Vanjaar se wenners is (in alfabetiese orde):

• Bellingham The Bernard Series Old Vine Chenin Blanc Limited Release 2020

• DeMorgenzon Reserve Chenin Blanc 2020

• Guardian Peak Donkiesbaai Steen 2020

• Ken Forrester Terre Noire Chenin Blanc 2020

• Kleine Zalze Wines Vineyard Selection Chenin Blanc 2020

• Kleine Zalze Wines Family Reserve Chenin Blanc 2020

• Le Belle Rebelle Solitude Chenin Blanc 2020

• Lievland Vineyards Old Vine Chenin Blanc 2020

• Simonsig Wines Avec Chêne Wooded Chenin Blanc 2019

• Stellenrust Old Bushvine Chenin Blanc 2020.

Stellenrust het reeds agt keer onder die wenners getel en DeMorgenzon sewe keer sonder onderbreking sedert 2015.Die kompetisie is vanjaar die agtste keer gehou. Elk van die produsente van die toptien-wyne ontvang ’n kontantprys. Dié prys moet aangewend word vir die verbetering van die lewensgehalte van plaaswerkers en/of hul gemeenskappe.

NAVORSING

Mnr. Ken Forrester, medestigter van die Chenin Blanc-vereniging, sê die plaaslike Chenin blanc-produsente se aptyt vir nuwe ontdekkings het daartoe gelei het dat Suid-Afrika die Franse wynbedryf genader het met die voorstel dat hulle saam ? genetiese navorsingsprojek van stapel stuur om besonderse Chenin-klone wat spontaan voorkom, te identifiseer.

“Soos in Frankryk het natuurlike mutasies met verloop van tyd hul verskyning in plaaslike wingerde gemaak. Die genomiese studie wat aan die gang is, is die eerste navorsingsprojek ooit oor kloonidentifikasie by Chenin blanc. Die verwagting is dat ons hierdeur waardevolle insigte sal bekom wat die beskerming van erfenisstokke betref, die opbou van Chenin blanc se aanpasbaarheid by die klimaat en die bevordering van produsente se ekovolhoubaarheid. Deel van die studie sal gewy wees aan die vestiging van ’n stewige, wetenskaplike basis vir die benutting van verskillende klone binne dieselfde wingerd.”

Mnr. Stephan van der Merwe, hoof van Standard Bank se handelsbankbedrywighede in die Wes-Kaap, het daarop gewys dat ouer wingerde die Toptien-kompetisie oorheers het. “Die meeste van die toptien-wyne is gemaak van wynstokke wat minstens 30 jaar oud is. Die oudste is meer as ’n halfeeu gelede aangeplant.

“Ons weet uit die eerste fase van ’n studie wat deur Universiteit van Kaapstad se sakeskool onderneem word dat die ouderdom van die wingerd beduidend tot die gehalte en gevolglik die prys van die wyn bydra. Dit dien toenemend as aansporing vir produsente om hul erfenis te bewaar. Ons hoop dat die gesamentlike kloonstudie met Frankryk hierdie neiging ’n verdere hupstoot sal gee.

“Die internasionale webinaar wat in November deur die Chenin Blanc-vereniging aangebied word, bied ’n verdere geleentheid vir die uitruil van kennis op ’n teoretiese en praktiese vlak bied. Dit beloof goed vir die toekoms van hierdie druifsoort.”

Nog besonderhede oor die webinaar sal binnekort bekend gemaak word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.2%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,782.39
+1.0%
Silwer
23.71
+2.3%
Palladium
2,099.50
+3.8%
Platinum
1,056.88
+1.8%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.3%
Hulpbronne 10
64,002
+0.9%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees maats
Baie toegewyd. Mense mens. Lief vir natuur en avonture daarin. Lief vir motorfietsry en hengel. Lief vir diere. Gelowige wat lewendige verhouding het met Vader en Jesus en...
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot