Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die SKV, verduidelik egter dat daar verskeie faktore is wat daartoe kan lei dat boere besluit om hul sitrusvrugte weg te gooi. Dié faktore het te doen met die ernstige probleme wat die plaaslike sitrusbedryf tans in die gesig staar.
“Die bedryf moet stygende produksie- en insetkoste saam met ’n afname in bruto uitvoerpryse oorkom. Dit sal waarskynlik die volgende paar jaar die geval wees.
“Hierdie omstandighede word vererger deur die groot ekonomiese beperkinge in Suid-Afrika, onder meer voortslepende fiskale druk, aanhoudende beurtkrag, hoë werkloosheidskoerse, en verbruikers en besighede se lae vlakke van vertroue.”