Voortdurende binnelandse en wêreldwye omwentelinge bly maatskaplik-ekonomiese onsekerheid aandryf. Dit het ’n regstreekse invloed op die onmiddellike en langertermyntoekoms van die plaaslike avokadowaardeketting.
Avokado-aanplantings neem fluks toe en is een van die flinkste uitbreidings, Instagram is grasgroen van die plasings, en die markte ís daar – die ongunstige faktore moet net eers uit die weg geruim word.
Ná die finansiële verwoesting wat die covid-19-pandemie vroeg in 2020 meegebring het, het wêreldwye ekonomiese groei in 2021 merkwaardig tot 5,7% herstel.