AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Grenadellaboere moet nou saamstaan

Goeie samewerking tussen grenadellaboere kan hul bedingingsmag bevorder en probleme met verbouing en navorsing uitskakel. Voorts kan formele strukture vir mark ontwikkeling daargestel word. Dit sal groter bestendigheid aan dié bedryf verleen.

"Die een se dood is die ander se brood," lui 'n bekende gesegde. Dit kan toegepas word op die onbestendige landboutoestande in Zimbabwe, wat heelwat deure vir plaaslike boere in veral die uitvoermark oopgemaak het.

Die grenadellabedryf is 'n goeie voorbeeld hiervan, maar plaaslik het navorsing oor grenadellas feitlik tot stilstand gekom weens 'n gebrek aan geld, mannekrag en kennis. Baie boere tas in die duister rond en maak op eie waarneming staat om produksie te verbeter.

Grenadella-verbouing is 'n taamlike klein bedryf, met hoofsaaklik 'n nismark wat met omsigtigheid gehanteer moet word.

Die plaaslike mark is beperk weens 'n gebrek aan behoorlike bemarking en word maklik oorstroom. Om uit te voer, is lonender, maar die EU-standaarde word ál hoe veeleisender.

Voorlopige aanbevelings oor grenadella-standaarde is onlangs vir kommentaar beskikbaar gestel, maar navorsing en verbouingsriglyne skiet ver te kort.

"Een van die grootste probleme in die bedryf is die bestryding van swamme. 'n Mens kan nie grenadellas produseer sonder swambestrydingsmiddels nie en sulke middels is nie geregistreer vir grenadellas nie," sê mnr. Jan Venter, 'n boer van Badplaas. Hy wil boere nou bymekaar kry om 'n vereniging vir dié bedryf te stig.

"Elke boer doen maar wat hy goed dink. Die bedryf het 'n klompie jare gelede 'n opbloei beleef, net om feitlik tot niet te gaan weens siektes. En dít kan weer gebeur." Chemiese maatskappye wat bereid is om meer betrokke te raak, wil weet wat die omvang van die bedryf is om te bepaal of dit lewensvatbaar is om middels daarvoor te registreer. Sulke inligting is egter nie beskikbaar nie.

Op 'n vergadering verlede jaar tussen boere, uitvoerders, chemiese maatskappye en die Departement van Landbou is saamgestem dat dit noodsaaklik is om 'n vereniging tot stand te bring sodat boere as 'n groep groter bedingingsmag kan hê en inligting meer geredelik beskikbaar sal wees.

"Grenadellaboere is op hulself aangewese wat produksie en markte betref. Elkeen stel daarby sy eie riglyne op, maar dit kan op die duur skadelik wees vir die bedryf. Die uitvoervereistes is hoog," sê mnr. Venter.

Die belangrikste uitvoermark vir vars grenadellas is die EU en Engeland. Plaaslik word heelwat pulp bemark, maar mnr. Venter meen georganiseerde strukture moet betrokke raak by die uitvoermoontlikhede - ook vir pulp - omdat hier nie sprake van prysbedinging is nie en die mark as gevolg daarvan onder druk kom.

Produkpryse is baie belangrik omdat dit 'n arbeidsintensiewe bedryf is. Mnr. Venter het 90 werkers wat in spitstye vir hom werk. 'n Produksiehoogtepunt word in Februarie/Maart en weer in Augustus/September bereik. Vir die res van die seisoen gebruik hy 60 werkers. Veertig werkers is permanent in sy diens. Sy oestyd duur 'n bietjie langer as 10 maande, met 2 draseisoene per jaar. Na gelang van die kultivar oes hy 15 t/ha tot 45 t/ha. Met die bestaande amptelike statistiek van 10 t/ha kan 'n mens maar ophou boer.

Mnr. Venter het meer as vier jaar gelede met 2,5 ha begin en is een van die groot boere, met 14 ha onder grenadellas. Hy plant hoofsaaklik Ester en Edulis, terwyl hy met nóg twee soorte eksperimenteer en ook sy eie kruisings ontwikkel. Een van die bedryf se dilemmas is juis die gebrek aan navorsing oor nuwe kultivars en goeie, virusvrye plantmateriaal.

Van die boorde gaan nou 'n vyfde seisoen binne en hy mik na 'n nog langer leeftyd omdat die plante duur is om te vestig. Hy meen dit is moontlik om dit reg te kry met die regte bestuurspraktyke vir die bestryding van siektes en bemesting. Die gemiddelde leeftyd van die aanplantings is drie seisoene. Die plante produseer gewoonlik redelik vinnig. In die eerste seisoen is daar reeds vrugte om te bemark en vanaf die tweede jaar is dit in volle produksie.

Mnr. Venter sê boere tas in die duister op baie terreine weens 'n gebrek aan navorsing. Die Landbounavorsingsraad het riglyne vir grenadellas opgestel, maar dit is baie vaag en bevat nie spesifieke aanbevelings nie.

Sommige boere snoei en ander nie. Daar is voor- en nadele aan albei praktyke verbonde. Mnr. Venter snoei nie omdat die seisoene feitlik aaneen loop en baie vrugte dus weggesny word. Die plantmateriaal word egter baie swaar en dig, wat siektes bevorder.

Grenadellas word in die meeste gevalle as 'n boerderyvertakking en nie as die hoofbedryf beskou nie. Heelwat geleenthede om die produk te bemark, het egter vir plaaslike boere ontstaan weens politieke toestande in Zimbabwe. Dié toestande het baie boere dáár genoop om produksie te staak. Zimbabwe was 'n groot voorsiener van veral Edulis.

Omdat die grootte van die bedryf deur die mark bepaal word, kan formele strukture 'n groot rol speel in die bevordering van dié produk. Die mark het egter sy beperkinge en moet omsigtig gehanteer word om boere in staat te stel om volhoubaar te produseer, sê mnr. Venter.

Dit is 'n warmweer-gewas wat sowat 1 000 mm water in een seisoen benodig. Mnr. Venter gebruik pypleidings vir fonteinwater wat deur middel van druppers tussen plante geplaas word om te voorkom dat oortollige water wortelvrot bevorder. Bemesting word deur middel van die water toegedien.

Hy bemes nou ook 'n eksperimentele aanplanting met kraalmis met die oog daarop om 'n stelsel te ontwikkel om grenadellas organies te verbou. Middels wat op dié aanplanting gebruik word om plae te bestry, gaan gereeld vir residuvlakke getoets word om statistieke op te bou en beter riglyne daaruit saam te stel.

Plante word 2 m uitmekaar geplant en die rye 3 m uitmekaar om genoeg spasie vir trekkerbespuitings te laat. In die reënseisoen word elke twee weke vir swamsiektes gespuit. Insekte word op 'n biologiese manier bestry sodat dit nie nodig is om chemiese middels te gebruik nie. Die verbouing van grenadellas is arbeidsintensief. Dit verg deurlopende onderhoud in die vorm van aanplantings, die bestryding van onkruid en die instandhouding van lanings.

Die vrugte val af en word met die hand opgetel, waarna die stingeltjie met 'n messie verwyder word om te keer dat dit ander vrugte beskadig. Onkruid word gewoonlik met die hand uitgehaal, maar mnr. Venter het onlangs onkruidmiddels begin spuit. Tot dusver werk dit goed, het hy bevind.

In die pakhuis word die vrugte met was bedek (vir 'n langer raklewe) en met die hand en oog volgens kleur en grootte uitgesoek en verpak. Daarna word dit in 'n koelkamer teen 8°C tot 11°C geberg totdat 'n vrag gereed is om lughawe toe te vervoer. Omdat lugvervoer so duur geword het, gaan mnr. Venter vanjaar skeepsvervoer op die proef stel.

Diegene wat 'n vereniging aan die gang wil kry,

kan mnr Venter skakel by tel./faks 017 844 1430, of aan hom skryf by Posbus 206,

Badplaas 1190.

2 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot