AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Groente gee saaiplaas nuwe lewe

Dié Vrystaatse boer het 'n ekstensiewe saaiplaas in 'n uitvoer-groenteboerdery omgeskep.

Dié Vrystaatse boer het 'n ekstensiewe saaiplaas binne tien jaar in 'n

uitvoer-groenteboerdery omgeskep. Nou neem hy dit 'n stap verder

deur hom op biologiese boerdery en die verbouing en bemarking

van 'n mineraalverrykte produk toe te spits.

Veertien jaar gelede het mnr. Hennie Saaiman besluit om van droëland-graan na groente oor te skakel. Omdat bemarking nog altyd sy voorliefde was, het dié nuwe bedryf hom goed gepas.

Hy het sy ekstensiewe graanboerdery, naby Reitz, binne tien jaar in 'n hoogs intensiewe groenteboerdery onder drupbesproeiing omgeskep, met arbeidbestuur en bemarking die hoofslagare.

In 1991 het hy sy eerste babagroente aan Woolworths gelewer. Sedertdien het hy ook na Marks & Spencer in Engeland begin uitvoer. Produkte wat nie aan die buitengewoon hoë standaard van dié twee winkelgroepe voldoen nie, verkoop hy aan ander supermarkgroepe.

Vir die drupbesproeiing gebruik hy opgevangde reënwater en natuurlike waterpanne op die plaas. Terwyl grond geredelik beskikbaar is, is water sy kosbaarste natuurlike hulpbron. Oorhoofse besproeiing sou heelwat makliker gewees het, maar die klimaat en beperkte waterbronne het hom op mikrobesproeiing laat besluit. 'n Groente-oes kos hom nou sowat 3 600 kubieke meter water. Mielies of koring onder spilpunt oor dieselfde gebied sou 6 000 kubieke meter per seisoen benodig.

'n Ooraanbod van goeie werkers in die omgewing het bygedra tot Saaiman se besluit om waardetoevoeging as einddoel vir sy nuwe onderneming te stel. "Daar is baie meer geld buite die plaashek as binne 'n plaas se grense. Dit verg egter groot toewyding en sorg om 'n denkskuif te maak van primêre produksie tot 'n afgeronde produk wat vir verbruik gereed is," sê hy.

Aanvanklik het hy groente in groot maat gelewer, maar sy uiteindelike doelwit was geriewe wat aan Europese standaarde voldoen. Nou is hy een van enkele Woolworths-verskaffers met 'n hoësorg-pakhuis op die plaas wat ook HACCP- en Eurepgap-geakkrediteer is.

Danksy dié akkreditasies aanvaar sy kliënte sy verpakte produk met die etiket op by hul sentrale depots. Met elke opgradering van die produk in die pakhuis het sy wins vergroot.

Eurepgap- en HACCP-dissiplines groei nie oornag op 'n plaas nie, sê Saaiman. Goeie arbeidbestuur was een van die voorvereistes vir geslaagde oorskakeling. Waar hy vroeër 45 heeltydse werkers gehad het, is daar nou op verskillende tye van die jaar 450 tot 800 seisoenswerkers in die Simonsland-boerdery se diens. "In werklikheid voer ons dus arbeid na Europa uit," is sy siening.

Die nuwe minimum loon en die verstewiging van die rand het dit vir hom moeilik gemaak om met ontwikkelinge in die arbeidsmark tred te hou. Die Departement van Arbeid was egter tot dusver tegemoetkomend en het hom uitstel gegee vir die betaling van die minimum loon sodat werkgeleenthede nie verlore gaan nie.

'n Argument waarop hy sterk in sy onderhandelings met die departement steun, is die heffing wat Suid-Afrikaanse uitvoerders aan die Europese Unie moet betaal. "Sodra die Suid-Afrikaanse Regering 'n gunstiger handelsprotokol vir sy boere beding, sal dit 'n enorme bydrae tot die verhoging van ons lonebegroting maak."

Soos alle uitvoerders is Simonsland ook aan die rand se wisselkoersspronge uitgelewer. Met die hulp van kundiges kon Saaiman egter die geldeenheid se verstewiging tot dusver sonder te veel skade absorbeer. Die afgelope drie jaar gebruik hy onder meer mnr. Clem Sunter se vooruitskouings met vrug, want sy begroting vir die afgelope seisoen het hy teen 'n pond-wisselkoers van R11 opgestel. Die geldeenheid het uiteindelik kort anderkant dié koers gedraai.

Saaiman gee groot voorkeur aan markontwikkeling. In 1993 het hy 'n belangrike deurbraak gemaak toe hy die eerste keer Brusselse spruite in die Europese somer daarheen begin uitvoer het. Dié geleentheid het hy op 'n besoek aan Engeland raakgesien en so 'n voorstel aan Marks & Spencer gedoen.

Dit was só geslaag dat die beskeie 250 kg per week wat hy aanvanklik uitgevoer het, gegroei het tot 40 000 kg wat die Britte deesdae in dié tyd per week eet. 'n Paar ander produsente in Suid-Afrika en die res van die Suidelike Halfrond het intussen ook tot dié mark toegetree.

Is appels nog so gesond soos vroeër?

Vrugte en groente se minerale inhoud is een van die jongste gonswoorde op die verbruikersagenda in ontwikkelde lande. Die teorie is dat uitgeputte grond en moderne produksiepraktyke vir 'n historiese afname in die minerale gehalte van dié produkte verantwoordelik is.

In Engeland, waarheen groot hoeveelhede Suid-Afrikaanse produkte uitgevoer word, is dié kwessie in 1997 op die voorgrond geplaas toe me. Anne-Marie Mayer, 'n Britse navorser verbonde aan die Universiteit van Bristol, bevind het dat daar oor 50 jaar 'n betekenisvolle afname in die vlakke van kalsium, magnesium, koper en natrium in Britse groente en van magnesium, yster, koper en potassium in vrugte was. Sy het ook bevind dat die voginhoud van vrugte oor dié tyd toegeneem het.

Mayer het data oor voedselsamestelling van Brittanje se ministerie vir landbou, visserye en voedsel vir haar vergelykings gebruik. Sy het onder meer bevind dat die gemiddelde kalsium-inhoud van groente oor sowat 'n halfeeu tot 81 % van die oorspronklike vlakke verminder het.

Kritici van Mayer se navorsing waarsku egter teen vergelykings van nuwe en ou data omdat die produkte wat getoets is op verskillende plekke en verskillende tye van die jaar geoes is, en waarskynlik in verskillende stadiums van rypheid en van verskillende kultivars was. Hulle meen ook die ouer ontledings is met minder sensitiewe metodes gedoen.

<b<Gesonder kos met biologiese boerdery

Gesonde grond vir gesonde plante, diere en mense (in dié volgorde) is die beginsel waarop mnr. Hennie Saaiman van die Simonsland-boerdery, naby Reitz, sy hele groenteboerdery grond - van produksie tot bemarking.

Dit is nou die tweede seisoen waarin hy biologies boer nadat hy by Australiese kenners oor dié benadering gaan kers opsteek het. Hy het daar 'n reeks kursusse oor die biologiese bestuur van minerale, peste, mikrobes en plante voltooi.

Sy mikpunt is die produksie van mineraalverrykte groente wat verbruikers se gesondheid bevorder - 'n benadering wat hy voluit in sy bemarking in die volgende paar jaar wil inspan.

Van sy belangrikste hulpmiddels is 'n kompostee wat hy met erdwurmmis maak, humien- en fulviensure, en 'n mengsel met basalt-rots wat hy met 'n mikrobe-verrykte kompostee bespuit en oor sy lande uitstrooi.

Saaiman gebruik 60 ton erdwurms in die buitelug in windrystroke om 18 ton mis per maand te produseer. Hy voer hulle groente-afval wat met koringstrooi gefermenteer het.

Die kompostee brou hy deur 1 liter seewier, 5 liter melasse, 2 kg gebluste kalk en 1 kg humate in korrelvorm (met 'n humiensuur-inhoud van 52 %) in 'n tenk van 1 000 liter te gooi. Onderin die tenk plaas hy sowat 50 kg erdwurmmis in 'n sak met gate. Hy vul die tenk met water en gebruik 'n swembadpomp met 'n venturi-klep (wat lug inlaat, maar nie water uitlaat nie) om die water met suurstof te verryk.

Saaiman meen dit is belangrik om kompostee te maak met water wat 'n suurstof-inhoud hoër as 8 % het sodat die grootste persentasie organismes daarin oorleef. Hy toets die tee se suurstof-inhoud met 'n ingevoerde meter.

Hy laat die tee 24 uur lank brou en dien dit binne 4 uur daarna toe. Die tee word teen 'n druk van laer as 1 bar en teen 'n koers van 250 liter/ha breedwerpig oor die lande gespuit. Huidig doen hy dit soveel kere moontlik, maar sy mikpunt is om elke week 50 liter tot 100 liter kompostee per hektaar toe te dien.

Die sukses van die kompostee loop hand aan hand met die toediening van humate in die grond omdat dit as koolstof-voedingbron vir die organismes dien.

Hy dien op sy droëland-aanplantings met planttyd sowat 20 liter opgeloste humate per hektaar toe (in 'n oplossing met 12 % humiensure met 'n katioon-uitruilvermoë van 450).

Dieselfde humaatkorrels word teen 5 kg/ha saam met sy droë kunsmis op droëland-aanplantings toegedien. Altesame 5 % humiensure word saam met al sy chemiese droë kunsmis toegedien.

Op Simonsland se besproeide aanplantings word al om die ander week, dwarsdeur die seisoen, 10 liter vloeibare humate (dieselfde oplossing as op die droëland) deur die druppers toegedien.

Alle insekdoders en blaarvoeding word ter wille van optimale opname saam met fulviensure toegedien. Hiervoor gebruik hy 'n fulviensuur-produk met 'n katioon-uitruilvermoë van 1 400.

Met planttyd buffer hy sy basiese chemiese kunsmismengsels met humiensuur-korrels teen 5 % van die totale kunsmismengsel. Wanneer aanvullende stikstof toegedien word, word die ureum op dieselfde wyse met humiensure gebuffer om plantbeskikbaarheid te verhoog.

Saaiman berei al sy lande in die afseisoen voor met 'n mengsel wat hy as die grondslag van sy biologiese boerdery beskou. Dit sluit in gruisstof van basalt-rots met 'n magnetiese lading hoër as 1 200, om paramagnetisme in die grond te verseker. Dit word met rou humate gemeng, asook 'n kalsium- of magnesiumbron, na gelang van wat die grondontleding oor 'n land se basisversadiging aandui. Mikro-elementtekorte word in dié mengsel aangevul.

Die basalt-rots-humaatmengsel word met 'n biologies verrykte kompostee bespuit - 'n oplossing van mikrobe wat 24 uur lank in kompostee gebrou is. Daarna word die gruisstofmengsel oor die grond uitgegiet - sowat 200 kg/ha tot 600 kg/ha, na gelang van wat die begroting toelaat.

Hy behandel mielie- en koringstrooi op die lande met die organisme Trichoderma om dit binne ses tot agt weke tot 'n bros stadium af te breek. Hy eksperimenteer nou met 'n ander organisme, Mycorrhizae-swam wat wortelgroei aanmoedig. Hy dien Azotobacter-mikrobes met planttyd toe om stikstofbinding uit die lug te bevorder.

Wat sy produksiebegroting betref, bestee Saaiman dié deel van sy oorspronklike kunsmisbegroting waarmee hy nie meer chemiese kunsmis koop nie, nou aan die biologiese produksiemiddele.

Hy sê hy het sy suikerbone wat met die biologiese benadering gevestig is, vanjaar nie een keer vir roes gespuit nie, terwyl hy vroeër gewoonlik vier keer moes spuit. Die biologiese boerbone-oes se mineraalstatus was volgens sy toetse 17 % beter as op 'n kontrole-land.

Sy grondontledings word volgens die waterekstraksie-metode gedoen. Hy laat bepaal ook sy grond se organiese inhoud en die basisversadiging van katione.

8 Julie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van a&#314;l black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot