AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Groentetuin-projek voorsien groente, vrugte vir 30 Paarl-gesinne

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links na regs is mnre. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Meyer Conradie, Wikus van Rooyen, en me. Erna Asbury van mede-eienaar van GEE Projects. Foto: Verskaf
Van links na regs is mnre. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, Meyer Conradie, Wikus van Rooyen, en me. Erna Asbury van mede-eienaar van GEE Projects. Foto: Verskaf
’n Selfonderhoudende gemeenskapsgroentetuin wat binnekort in die Paarl gevestig sal word, sal vars groente en vrugte aan 30 gesinne in hierdie dorp voorsien.

’n Selfonderhoudende gemeenskapsgroentetuin, wat vars groente en vrugte aan 30 gesinne sal voorsien, sal binnekort deur MOSAIC Gemeenskapsontwikkeling, GEE Projects en Agri Wes-Kaap in die Paarl gevestig word.

Me. Carien Möller, kommunikasiebestuurder by MOSAIC, sê die covid-19-pandemie was te midde van bestaande probleme met voedselsekerheid ’n groot slag vir menige gesin, soos die 34 pleegouers wat deel maak van dié gemeenskapsontwikkelingprogram en tans 95 weeskinders in die Paarl versorg. Volgens haar sal toegang tot vars groente en vrugte ’n besonderse impak op dié gesinne se lewe hê.

“Ons pleegouers is vreeslik opgewonde om vars groente en vrugte by hul huise te hê, veral omdat hulle daarmee kan kook. Ons ma’s is gewoonlik tannies en oumas wat kinders inneem, en wat altyd net liefde het om te gee. Dit is lekker om hulle so opgewonde te sien.”

Die doel van dié projek is ook om kennis en vaardighede oor te dra sodat gesinne volhoubaar kan lewe.

Me. Erna Asbury, mede-eienaar van GEE Projects, het al voorheen ’n soortgelyke groentetuin op die been help bring. Sy sê so ’n projek werk baie goed en is waardevol vir ’n gemeenskap.

“Die kinders leer oor tuinmaak en bring tyd saam met hul gesinne in die tuin deur. Besigheidsvaardighede word ook aangeleer omdat die groente in die gemeenskap verkoop word.”

Asbury sê die ontwikkeling van die tuin gaan binnekort begin. GEE Projects het die uitleg van die tuin onderneem en ook vrugtebome vir die projek geskenk.

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die vestiging van die groentetuin is ’n wonderlike inisiatief. “Die oordrag van dié tipe vaardighede en kennis is van onskatbare waarde. Hoewel dit op kleiner skaal gedoen word, moet die impak van so ’n projek nie onderskat word nie. Dit is vir Agri Wes-Kaap ’n voorreg om bystand te kan bied.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot