AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Groot Constantia se bekroonde wynmaker emigreer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die bekroonde wynmaker, Boela Gerber, verlaat die Groot Constantia wynlandgoed om na Amerika te emigreer. Foto: Verskaf
Die bekroonde wynmaker, Boela Gerber, verlaat die Groot Constantia wynlandgoed om na Amerika te emigreer. Foto: Verskaf
Oor ’n paar weke gaan mnr. Boela Gerber, bekroonde wynmaker van Groot Constantia, en sy gesin hul tasse pak en na ’n 300 jaar oue, prentjiemooi dorp, Monticello, in die Amerikaanse deelstaat Virginia emigreer. Hy was 23 jaar by dié landgoed.

Dit is hier waar hy die “tweede hoofstuk” van sy lewe gaan afskop en as wynmaker sy voete, saam met mense van oor die wêreld heen, in Amerikaanse druiwe gaan druk. 

Virginia het meer as 350 wynkelders en is tans die agtste grootste wynboudeelstaat in Amerika.

“Ek is vanjaar 50 en het besef ek wil die volgende paar jaar iets heeltemal anders doen. Ek het gereeld na onder meer Italië, Spanje, Frankryk en Kalifornië gereis om meer van hul wynmaakprosesse te leer. Ek het daardie ervaringe ontsettend baie geniet,” vertel Gerber aan Landbouweekblad

“Toe ’n vriend vir my van die geleentheid by die Amerikaanse kelder vertel, het ek die kans met albei hande gegryp. Dis ’n nuwe geleentheid.

 “En gelukkig het my vrou ingestem!” vertel hy laggend.

Gerber sê dat sy 23-jarige diens by een van Suid-Afrika se mees ikoniese wynkelders ’n droomwerk vir enige wynmaker was.

Hoewel hy en sy vrou, Michaela, ’n fisoterapeut, en hul twee kinders, Georgie (6) en Anton (5), opgewonde is oor die Groot Trek, was dit nie ’n maklike besluit om te neem nie, erken hy.

“Groot Constantia Wynlandgoed en die span sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê, en ek is ongelooflik trots op wat ons bereik het. Ek is lief vir die plek, daar is geen ander soos dit in die wêreld.”

Mnr. Jean Naudé, uitvoerende hoof van Groot Constantia, sê hulle ondersteun Gerber se besluit ten volle om vars uitdagings en nuwe horisonne, ná soveel jare as ’n kampioen onder Suid-Afrikaanse wynmakers, te gaan soek.

Van student na kampioen

En ’n kampioen onder wynmakers is Gerber beslis, maar op universiteit was dit nooit sy plan nie.

As eerstejaarstudent het hy ingeskryf vir ’n BSc-graad aan die Universiteit Stellenbosch.

In Dagbreek, die manskoshuis waarin hy was, het sy kamermaat, wat wynkunde studeer het, hom gevra wat hy met ’n BSc wil doen. Dit het nie veel gekos om Gerber te oortuig dat wynkunde “’n lekkerder rigting” is nie.

Kort daarna is Gerber huis toe om sy ouers te vertel van sy plan om van studierigting te verander.“

Dit was sommer net so, onbepland,” sê hy en lag wanneer hy aan sy koshuisdae terugdink.

Min het hy geweet hoe suksesvol hy daarin sou wees.

Boela Gerber
Gerber word as 'n kampioen onder Suid-Afrikaanse wynmakers beskou. Foto: Verskaf

“Boela het oor die jare ’n aansienlike impak op Groot Constantia gemaak – hy het nie net ’n sleutelrol gespeel in ons doel om deurlopend goeie wyne te maak nie, maar hy het sy vaardige sakevernuf aan alle aspekte van die besigheid geleen – van verpakking tot bemarking, verkope en omtrent alles tussenin. Die span het heelwat by Boela geleer en ons sal voortgaan om in kontak te bly en sy verwagte voortgesette sukses te monitor.”

Naudé vertel hoe Gerber en hyself in 2003 hand aan hand gewerk het aan 'n wingerdvernuwingsplan wat daartoe gelei het dat Groot Constantia wêreldklaswyne geproduseer het wat top-toekennings in internasionale kompetisies wen. 

Groot Constantia adverteer tans Gerber se pos as wynmaker by die landgoed. 

“Ons sien daarna uit om ons nuwe wynmaker te verwelkom en om Groot Constantia se nalatenskap van volgehoue wynmaakuitnemendheid voort te sit,” sê Naudé.

Hy het geen raad vir die nuwe wynmaker nie, vertel Gerber. 

“Na só lank in die pos sal dit goed wees om iemand nuut aan te stel met opwindende en vars idees. ’n Nuwe besem is goed.

"Iemand wat kan voortbou op die beste wat ons bereik het, en kan verbeter op die plekke waar ons tekort geskiet het.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot