AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Groot wynvoorraad plaas bedryf ‘op gevaarlike plek’

akkreditasie
Die wyndruifoes het vanjaar sowat twee tot drie weke later as gewoonlik begin, en ook baie lank aangehou. Die oes is meer as 3% groter as verlede jaar. Wingerdboukundiges soos me. Isabel Teubes van Nederburg sê die stadige rypwording het gesorg vir uitstekende geur en kleur in die druiwe. Foto: Nederburg
Die wyndruifoes het vanjaar sowat twee tot drie weke later as gewoonlik begin, en ook baie lank aangehou. Die oes is meer as 3% groter as verlede jaar. Wingerdboukundiges soos me. Isabel Teubes van Nederburg sê die stadige rypwording het gesorg vir uitstekende geur en kleur in die druiwe. Foto: Nederburg
Produseer minder, wys dit wat jy wél produseer na ander bronne (soos konsentraat) toe, of verkoop eenvoudig meer wyn.

Dít is basies die opsies vir die wynbedryf wat hom tans in ’n benarde situasie bevind wat voorraadvlakke betref, het mnr. Christo Conradie, bestuurder van wynkelders by Vinpro, op dié organisasie se virtuele inligtingsdag vir die Worcester- en Breedekloofstreek gesê.

Die totale wyndruifoes het vanjaar sowat 1 388 000 ton beloop. Dit is sowat 3,2% groter as verlede jaar.

“Dit beteken hier lê 827 miljoen liter wyn wat verkoop moet word,” het Conradie gesê.

Verlede jaar kon die bedryf slegs 680 miljoen liter wyn van die hand sit en die vorige jaar altesaam 735 miljoen liter. Sy projeksies toon die bedryf sal vanjaar na verwagting 765 miljoen liter wyn plaaslik en oorsee kan verkoop.

“As ons dit wel regkry om vanjaar 765 miljoen liter wyn te verkoop, sit ons met ’n voorraadvlak van 683 miljoen liter wyn. In 2019 was die voorraadvlak 452 miljoen liter wyn en verlede jaar 650 miljoen liter wyn.”

Conradie het gesê kelders se direksies en hul lede sal “harde gesprekke” moet hê oor die pad vorentoe. Hoewel Covid-19 ’n groot slag vir die bedryf was, het Conradie beklemtoon die bedryf se probleme het al lank voor dit begin.

“Die afgelope twintig jaar het verkope en produksie redelik na aan mekaar beweeg, maar van 2018 af kan ons sien hoe produksie toeneem, sonder dat verkope tred hou. Ons is by ’n gevaarlike punt wat voorraadvlakke betref, want die afgelope drie, vier jaar neem dit net toe.”

Dit is gesond om sowat vier tot vyf maande se voorraad te dra, maar tans sit die bedryf met sowat elf maande se voorraad in kelders.

Volgens Conradie het pryse nog nie so skerp gedaal as wat ’n mens sou verwag nie, maar dit is bloot omdat daar nog nie baie wyn verhandel is nie.

“Die oomblik dat jy besluite moet neem teen watter prys wyn by kelders uitry, glo ons daar gaan ’n redelike skuif in die prys per liter kom. Pryse kan vanjaar skerper daal as verlede jaar.”

Minder wingerd

Tans is sowat 92 000 ha wingerd in die bedryf gevestig, maar Conradie glo dit gaan oor die volgende vyf jaar tot sowat 85 000 ha afneem. Dit behoort ’n daling van ongeveer 52 miljoen liter witwyn en sowat 10 miljoen rooiwyn teweeg te bring.

“Direksies en wingerdboukundiges sal leiding moet gee, want ons kan eenvoudig nie aanhou produseer in ’n mark waar die volumes reeds te veel is, en dan verbaas wees as die pryse bly daal nie.”

Bykans 70% van die wyn wat verlede jaar in Suid-Afrika verkoop is, het minder as R30 per bottel gekos. Wyn wat duurder as R75 per bottel was, het net 9% van die mark uitgemaak.

Uitvoer was egter gunstig, en was vir die eerste paar maande van die jaar meer as in 2019.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.77
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil leer mey ander deel
Ek probeerom ander mense op te helder en ek hou ook baie van eet. Ek hou daarvan om ui te eet en ook om my eie kos te maakEk hou daarvan om aktief te wees deur bergfiets te ry...
Ek kan baie waarde toevoeg tot jou lewe...
Ek is n vrou met sagtheid en n vriendelike geaardheid. Dit sal vir my lekker wees om n man se huis in n heerlike tuiste te omskep waar vriende en familie saam kan kuier. Eensaam...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot