AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Gunstiger tye wag op vrugteboere

Beter vooruitsigte vir die verskillende vrugtebedrywe is tydens 'n onlangse konferensie oor vooruitskouings vir die landbou in Port Elizabeth geskets. Twee kenners gee hul siening hieroor.

Die huidige seisoen stel groter eise aan bemarkers as verlede seisoen, toe Suid-Afrikaanse sitrusvrugte in 'n taamlik ondervoorsiene mark verkoop is. In sensitiewer en hoëpremie-markte was daar dié seisoen redelik groot oordragvolumes, terwyl Europa een van sy beste somervrugseisoene nog ondervind het.

Desnieteenstaande dié hekkies het Suid-Afrika veral met sy sagte sitrus besonder goed gevaar, het mnr. Gerrit Booyens, hoofbestuurder van Sitrus SA, op die konferensie gesê.

Die bydrae wat die produsentgedrewe Sagte Sitrus Forum gelewer het om dissipline te skep wat laai-, kaai-, ouderdom- en gehaltepraktyke betref, het tot dié sukses bygedra. Die gevolg is dat 'n uitstekende produk met 'n lang raklewe verbruikers in die buiteland bereik het.

Hoewel pomelo's in die algemeen nie te sleg gevaar het nie, is dit duidelik dat die verbruikersvoorkeur ál meer ten gunste van Star Ruby neig en dat die wit Marsh in Europa in onguns raak. Selfs in die Japanse mark, waar aanvanklik 70 % Marsh en 30 % Star Ruby verkoop is, is die verhouding tans 60:40. Dit kan mettertyd verder in die guns van Star Ruby swaai.

Die nawelseisoen het goed begin, maar pryse het mettertyd gedaal. Die aanvanklik hoë pryse het tot die opbou van voorrade gelei en die bedryf sal veral moet waak daarteen om nie te veel klas 2-nawels uit te voer nie.

Vanjaar sal waarskynlik 4,5 miljoen tot 5 miljoen kartonne suurlemoene uitgevoer word - 1 miljoen kartonne minder as wat aanvanklik verwag is. Boetiekverpakkings sal al hoe belangriker word vir dié vrugsoort, sê mnr. Booyens.

Die amptelike lidmaatskap van Sitrus SA, bereken op grond van heffings gevorder op die aantal kartonne verpak, beloop ongeveer 74 %. Van die groter produsente-uitvoerders wat nie noodwendig lid van Sitrus SA is nie, is wel lid van die Uitvoerdersforum.

Hy sê 'n verdere konsolidasie tussen produsentegroeperinge sal waarskynlik meer momentum kry, selfs tussen boere in die noordelike en suidoostelike streke van die land.

Die markte is ook besig om hul verskaffingsbasis te konsolideer en verkies 'n gefokusde voorkeurverskaffer, wat gewaarborgde hoeveelhede kan lewer.

Betroubare inligting in dié bedryf bly steeds 'n knelpunt waaraan aandag gegee sal moet word om te verseker dat daar nie bloot op grond van beloftes besluite geneem word nie. Daar moet daarteen gewaak word om die devaluasie van die rand deel te maak van enige toekomsbeplanning. Dissipline en gehalte is belangriker.

Nasporing is belangrik, maar terselfdertyd wil produsente weet waar hul eie vrugte op 'n bepaalde tydstip is. Die boer se spesifieke pakkode, eerder as die handelsmerk op die karton, is 'n aspek waaraan kopers ál meer aandag gee.

Sowat 58 miljoen kartonhouers (van 15 kg elk) sitrusvrugte sal na verwagting die huidige seisoen uitgevoer word vergeleke met die 55 miljoen verlede seisoen. Die EU en Brittanje is steeds die belangrikste mark, gevolg deur die Midde-Ooste, Japan, Asië en die gebied om die Middellandse See. Amerika, Kanada en die Indiese Oseaan-Eilande is laer op die ranglys.

Suid-Afrika beklee tans die elfde plek (voorheen 13de) wat sitrusproduksie betref, maar tel onder die wêreld se drie grootste uitvoerders en die grootste in die Suidelike Halfrond.

SAGTEVRUGTE

Die swak ruilwaarde van die rand teenoor die geldeenhede van die belangrike verbruikerslande, en die feit dat die sagtevrugtebedryf beter georganiseer is as drie jaar gelede, voorspel 'n beter toekoms vir veral appel- en peerprodusente, het dr. Daan Louw, bestuurder van die CIAMD in die Wes-Kaap, gesê.

Danksy die gebruik van die biotegnologie kan nuwe kultivars ook vinniger ontwikkel word. Tradisioneel het dit tot 25 jaar geduur om 'n nuwe kultivar te ontwikkel. Dieselfde werk kan nou in 15 jaar gedoen word.

Onder die appels lyk Cripps' Pink, wat onder die handelsnaam Pink Lady bemark word, na 'n wenner. Granny Smith en Golden Delicious moet egter nie afgeskryf word nie omdat Suid-Afrika, wat eersgenoemde kultivar betref, steeds die grootste produsent in die Suidelike Halfrond is.

Finansiële druk het onder meer veroorsaak dat appel- en peerboere voorheen nie 'n wye verskeidenheid kon aanbied nie, maar sake het nou 'n gunstiger wending geneem.

Europa is steeds die belangrikste mark vir plaaslike steen- en sagtevrugte. Die Oosterse en Midde-Oosterse markte moet egter nie buite rekening gelaat te word nie. Hoewel dit moeilik is om in laasgenoemde 'n vastrapplek te kry, toon dié mark groot groeimoontlikhede.

Die plaaslike mark bly belangrik omdat meer as die helfte van die vrugte binnelands verbruik word. Hoër pryse is nietemin verbruikers se voorland. Wat sapuitvoer betref, oorheers China die buitelandse mark en is dit moeilik vir ander lande om winsgewend mee te ding.

Tegnieke en middels wat verseker dat vrugte langer opgeberg word, moet met 'n mate van agterdog bejeën word. Langer opberging beteken ook dat voorrade makliker kan opbou, wat ook weer probleme skep.

Die grootste bedreiging is 'n gebrek aan betroubare syfers en logistieke vermoëns. Daar moet in gedagte gehou word dat dit tot R200 000 kos vir elke dag wat 'n houerskip vertraag word.

Dr. Louw meen daar moet voortgebou word op die sinergie wat reeds tussen die sagtevrugte-, subtropiese vrugte- en sitrusbedryf aan 't ontwikkel is. Fruit SA speel 'n belangrike rol in dié verband.

11 Oktober

2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot