AFGRI
BEAN
28 Okt
-
7240
147,00
CORN
28 Okt
-
3405
122,00
SOYA
28 Okt
-
7440
-15,00
SUNS
28 Okt
-
9799
172,00
WEAT
28 Okt
-
5880
80,00
WMAZ
28 Okt
-
3320
49,00
YMAZ
28 Okt
-
3476
69,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Handelaar se hulp laat spinasieboer se besigheid groei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Kepas Melodi verskaf nou gereeld groenboontjies, brandrissies en botterskorsies aan Shoprite-winkels in Gauteng en Mphumalanga. Foto: Verskaf
Mnr. Kepas Melodi verskaf nou gereeld groenboontjies, brandrissies en botterskorsies aan Shoprite-winkels in Gauteng en Mphumalanga. Foto: Verskaf
Danksy die aankoopspan by Shoprite se praktiese benadering en ’n gaping in die mark, kon ’n kleinboer van Gauteng daarin slaag om die boerdery in sy agterplaas in ’n suksesvolle besigheid te omskep.

Danksy die aankoopspan by Shoprite se praktiese benadering en ’n gaping wat hy in die mark opgelet het, kon mnr. Kepas Melodi, ’n kleinboer van Gauteng, daarin slaag om die boerdery in sy agterplaas in ’n suksesvolle besigheid te omskep. Hy is nou ’n verskaffer vir dié kleinhandelaar in Gauteng en Mpumalanga.

Volgens Melodi het die verhouding wat tussen boere soos hy en Shoprite se aankoopspan gebou word, ’n gevoel van sekerheid in ’n soms onvoorspelbare bedryf geskep omdat hy ’n beter idee gehad het van wanneer en wat hy moet plant om sy grond optimaal te benut en te midde van die Covid-19-pandemie sy besigheid uit te bou.

Die harde werk het egter lank voor die pandemie begin toe hy jare gelede besef het daar is ’n tekort aan spinasie op die Hazyview-varsproduktemark, waar hy gewerk het. Hy het toe daarmee in sy agterplaas begin boer.

Hy het aanvanklik sy spinasie op varsproduktemarkte en deur smouse verkoop. Dit het egter die invordering van winste en aanplanting bemoeilik. “As die aankoper op die mark nie al my voorraad koop nie, moes ek baie hard probeer om die surplus te verkoop. Daar was baie probleme met die insameling van die geld wat tot gevolg gehad het dat baie van my voorraad vermors is.”

Alles het egter in 2012 verander toe hy ’n paar kratte groenboontjies en mielies aan Shoprite-winkels in Gauteng begin verskaf het. “My onderneming werk nou soveel beter. Ek kan dit wat die aankopers wil hê, aan hulle voorsien en die opbrengs van my harde werk gaan direk na die bank toe.”

Hy verskaf nou gereeld groenboontjies, brandrissies en botterskorsies aan Shoprite-winkels in Gauteng asook Mphumalanga en werk nou saam met mnr. Khutso Rapudubudu, sy aankoper by Shoprite, wat hom goed ingelig hou oor markverwante kwessies. Dít is volgens Melodi noodsaaklik veral wanneer hy beplanning moet doen.

“Hy en sy span sal my aanraai om spesifieke produkte aan te plant as hulle skaars is. Die span gee ook raad oor geleenthede, soos wanneer boere elders sekere produkte nie kon voorsien nie. Hulle help my ook met omgewingskwessies, soos gewassiklusse, sodat ek ingeligte besluite kan neem.

“Vanjaar het hierdie verhouding my baie gehelp. Ek het ’n goeie verhouding met Shoprite en praat gereeld met hulle. Wanneer ek plant, het ek ’n mate van sekerheid en weet ek waarheen ek my produkte sal neem.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.11
-0.3%
Rand - Pond
20.85
-0.8%
Rand - Euro
17.66
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.41
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,799.98
+0.2%
Silwer
24.06
+0.1%
Palladium
1,993.00
+1.5%
Platinum
1,024.50
+1.3%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
61,093
+0.4%
Alle aandele
67,760
+0.4%
Hulpbronne 10
63,494
+0.7%
Industriële 25
87,815
+0.6%
Finansiële 15
13,964
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Respek is wat ek het en soek.
Ek is iemand wat ander inspireer en n leier. Ek wil iemand spesiaal gelukkig maak en die einde van my lewe mee deurbring.
Romantic
Neat and tidy. Fun loving. Loyal honest and love the outdoors. Love the Bush. Take me to the bush for a walk or a braai before taking me to a mall. Love sitting in the Bush...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot