Dit help die bedryf om ’n taamlik nuwe gehaltegraderingstelsel vir gefermenteerde heuningbostee ten beste te benut sodat gehalteprodukte gelewer kan word.
Die handleiding, Grading of fermented honeybush tea, an illustrated guide, is in 2021 deur navorsers by die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Universiteit Stellenbosch (US) bekend gestel. Die samestelling daarvan is deur die DWI/LNR-heuningbosprojek ondersteun.
Dit bevat raad oor hoe mense in die bedryf wat by gehaltebeheer, produkontwikkeling en bemarking betrokke is, die gehaltegraderingstelsel optimaal kan gebruik, asook hulpmiddels vir die evaluering en bemarking van heuningbostee wêreldwyd.