AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Heuningbye gee bloubessies woema

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Heuningby op die bloubessieblomme. Foto: Verskaf
’n Heuningby op die bloubessieblomme. Foto: Verskaf
Met plaaslike heuningbye in bloubessie-aanplantings as bestuiwers sal boere se oeste swaarder, groter en gouer ryp wees.

Luidens ’n studie deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch is heuningbye nuttige bestuiwers van bloubessies aangesien hulle die gehalte en grootte van die oes verbeter.

Die studie getiteld “Assessing the effectiveness of honey bee pollinators for cultivated blueberries in South Africa” is deur dr. Keanu Martin, prof. Bruce Anderson, dr. Corneile Minnaar en dr. Marinus de Jager, verbonde aan die US se departement plant- en dierkunde uitgevoer. Dit verskyn in die vaktydskrif South African Journal of Botany.

“Ons het bevind heuningbye is gewoonlik baie voordelig en kan betroubare bestuiwers van bloubessies wees, selfs in gebiede waar daar nie natuurlike bloubessiebestuiwers soos hommelbye is nie,” sê die navorsers.

Hulle bevindinge toon dat heuningbye vrugteproduksie en -gehalte verbeter, met vrugte wat vinniger ryp word as wanneer daar geen bestuiwers is nie.

Hulle het die uitwerking van bestuiwing deur heuningbye op die vrugte-oes van vyf bloubessiekultivars wat kommersieel in Suid-Afrika verbou word, naamlik Emerald, Eureka, Snowchaser, Suziblue en Twilight getoets. Vir elke kultivar is die voordeel van die heuningbye tussen vrugte-oeste met blootstelling en sonder blootstelling aan heuningbye getoets. Hulle het ook die bestuiwingstekort bereken vir die verskil in opbrengs tussen oeste waar handbestuiwing gebruik en oeste waar daar blootstelling aan bye was.

Vir die studie is 15 korwe per hektaar, die gemiddelde kommersiële korfdigtheid, op ’n bloubessieplaas in die Wes-Kaap geplaas. Die studie was gemik op vrugte wat verbou is waar die blomme met sakke toegemaak is en nie bestuif kan word nie, blomme wat oop is vir heuningbybestuiwers en vrugte wat met die hand bestuif word. Tydens die studie van 280 uur is slegs heuningbye as bestuiwers op die blomme waargeneem.

Rypwordtyd verkort?

Die navorsers het bevind dat die heuningbye die gereedheid vir pluk, grootte en gewig van die bloubessievrugte van verskeie kultivars verhoog het in teenstelling met vrugte wat in die afwesigheid van bestuiwers verbou is. Dit blyk ook asof die rypwordtyd van die vrugte in al die kultivars danksy die heuningbye verkort is.

bloubessies, bye
Ter illustrasie. Foto: Verskaf

Die kultivars Emerald, Snowchaser, Twilight en Ventura het die belowendste resultate getoon. Die heuningbye het ’n kleiner uitwerking op die resultate van die kultivars Eureka en Suziblue gehad het. Die uitslag is moontlik omdat sommige kultivars selfbestwuiwend is of as heuningbye groot hoeveelhede stuifmeel van dieselfde kultivar deponeer.

Die navorsers sê hoewel heuningbye nuttige bestuiwers is in gebiede waar natuurlike bestuiwers vir bloubessies afwesig is, is dit belangrik om bloubessiekultivars te kies wat goed sal vaar met heuningbye as primêre bestuiwers.

Verdere navorsing

“Verdere navorsing is nodig om te bepaal watter bloubessiekultivars die beste sal vaar in toestande waar kommersiële bestuiwing deur heuningbye toegepas word, wat maak dat kultivars ’n sukses is of nie, watter kultivars kan doeltreffend deur heuningbye bestuif word en watter kultivars benodig ander doeltreffende metodes om vruggehalte te verbeter.”

Hulle sê dit is daarom belangrik dat die voordele van heuningbye vir verskillende bloubessiekultivars bepaal word sodat onpartydige besluite geneem kan word oor die waargeneemde behoeftes vir die invoer van nuwe bestuiwers geneem kan word. Dit kan die bedryf in staat stel om intelligenter te boer met kultivars wat beter vaar met bestuiwing deur heuningbye.

Volgens dr. Keanu Martin, die hoofouteur, sluit dit onder meer besluite in rondom die invoer van oorsese bestuiwers soos die hommelby.

“Ons moet seker maak dat ons die nadelige aspekte in ag neem wat so ’n stap kan veroorsaak ten spyte van die belowende moontlike opbrengs. In die geval van die hommelby moet ons verstaan dat die invoer van hommelbye ’n verwoestende uitwerking sal hê op plaaslike heuningbye, asook ons natuurlike blomveld aangesien die hommelby ekostelsel-ingenieurs is.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot