Die wenner van vanjaar se Hexrivier-tafeldruif wingerdblokkompetisie is mnr. Theuns Rabie van Buffelsrug, wat met 'n blok Crimson Seedless die prysgeld voor die neuse van 19 deelnemers weggeraap het. Altesame 26 blokke gevestigde wingerd en sewe blokke jong wingerd is vanjaar ingeskryf.
In die tweede plek was mnr. Marinus Naudé van Welgemoed met 'n blok Sunred Seedless, en derde was mnr. Paul Joubert van Môredou, ook met 'n blok Crimson Seedless.
Die wenner van die jongblok-kompetisie is mnr. Robert Brown van Kanetvlei, terwyl mnr. Theuns Rabie in die tweede plek en mnr. Hendri van Zyl van Mon Repos in die derde plek was. Al drie die wenblokke in die jongblok-kompetisie was van die kultivar Autumn Royal.
28 Januarie 2009