AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Hitte laat druiweboere groot skade ly

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tafeldruiwe. Foto: Johan Coetsee
Tafeldruiwe. Foto: Johan Coetsee
Sommige boere moes hele blokke tafeldruiwe afskryf.

’n Hittegolf laat in Januarie het tot groot verliese met tafeldruiwe in die Olifantsriviervallei gelei.

Volgens die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf (Sati) was daar in sommige gevalle verliese van tot 25%. “Algemene klimaatskwessies” soos donsskimmel en reën buite seisoen het ook tot die skade bygedra.

Mnr. Nico Greeff van die Greeff-boerdery by Vredendal sê daar is boere in die omgewing wat hele blokke tafeldruiwe moes afskryf. Op ander plase het kultivars soos Sweet Celebration en Sweet Sapphire pak gevat. Boere wat verwag het om 4 500 kartonhouers tafeldruiwe van ’n hektaar te pak, moes met net 2 000 tevrede wees.

Volgens mnr. Morné Paxton, hoofproduksiebestuurder by Thornriver Creek op Trawal, is dit die eerste keer in 12 jaar dat hy sulke toestande in die omgewing ervaar.

“Dit was ’n baie koel somer, tot ons die skielike hitte ervaar het. Ons het ook al 90 mm reën in die vorm van donderbuie en wolkbreuke van Desember tot nou gehad, hoewel ons nie ’n somerreënstreek is nie en gewoonlik 90 mm tot 100 mm vir die hele winter kry.”

Kwik bo 40  ?C

Greeff sê die hittegolf wat soveel skade veroorsaak het, was sowat tien dae gelede toe dit drie dae lank warmer as 40  ?C was. “Die een dag was dit 44,5  ?C,” vertel hy.

Paxton sê veral rooi kultivars, wat al effens oorryp was, soos Sweet Celebration en Crimson Seedless, het pap geraak.

“As gevolg van die reën in Desember het ons stadiger gepak as wat ons moes, daarom het die druiwe nog aan die stokke gehang.”

Die gebied het pas weer drie dae agter die rug waartydens die kwik bo 40  ?C gestyg het. Voorspellings dui ook dat temperature die komende naweek weer by 40  ?C gaan draai.

“Ons sal alles probeer afkry wat kan skade kry,” sê Paxton.

Greeff sê tot dusver kon hulle skade in sy boerdery beperk deur besproeiing “op die maksimum te stel”.

“Gelukkig is ons watersituasie tans goed. Ons dam is sowat 20 persentasiepunte voller as gewoonlik hierdie tyd van die jaar.”

Donsskimmel

Volgens Greeff het produsente vanjaar ook las van donsskimmel. Aangesien dit so ná aan oestyd kop uitgesteek het, kon hulle nie daarvoor bespuit nie.

Die skade in die Olifantsriviervallei, die kleinste van Suid-Afrika se vyf produksiestreke, het nie Sati se oesskatting belemmer nie.

“Ondanks die kwessies sal die streek steeds na verwagting die onderste grens van sy oesskatting bereik,” lui ’n verklaring. Dit kom neer op sowat 4,3 miljoen kartonhouers druiwe (4,5 kg-ekwivalent).

Goeie oes in groot streke

Die bedryf verwag om in sy geheel vanjaar van 70,6 miljoen tot 77,7 miljoen kartonhouers druiwe te pak.

Die drie grootste tafeldruifstreke, die Oranjerivier, Bergrivier en Hexrivier, sal moontlik ’n raps meer druiwe oes as wat aanvanklik geskat is.

“Die vertragings in die Kaapstadse hawe bly ’n kwessie. Die situasie toon ietwat verbetering, maar dit is nog steeds te stadig gegewe die spitsverskepingstye wat voorlê,” lui Sati se verklaring.

“Die probleme kry aandag en word op die hoogste vlak opgevolg tussen die bedryf en hawe-owerhede.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is n introvert, baie lief v die natuur
Rustige liefde volle mens wat n maat soek wat lief kan he en na mekaar kan luister, en net die lewe geniet
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot