Hy het drie nuwe wapens ontplooi wat tot olyfboere se redding gaan kom – die honde Snoopy, ’n Spanjoel, Lulu, ’n Belgiese Herdershond, en Ellis, ’n Golden Retriever. Dié span honde is opgelei om die bakterie Xylella fastidiosa uit te snuffel.
Dit word deur insekte oorgedra en het olyfboorde in Puglia, die streek wat bekend staan as die “hak van die Italiaanse stewel”, verwoes.
In die afgelope dekade het meer as 21 miljoen bome in die streek gevrek.