AFGRI
BEAN
02 Des
-
9316,8
-48,20
CORN
02 Des
-
4584,8
34,80
SOYA
02 Des
-
10680
80,00
SUNS
02 Des
-
10820
-66,00
WEAT
02 Des
-
6835
-42,00
WMAZ
02 Des
-
5090
-37,00
YMAZ
02 Des
-
4559
-1,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Hortfin en FNB stel nuwe transformasieskema bekend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pruime word gepak. Foto: Verskaf deur Hortgro
Pruime word gepak. Foto: Verskaf deur Hortgro
Hortfin, wat transformasie in die vrugte-, tafeldruif- en wynbedryf in die hele waardeketting bevorder, het ’n nuwe vennootskap met FNB as finansiële rugsteun aangekondig.

“Die landbou in die Wes-Kaap genereer jaarliks meer as R64 miljard, en 55% van alle Suid-Afrikaanse landbouprodukte wat uitgevoer word, kom uit dié provinsie,” het dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou tydens ’n bekendstellingsfunksie by Klein Joostenberg naby Stellenbosch gesê waartydens Hortfin en FNB hul nuwe gesamentlike transformasieskema bekend gestel het.

Hortfin, wat transformasie in die vrugte-, tafeldruif- en wynbedryf in die hele waardeketting bevorder, het ’n nuwe vennootskap met FNB as finansiële rugsteun aangekondig met die samewerking van The Jobs Fund, wat projekte in die landbou én openbare sektor help finansier vir werkskepping.

Die vennootskap-ooreenkoms het ten doel om transformasie-landbouprojekte se volhoubaarheid te verseker. Meyer het gesê hy is baie opgewonde daaroor. Dit is duidelik dat FNB die goeie ekonomiese vooruitsigte van landbou in die Wes-Kaap deeglik besef en die geleentheid aangegryp het om deel te word daarvan.

Hortfin,
Sprekers op die bekendstelling van ’n transformasie-ooreenkoms tussen Hortfin, FNB en The Jobs Fund om nuwe toetreders tot die sagtevrugtebedryf finansieel by te staan. Van links is mnr. Werner du Toit, streeksdirekteur: kommersieël vir FNB in die Wes-Kaap, me. Teresa Leroux, mnr. Gert Breet, albei van ENB, me. Najwah Allie-Endries, hoof van The Jobs Fund, dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, mnre. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro, en Michael Brinkhuis, uitvoerende hoof van Hortfin. Foto: Johan Coetsee

Mnr. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro, het gesê die dae van toelaes aan landboutoetreders is verby. Die nuwe era is gemik op die hele landbouwaardeketting vir volhoubaarheid en doelgerigtheid. “Dit is ’n nuwe rigting waar buite die kassie gedink word.”

Mnr. Werner du Toit, FNB se Wes-Kaapse streekdirekteur: kommersieel, het gesê die bankgroep is geesdriftig oor die skema, ook om ’n belangrike rol te speel in die volhoubaarheid van die landbou. “Dit is ’n historiese mylpaal, ’n droom wat ’n werklikheid geword het vir die groep se vinnigste groeiende portefeulje, naamlik die landbou.”

FNB het sedert Januarie vanjaar transaksies van R37,2 miljoen verwerk en goedgekeur, terwyl ’n verdere R90 miljoen in die proses van goedkeuring is.

Mnr. Michael Brinkhuis, uitvoerende hoof van Hortfin, het gesê die ooreenkoms gee aan Hortfin die geleentheid om aan ’n groter deel van sy teikenkliënte toegang tot kommersiële finansiering in die landbousektor te gee.

Me. Najwah Allie-Edries, hoof van The Jobs Fund, het gesê die ooreenkoms bied geleenthede vir beduidend beter samewerking tussen die regering, ’n landboubedryfsliggaam en ’n groot kommersiële finansier om opkomende toetreders tot die sagtevrugtebedryfsketting te help.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.58
-0.4%
Rand - Euro
18.49
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.97
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,800.63
-0.1%
Silwer
22.74
-0.1%
Palladium
1,920.00
-1.3%
Platinum
1,040.50
-0.4%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,446
-0.6%
Alle aandele
74,492
-0.7%
Hulpbronne 10
74,504
-2.0%
Industriële 25
92,074
-0.1%
Finansiële 15
15,328
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot