Dit help hulle om tye van kosskaarstes beter aan te durf. Dit is volgens navorsing deur die Indiana-universiteit wat in die wetenskaptydskrif International Society for Microbial Ecology Journal verskyn het.
Ontwikkelende larwes word tipies nektar, stuifmeel en ook ’n paar dae lank ’n voedingsryke soort jellie gevoer. Volgens die navorsingspan kan Bombella apis in dié jellie oorleef.
Dit maak die jellie ook voedsamer omdat dit die hoeveelheid aminosuur daarin verhoog. Prof. Irene Newton, die studieleier, meen Bombella apis sou gebruik kon word as ’n soort probiotiese byvoeging om byelarwes weerstandiger teen voedseltekorte en voedingsverwante stres te maak. Dit sal hul ontwikkeling bevorder.