Die vrugtebemarkingsmaatskappy Culdevco het meer as R1,3 miljoen aan die Landbounavorsingsraad (LNR) oorhandig vir die navorsing op en ontwikkeling van beter sagtevrugtekultivars.
Dr. Leon von Mollendorff, hoofbestuurder van Culdevco, sê Infruitec-Nietvoorbij, die LNR se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch, het oor 'n tydperk uitstaande kultivars ontwikkel. Dié kultivars het nou so in getalle toegeneem dat nie meer van die navorsers verwag kan word om al hul aandag aan teling en evaluasie te gee én om die bemarking en ommersialisering daarvan te behartig nie.
Von Mollendorff sê daar word nie bloot gesoek na eksotiese vrugte nie, maar ook na beter en verskillende geure, beter weerstand teen siektes en 'n beter voedingswaarde. Culdevco is sowat drie jaar gelede gestig om plaaslike en internasionale vrugtekultivars plaaslik en internasionaal te bemark.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 24 April 2009.
20 April 2009