
Sakata Saad Suider-Afrika, een van die voorste verskaffers van groentesaad in Suidelike Afrika, bied in Augustus ‘n landbou-inligtingsdag aan waar die fokus is op aktuele sake wat alle rolspelers in die landbou regstreeks raak.
Die nuutste verwikkelinge in politieke, finansiële en ander relevante onderwerpe gaan aangespreek word deur sprekers wat geen bekendstelling nodig het nie:
* Mnre. Johan Borcherds en Dawie Klopper (PSG Finansiële Dienste) - bespreek landbou-finansies asook die makro finansiële posisie en vooruitsigte vir Suid-Afrika.
Prof. Kobus van der Walt (Noord-Wes Universiteit) - gesels oor die klimaat en klimaatsverandering
Dr Theo De Jager (AgriSA) oor die grondwetlike beskerming van eiendomsreg en die Nasionale Ontwikkelingsplan se voorstelle vir grondhervorming.
Mnr. Mike Cordes (hoofbestuurder, Instituut van Markagente van SA) - Die nuutste wetgewing wat van toepassing raak op die Varsproduktemarkte van Suid-Afrika.
Mnr. Jan-Louis Bezuidenhout (Sakata Saad SA) – Groentevariëteite en die toekoms.
Die dag word aangebied op 20 Augustus in Brits by die bekende Thatch Haven Country Lodge. Verskeie bekende landbou-insetverskaffers sal ook die dag bywoon om hulle nuutste produkte vir die groentebedryf bekend te stel. Vir besprekings en meer inligting kontak gerus: Monica Brits – Tel: 011 548 2800011 548 2800 of e-pos Monica.Brits@sakata.eu Jan van der Merwe – Sel: 083 629 3295083 629 3295 of e-pos Jan.vdMerwe@sakata.eu Kobus van Heerden – Sel: 083 645 8586083 645 8586 of e-pos Kobus.vanHeerden@outlook.com