AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Inmaakvrugteboere glimlag

Ingemaakte produkte is wêreldwyd in aanvraag. 'n Goeie vraag na ingemaakte pere en perskes bestaan en in die algemeen is daar 'n wêreldwye tekort aan inmaakappelkose. Dit alles plaas Suid-Afrikaanse vrugteboere in 'n gunstige posisie.

Dit gaan goed met die inmaakvrugtebedryf in Suid-Afrika. Dit was die boodskap van mnr. Wiehan Victor, hoofbestuurder van die Inmaakvrugte-produsentevereniging, op dié vereniging se jaarvergadering op Worcester.

Maar hoewel die Suid-Afrikaanse inmaakvrugtebedryf onder die wêreld se voorstes is, is mededingers besig om die gaping te vernou en selfs produsente in China word gehaltegerig. Daarom durf die plaaslike bedryf nie 'n oomblik op sy louere rus deur nie voortdurend innoverend te dink en te doen nie, waarsku mnr. Victor.

In 2001/02 is 8 488 591 basiese kartonne ingemaakte vrugte verpak teenoor die sowat 9 369 836 kartonne die vorige jaar - 'n daling van 9 %. Daar is 16 % minder appelkose verpak, 6 % minder perskes, 11 % minder pere en 9 % minder gemengde vrugte.

Die hoofrede is 'n kleiner aanbod van vrugte vir inmaak.

Wat uitvoer betref, was verskeping egter tot einde Augustus vanjaar 9 % hoër in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Uitvoer na die Verre-Ooste, veral Japan, is met 12 % op, terwyl meer ingemaakte vrugte ook na Amerika uitgevoer is.

Internasionaal bestaan daar 'n goeie vraag na ingemaakte pere en perskes en in die algemeen word 'n wêreldwye tekort aan inmaakappelkose ondervind. Die internasionale vraag en aanbod is soos volg:

Amerika, wat vanjaar 75 000 ton taaipit-appelkose vir inmaak geproduseer het, is nie 'n baie groot mededinger in Suid-Afrika se markte oorsee nie. Boonop daal die Amerikaanse produksie op lang termyn - 'n paar jaar gelede het Amerika sowat 110 000 ton geproduseer.

Spanje, Europa se grootste produsent, se oes is vanjaar dramaties kleiner en dié land kon nie aan ál sy kliënte vrugte voorsien nie. Enorme vrugteprysstygings was ook aan die orde van die dag. Griekeland verloor markaandeel en het vanjaar heelwat minder geproduseer as gewoonlik. Chili en Argentinië verwag dat hul boorde tot 30 % minder sal lewer en in Australië is min uitbreiding wat appelkose betref.

Amerika se taaipitperske-oes is vanjaar sowat 10 % beter as dié van verlede jaar. Griekeland het vanjaar net 11,7 miljoen basiese kartonne perskes gelewer, wat maar sowat 65 % van dié land se gewone produksie van sowat 17 miljoen kartonne is. Dit is goeie nuus vir die plaaslike bedryf, want dit laat 'n vakuum wat deur Suid-Afrikaanse perskes gevul kan word.

Ook Spanje het 'n groter oes gehad en het 1,6 miljoen kartonne meer as in die vorige jaar gelewer - ongeveer dieselfde produksie as in 1999.

Chili en Argentinië verwag vanjaar normale oeste, maar laasgenoemde land sit met enorme ekonomiese probleme wat ook sy inmaakbedryf benadeel. Australië verwag 'n normale oes van sowat 50 000 ton, waarvan die meeste na Oosterse lande uitgevoer word.

Amerika het 'n redelik normale peeroes gehad, maar Italië het heeltemal te min pere vir inmaak geproduseer, wat 'n gaping vir Suid-Afrikaanse vrugte laat. Argentinië het ook nie genoeg pere geproduseer nie, en dié wat hulle wel het, word hoofsaaklik in gemengde verpakkings gebruik.

China het min Bon Chretien-pere, maar het heelwat van ander kultivars wat egter nie so goed inmaak nie. Dié land toon egter groot moontlikhede vir uitbreiding, wat in die toekoms probleme kan skep vir plaaslik geproduseerde pere. Australië verwag 'n normale oes.

In Suid-Afrika wys die 2002/03-oesskatting vir appelkose (Bulida-tipe) sowat 40 000 ton. Dit is sowat 10 % minder as die 43 000 ton in 2001/02.

Altesame 150 000 ton taaipitperskes gaan na verwagting in die 2002/03-seisoen gelewer word, wat 'n toename van 8,2 % is op die 135 000 ton van die vorige seisoen.

Bon Chretien-pere se oesverwagting is 87 000 ton. In die vorige seisoen is 88 000 ton gelewer.

Mnr. Victor sê die mark vir inmaakvrugte bly redelik staties en die verbruik per kop verander nie veel nie, maar die gemiddelde pryse in buitelandse geldeenhede styg. Die sterker markte neig ook om van Europa na die Ooste te verskuif.

Hy meen plastiekverpakking vir die internasionale mark is 'n noodsaaklikheid vir Suid-Afrikaanse ingemaakte vrugte. Dit is 'n nismark waarin Australiese produkte al 'n stewige vastrapplek gekry het. Die plaaslik gekweekte inmaakappelkose is van die beste ter wêreld, wat dié vrugte uitstekend vir plastiekverpakking maak. Dit geld ook taaipitperskes.

Na verwagting sal appelkoosboere in die seisoen 2002/03 sowat 20 % meer vir hul produk ontvang as in die vorige seisoen. Dit is omdat alle produkte se pryse 5 % tot 12 % hoër is as gevolg van die waarde van vreemde valuta jeens die rand. Perskes en pere se produsentepryse sal na verwagting met sowat 10 % styg.

Ook sap, konsentraat en puree is taamlik in aanvraag op wêreldmarkte, en pryse op internasionale markte is gemiddeld sowat 15 % hoër as in die vorige seisoen.

Mnr. Victor meen die internasionale mark was lanklaas só gunstig vir Suid-Afrikaanse ingemaakte vrugte, want dit gebeur nie aldag dat daar 'n tekort aan ál die vrugsoorte is nie. Boonop is voorraadvlakke op die wêreldmarkte laag, asook by die Suid-Afrikaanse fabrieke.

Die wisselkoers hou egter die sleutel tot beter pryse al dan nie; boere het dus geen waarborg dat pryse sal hou nie.

Die totale oppervlakte onder Bulida-appelkose was in 2001 altesame 2 418 ha teenoor 2 379 ha in 2000. Bon Chretienpere het ietwat verminder van 3 610 ha in 2000 tot 3 396 ha in 2001. Vroeë Bon Chretienpere het egter toegeneem van 378 ha in 2000 tot 503 ha in 2001. Taaipitperskes het van 7 907 ha in 2000 gestyg tot 7 958 ha in 2001.

Mnr. Victor waarsku dat boere nie meer moet uitbrei nie, aangesien produksie per hektaar styg. In die laaste paar jaar het die gemiddelde produksie van 11 ton/ha tot 22 ton/ha gestyg, en met nuwe kultivars is tot 72 ton/ha haalbaar.

Die gemiddelde prysstygings in die bedryf is as volg: Perskes, van R1 376/t in 2000/01 tot R1 675/t (22 %) in 2001/02; pere, van R1 073/t in 2000/01 tot R1 335 (24 %) in 2001/02; en appelkose, van R837/t tot sowat R1 192/t (42 %).

6 Desember 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot