
Die vlagskip MM Louw Sauvignon Blanc 2013 het die Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc-trofee by die International Wine Challenge (IWC) in Londen ingepalm wat erken word as een van die wêreld se invloedrykste blinde proeë.
Diemersdal het ook die vlag vir Suid-Afrikaanse wyn én Sauvignon blanc hoog laat waai tydens die vyfde Concours Mondial du Sauvignon in Bordeaux. Die Diemersdal MM Louw Sauvignon Blanc 2013 én Diemersdal Sauvignon Blanc Reserwe 2013 het twee van die vier goue medaljes wat toegeken is aan inskrywings van Suid-Afrika, verower. Die Concours Mondial du Sauvignon onderskryf nie slegs uitnemendheid deur die toekenning van medaljes nie, dit skep én promoveer ook dialoog en die verstaan van Sauvignon blanc onder produsente wêreldwyd.
Die sukses van 2013 se Diemersdal Sauvignon blanc was reeds vanuit die staanspoor duidelik. As ? jong wyn het dit die bekroonde posisie van Suid-Afrika se Jongwyn van die skou vir 2013 ingepalm toe dit die Genl. Smuts-trofee vir algehele SA Kampioen-jongwyn gewen het.
Diemersdal-beskermheer en sesde geslag wingerd-en-wynman, Thys Louw, het die MM Louw Sauvignon Blanc gemaak van noukeurig uitgesoekte druiwe – afkomstig van een van die oudste blokke op die plaas – en gegis in Franse eikehoutvate om ? vol, ryk mondgevoel en lang nasmaak te verseker. Die fynbos, cassis en tropiese vruggeure word onderskryf deur ? minerale en kruitagtige kern met komplekse vrugte.
Vir meer inligting oor Diemersdal-landgoed, besoek www.diemersdal.co.za, word deel van die Diemersdal-gemeenskap op Facebook of volg die landgoed op Twitter@diemersdalwines.