AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Jongboer hou vinger op pols

Die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar is oortuig dat jong boere 'n reuse-rol te speel het in die toekoms van die landbou in Suid-Afrika.

Om volhoubaar die beste gehalte vrugte moontlik te produseer, te verpak en te bemark tot voordeel van die plaaslike sagtevrugtebedryf, sy werkers en sy bemagtigingsvennote. Dit is die toekomsvisie van die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar, wat oortuig is dat jong boere 'n reuse-rol te speel het in die

toekoms van die landbou in die land.

Terwyl mnr. Robert Graaff tien jaar gelede ná sy studentejare sorgeloos op die golwe van Hawaii met sy seilplank gebaljaar het, het hy 'n oproep gekry van sy pa, die bekende sir David Graaff van De Grendel in die Kaap. Een van die familie se plase, Lushof tussen Ceres en Prince Alfred Hamlet, het beskikbaar geraak en sou hy daarin belang stel om dit oor te neem?

Dit het die jong Robert (destyds 22 jaar oud) se droomvakansiereis van twee jaar, asook planne om vir 'n tyd oorsee te werk, skielik kortgeknip. Want sy antwoord was 'n besliste "ja!" Hy het immers op 'n vrugteplaas in die Hexvallei grootgeword.

Vandag staan hy aan die spits sy boerdery-onderneming, Lushof Farms, en sy verpakkings- en bemarkingsonderneming, Graaff Packing, maar hy het ook 'n aandeel in 'n bemagtigingsaak, Leopont Properties, wat 'n plaas van 130 ha insluit, asook vennootskappe in twee ander vrugteplase, een by Tulbagh en die ander by Wolseley. Hy en sy kleinneef mnr. Pieter Graaff, eienaar van Witzenberg Eiendomme, het 'n gesamentlike belang in Leopont Properties.

Graaff Fruit produseer vrugte op sowat 1 000 ha in 'n streek waarna dikwels verwys word as die "vrugtemandjie" van Suid-Afrika - die Ceres-Warm-Bokkeveldgebied.

Dié vrugte word deur Graaff Packing verpak. Sy verpakkingsaanlegte hanteer jaarliks meer as 7 000 ton steen- en kernvrugte van meer as 70 kultivars. Sowat 60% is vir oorsese supermarkte bestem en die res word in die meeste van die groot varsproduktemarkte landwyd verkoop.

Hoe het dit gebeur dat 'n jong boer binne een dekade van 'n sorgelose student tot 'n entrepreneurboer en -uitvoerder van faam gegroei het?

Nadat hy in 1997 die golwe vaarwel toegeroep en plaas toe gekom het, het hy tot in 2001 onder mentorskap van sy pa geboer. In daardie jaar het hy Lushof amptelik van sy pa gekoop en só aandele in die familie-onderneming bekom.

In 1997 was daar net sowat 80 ha peerboorde. Die kernvrugtebedryf was destyds op 'n laagtepunt, die boorde was oud en die kultivars se leeftyd uitgedien. Vernuwing was broodnodig. Die jong Graaff het sy moue opgerol en aan die werk gespring. Tussendeur het hy ook oorsee gereis om nuwe kultivars uit te snuffel wat moontlikhede bied, asook om kontakte op te bou en geleenthede te soek.

Vandag is daar op Lushof 60 ha peerboorde, waarvan die helfte Forelle is; 7 ha appelkose, meestal Honeycot en Tomcat; 55 ha nektariens (27 kultivars, meestal Zaiger- en Bradfort uit Kaliforni&euml); 28 ha perskes van 16 verskillende kultivars; en 30 ha pruime van 20 kultivars - alles onder drupbesproeiing.

Waarom so baie verskillende kultivars?

Om volhoubaar aan supermarkgroepe - plaaslik en oorsee - vrugte te kan lewer, moet elke week 'n ander kultivar verskaf kan word. Daarom is sy kultivarverspreiding vanaf week 44 tot week 8. Sowat 60% van die oes gaan aan lande in die Noordelike Halfrond, soos Amerika, Kanada en Brittanje, en in die EU gaan sy vrugte onder meer na Switserland, Duitsland, Nederland en Spanje.

Dan gaan van sy vrugte ook na die Midde-Ooste - meestal lande op die Saoedi-Arabiese-skiereiland. Hy het ook reeds vrugte na die Verre-Ooste (China) gestuur. Hy sien China en die Verre-Ooste as reuse-geleenthede wat verder ontgin moet word.

Verskeie kultivars in die boerdery word bestuur deur produsenteklubs en Graaff was van die ontstaan van die klubs reeds daarby betrokke. Die voordeel daarvan is dat die aanbod deurentyd beheer kan word, wat die vraag en prys van die vrugte op goeie vlakke hou.

Hy sê in hierdie stadium toets en evalueer die boerdery meer as 200 steen- en kernvrugkultivars saam met organisasies soos die Landbounavorsingsraad, Top Fruit, Zaiger SA, Sapo Trust en Sunworld.

Benewens dit voer Graaff op eie houtjie ook 'n aantal kultivars uit Frankryk en Israel in, want hy besef daar bestaan geleenthede daarvoor in Suid-Afrika. Hy het die kontakte opgebou tydens sy besoeke aan dié lande.

Elke jaar kry hy nog nuwe kultivars, wat daarvan 'n aaneenlopende proses maak.

Nadat die plantmateriaal deur die verpligte kwarantynperiode is, word dit in 'n toetsblok op die plaas gevestig waar Graaff dit evalueer met die hulp van 'n professionele vrugte-evalueerder. Die kultivars wat goedgekeur word, kommersialiseer hy self en hy tree dan as Suid-Afrikaanse agent op vir die oorsese teler daarvan. Die eerste kultivars wat hy op Lushof ge&eumlvalueer en gekommersialiseer het, sal volgende jaar beskikbaar wees, sê Graaff.

Hy voer ook self vrugte in van kultivars wat (nog) nie hier verbou word en in die buite-seisoen te kry is nie. Die meeste van daardie kultivars sal hy mettertyd op die plaas aanplant, sê Graaff.

Sy boerdery-onderneming berus op vier pilare, vertel Graaff.

  • Produksie is die belangrikste. Dit is makliker om goeie vrugte te bemark en daarom moet die boorde só bestuur word dat dit goeie vrugte lewer. Die pakskuur is nie 'n "hospitaal" waar swak vrugte reggedokter word nie - die vrugte moet van die boorde af in perfekte toestand kom. Daarom word 'n hoogs gespesialiseerde plaagbestrydingstelsel gevolg, terwyl bemesting wetenskaplik volgens grond- en blaarontledings toegedien word. Organiese kompostee word ook in die boorde aangewend.

  • Verpakking is 'n komplekse saak, want vir verskillende supermarkte en verskillende lande verskil die verpakking heeltemal. Vrugte wat vir die Midde-Ooste bestem is, moet byvoorbeeld in groen bokse verpak word, want dit is die kleur van Mohammed se vlag. En daar moet nooit 'n swart boks China toe gaan nie, want swart word daar as slegte geluk beskou. Benewens die kleure moet die vrugte in elke boks ook eenvormig wees - dieselfde kleur, grootte, ens.

  • Bemarking is belangrik. Jy moet jou mark en verbruiker se voorkeure en behoeftes verstaan, meen hy. Om sy vinger op die pols te hou, reis hy gereeld oorsee en plaaslik. Plaaslik gaan 'n groot persentasie van sy vrugte aan Woolworths, maar hy lewer ook aan groot munisipale markte, soos Johannesburg, Durban, Pietermaritzburg, Pretoria en Kaapstad.

  • Die produsent wat nie met tegnologie tred hou nie, raak agter met produksie, kultivars en tegnieke. Hy bly op die hoogte van sake deur wyd te reis, die internet te gebruik en noue bande te koester met sy alma mater, die Universiteit Stellenbosch. Hy het proefpersele aan die universiteit op sy plaas beskikbaar gestel.

    Goeie menseverhoudinge is vir hom uiters belangrik, sê Graaff. Van die plaaswerkers tot die supermarkbestuurder kry gereeld skakelinggeleenthede.

    Daar is 'n plaasbestuurder en drie produksiebestuurders - een elk vir kern- en steenvrugte, en een vir onderhoud - op Lushof, asook vier pakskuurbestuurders by die verpakkingsaanleg. Sowat 120 mense het vaste poste op Lushof en tydens oestyd werk 'n bykomende 100 mense in die pakskuur. Onder elke bestuurder is spanleiers, wat op hul beurt toesig hou oor die gewone werkerskorps.

    Wat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) betref, word 'n benadering gevolg van bre&euml bemagtiging.

    Dit gaan nie net vir hom oor eienaarskap van grond nie, maar ook oor die ontwikkeling van mense. Dit is om die geleentheid aan almal te gee om hulself te ontwikkel deur opleiding. Opleiding word intern op die plaas gegee, asook deur die Koue-Bokkeveld-opleidingsentrum.

    Op die SEB-plaas, Welgemeen, wat aan Lushof grens, word 210 permanente plaaswerkers bemagtig deurdat hulle 'n aandeel van 60% het in die boerdery wat onaf-hanklik bedryf word. Die projek is reeds drie jaar aan die gang en die direksie bestaan uit homself, sy neef Pieter en drie werkers. Hy en sy neef het elk 'n aandeel van 20%. "Dit is beslis nie 'n projek vir vertoon nie, maar 'n volhoubare model wat suksesvol funksioneer en 'n voorbeeld is van ware bemagtiging in die landbou, " sê Graaff.

    Die pak- en koelskuur is in 2002 op Lushof gebou en met die modernste tegnologie ingerig. Die pakgebied beslaan meer as 3 000 vierkante meter. Meer as 7 000 ton vrugte word per seisoen gehanteer en daar word beoog om dit tot 10 000 ton op te stoot.

    Wat die landbou in die algemeen betref, meen hy die Suid-Afrikaanse boer moet besef dat hy in 'n globale wêreld moet kan meeding. Daarom moet alle hulpbronne tot hul volle potensiaal benut word.

    Suid-Afrikaanse vrugteboere word vergelyk met dié van Australi&euml, Chili en ander lande in die Suidelike Halfrond. Hul boerdery, bestuur en produkte moet van wêreldgehalte wees om te kan meeding. Daarom moet aandag gegee word aan omgewingsvriendelike aspekte soos die koolstofspoor, dus die hoeveelheid kweekhuisgasse wat vrygestel word om produkte op winkelrakke te kry. Dit is deesdae veral vir die Britse en Europese verbruiker belangrik.

    Hy meen die boer moet die dinge waaroor hy beheer het ten beste bestuur en hom aanpas by die dinge waaraan hy niks kan doen nie, soos die wisselkoers en die klimaat.

    Benewens vrugte en seilplankry is Arabierperde Graaff se ander groot liefde. Hy het onlangs twee Egiptiese Arabierperde in die Noord-Kaap gekoop. En nie heeltemal net as stokperdjie nie, erken hy. Hy beoog om daarmee te teel.

    Graaff is getroud met Judy en hulle het 'n dogtertjie, Ellen (15 maande).

    Landbouweekblad, 21 September 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.01
    +0.4%
    Rand - Pond
    19.32
    +0.1%
    Rand - Euro
    17.27
    +0.6%
    Rand - Aus dollar
    11.58
    +0.8%
    Rand - Jen
    0.12
    +0.5%
    Goud
    1,628.86
    +0.4%
    Silwer
    18.39
    +0.2%
    Palladium
    2,076.50
    +1.6%
    Platinum
    854.00
    +0.1%
    Brent-ruolie
    84.06
    -2.5%
    Top-40
    57,621
    +0.6%
    Alle aandele
    64,026
    +0.6%
    Hulpbronne 10
    56,997
    +1.4%
    Industriële 25
    79,272
    -0.3%
    Finansiële 15
    14,209
    +1.6%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
    Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
    Dis tyd om te leef!!!!
    Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot