
Kaapstad se strate was Dinsdag in oranje (en met lemoene) getooi vir die Wêreldbeker-sokkerwedstryd tussen Nederland en Uruguay.
Nie net het hordes Nederlandse sokkergeesdriftiges in hul kenmerkende oranje kleredrag op die stad toegesak nie, maar daar was ook talle sakke lemoene oral op die Lekkerlooproete tussen die middestad en die Kaapstad-stadion te sien.
Luidens ‘n berig in Die Burger het die Nederlandse konsulaat, in samewerking met die stigting Stars in Their Eyes van die Wes-Kaapse regering, het gister die veldtog “Oranges for Orange” buite dié konsulaat van stapel gestuur.
Foto: Van links staan mnr. David de Waal, Nederlandse konsul-generaal, mnr. Nic Jooste van Stars in their Eyes, dr. Laurine Platzky. ‘n WB sokker-koördineerder en mnr. Ronald Gabriel van die Wes-Kaapse departement van sport. Die foto is buite die Nederlandse konsulaat in Kaapstad geneem. Fotograaf: Cheslyn Abrahams, die Burger.
Mense op die Lekkerlooproete tussen die kon sakkies lemoene vir R20 elk “koop”. Pleks van ’n sakkie lemoene het hulle ’n medalje ontvang. Die lemoene gaan in 51 plattelandse dorpe aan minderbevoorregtes uitgedeel word en die geld gaan aan Stars in Their Eyes.
Dié stigting gebruik die kundigheid van Nederlandse sokkerafrigters om 181 plaaslike sokkerafrigters uit minderbevoorregte gemeenskappe op te lei. Dié afrigters word nie net geleer hoe om sokker af te rig nie, maar ook hoe om belangrike lewensvaardighede oor te dra.
Bron: Die Burger
7 Julie 2010