
Die "voedselgesprekke" bied 'n platform vir die publiek om met kenners gedagtes uit te ruil oor hoe om 'n gesonder, meer bewuste en regverdige voedingselstelsel in die Moederstad te vestig. Onderwerpe wat bespreek word, sluit in kosproduksie in die stad, kosproduksie en die omgewing, hoe om grond te kry om kos in die stad te produseer en kostuine op die been te bring, hoe om vermorsing van kos te verhoed en inheemse plante te benut.
Die laaste "gesprek" sal 'n toer na verskillende stedelike kostuine wees.
Die klem is op volhoubaarheid en sprekers sluit in die skrywer Leonie Joubert, Nazeer Sonday, voorsitter van die Philippi-tuinbougebied, Rob Small, medebestuurder van Abalimi Bhezekhaya en Pat Featherstone van Soil for Life, 'n nie-regeringsorganisasie wat hom vir kostuine beywer.
Gespreksessies vind Maandagaande van 19:00 tot 21:00 by Twenty-Fifty, Buitenkantstraat 36, plaas. Die eerste sessie is op 5 Mei. Bywoning is gratis, maar 'n donasie sal verwelkom word.
Maya Marshak kan by mayamarshak@gmail.com gekontak word om meer inligting te bekom.