Die inheemse kannabasboom (Dais cotinifolia), wat tot 6 meter hoog kan groei, is 2022 se Boom van die Jaar.
Dais is die Griekse woord vir fakkel. Volgens die PlantZAfrica-indeks van die Suid-Afrikaanse nasionale biodiversiteitsinstituut word die plantfamilie só genoem omdat die vorm van die bome se stamme, takke en blare soos fakkels lyk wat wag om aangesteek te word.
Kannabasbome kom natuurlik in die oostelike dele van Suid-Afrika voor waar dit aan die rand van woude, klowe en berghange groei. In die 1700’s is reeds aangeteken dat die bas daarvan gebruik is om koorde en tou te maak.