Dié klein kewer boor in boomstamme in en dra ’n skadelike swam saam. Dit verswak bome en kan veroorsaak dat hulle vrek. Sedert die kewer die afgelope dekade die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk is, veroorsaak dit verwoesting in tuine en woude.
’n Navorsingsprojek wat tot Junie 2022 sal duur, is tans aan die gang op die Vergelegen-wynlandgoed by Somerset-Wes, waar talle historiese bome staan. Die projek bied reeds belangrike insigte oor die moontlike bekamping van die kewer en die seisoenale verspreiding daarvan.
Dit is deel van die PhD- studie in entomologie van me. Heather Nependa aan die Universiteit Stellenbosch (US) se fakulteit landbouwetenskappe.