AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Kerwer hou boord skoon

Baie boere ry afvalvrugte weg en begrawe dit buite hul boorde. As dié vrugte egter opgekerf word, word heelwat aan arbeid bespaar en die boord bly vry van plae.

Dit was die alewige gesukkel met sy "Micky Mouse"-sitruskerwertjie, wat óf gou verstop geraak het, óf waarvan die lemme maklik gebuig het as 'n harde voorwerp per ongeluk saam met die vrugte in die toevoerbak beland het, wat hom 'n plan laat maak het. Só sê mnr. Bruce Bailes (61) 'n sitrusboer van die plaas Mooidam, Addo.

Hy en 'n ingenieur, mnr. Ruvaan Palm, het twee swaardiens-kerwers ontwikkel wat deur 'n trekker se kragaftakas aangedryf word. Die groot model se vermoë is so dat 60 werkers wat die afvalvrugte met emmers ingooi, dit nie sal oorlaai nie. Die kleiner model, wat aan die trekker se driepunt-hystoestel gemonteer word, kan deur sowat 40 werkers bedien word.

Mnr. Bailes sê dit het heelwat beplanning geverg om te verseker dat die afvalvrugte in die regte grootte versnipper word. Dit is belangrik dat die vrugte nie te fyn gekerf word nie. As dit heeltemal verpulp word, sal 'n kors vorm en larwes sal steeds binne gedy. Die ideaal is dat die vrugte min of meer in kwarte opgekerf word. Dit verseker dat die stukke binne 'n kort tyd uitdroog.

Albei kerwers het 'n aantal veiligheidskenmerke om te verhoed dat werkers nie beseer word nie. Twee plate by die toevoergeut keer dat die operateur se hande in die lemme beland. 'n Staaf is rondom die kerwer vasgesweis en verhoed dat werkers nie per ongeluk onder die kerwer beland as hulle dalk sou struikel nie. 'n Koppelaar aan die kragaftakkeras sal keer dat die lemme beskadig word as 'n klip of 'n stuk yster in die kerwer beland.

Mnr. Allan Fitzpatrick van Sunland Farms, wat albei kerwers op die proef gestel het, sê hy is in sy skik daarmee. Die driepuntmodel werk by hom beter — nie net omdat dit goedkoper is nie, maar omdat dit meer as genoeg vermoë vir sy behoeftes het.

Alle soorte sitrusvrugte kan met die werktuie fyngekap word. Hy meen toerusting soos dié sal 'n belangrike rol speel in die boordbestuur waar boere vir Eurogap geakkrediteer is.

Mnr. Bailes sê dit kos sowat 22,5c per boom aan arbeid om afvalvrugte wat in die loop van die seisoen ophoop, te verwyder en te begrawe. As 'n kerwer gebruik word, kos die arbeid slegs 10c per boom. (Laasgenoemde sluit nie die loopkoste van die trekker en rente op die kapitaaluitleg in nie.)

Vir meer inligting kan mnr. Palm by 042 233 2371 of mnr. Bailes by 082 561 5161 gebel word.

16 Mei

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot