AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kies die regte onderstok

Slegs 'n paar soorte onderstokke word hoofsaaklik in droog- en tafeldruifwingerde in Suid-Afrika gebruik. Dit is nie die ideale situasie as probleme sou opduik nie.

Slegs 'n paar soorte

onderstokke word hoofsaaklik in droog- en tafeldruifwingerde in Suid-Afrika gebruik. Dit is nie die ideale situasie as probleme sou opduik nie. Goeie nuus is egter dat intensief proewe gedoen word om meer soorte onderstokke, wat aansienlik ho&eumlr opbrengste kan lewer, beskikbaar te stel.

Die onderstokke Ramsey, Richter 99, Richter 110 en 143 B Mgt. is die mees algemene soorte wat in droog- en tafeldruifwingerde in Suid-Afrika gebruik word. Ramsey maak heelwat meer as die helfte van alle onderstokke uit nadat veral in die laaste tien jaar geweldig baie wingerd daarop gevestig is (bykans 70 %), hoofsaaklik weens sy goeie weerstand teen aalwurms en filloksera.

Mnr. Jan Avenant, 'n wingerdkundige by Infruitec-Nietvoorbij, die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch, meen die feit dat druiweboere by wyse van spreke hul "eiers in 'min' mandjies" sit, is beslis nie die ideale situasie nie. As 'n ernstige probleem sou opduik met byvoorbeeld Ramsey of enige van die ander onderstokke wat algemeen gebruik word, gaan 'n groot persentasie van die droog- en tafeldruifwingerde in die land daardeur benadeel word.

Avenant het op 'n inligtingsdag op Upington wat deur die SA Wingerd- en Wynvereniging (SAWWV) aangebied is, gesê die ideale toestand sou wees as 'n groter verskeidenheid goeie wingerd-onderstokke beskikbaar is waarnatoe oorgeskakel kan word as probleme ontstaan met dié wat algemeen gebruik word.

Wat droogdruiwe betref, sê Avenant sowat 60 % van Sultanina in die Benede-Oranjerivierstreek is op Ramsey-onderstokke gevestig met Richter 99 en 143 B Mgt. in die tweede en derde plek.

Dit bekommer hom dat daar sekere plae is waarteen hierdie onderstokke nie weerstand het nie, soos margarodes wat skynbaar 'n groter wordende probleem raak (sien Landbouweekblad, 7 April 2006). Daarom is dit belangrik dat ook na ander soorte onderstokke gekyk word wat dalk 'n weerstand teen dié organismes het.

Merbein Seedless, nog 'n droogdruifkultivar wat op groot skaal in die Benede-Oranjerivierstreek gevestig word, is weer sowat 70 % op 143 B Mgt.-onderstokke gevestig, veral in die binnegrond reg langs die rivier. Dié soort onderstok presteer goed op die slikryke binnegrond, want dit is gevind dat Ramsey te sterk daarin groei, wat laer produksie veroorsaak.

Ramsey met sy goeie weerstand presteer beter in die buitegrond, wat sanderiger is en waar meer aalwurms en filloksera voorkom, sê Avenant.

Wat kommer wek, is dat sowat 1 800 ha Sultanina-wingerde in die streek ouer as 25 jaar is, terwyl 'n verdere 1 800 ha tussen 16 jaar en 25 jaar oud is. In die laaste sowat drie jaar is maar sowat 300 ha nuwe Sultanina gevestig, want vestigingskoste skrik boere af - veral as die ou wingerd eers verwyder moet word.

Hoekom moet onderstokke gebruik word? Avenant sê dit is hoofsaaklik weens die teenwoordigheid van plae. Die Oranjerivier-produksiegebied is besmet met filloksera, aalwurms en (in 'n mindere mate) margarodes. Daar bestaan nog nie 'n onderstok wat teen margarodes weerstand bied nie en dit is een van die voorkeure by die onderstoknavorsing. Die plae val wortels van vatbare stokke aan. Dit veroorsaak dat groei afneem, opbrengste verlaag en dan moet die wingerd vervang word.

Avenant sê daar bestaan geen universele onderstok wat in alle grondtoestande ideaal is en met alle bostokkultivars versoenbaar is nie. Daarom moet elke boer sy eie grondtipe en omstandighede in gedagte hou wanneer hy besluit oor die soort onderstok wat die naaste aan ideaal vir sy spesifieke omstandighede is.

Verskeie faktore speel 'n rol by sy besluit, soos die gehalte van die onderstok, sy versoenbaarheid met die bostok, sy weerstand teen plae en die tipe grond waarop die wingerd gevestig word.

Binnegrond

Wingerd vir droogdruiwe word meestal op binnegrond in die Benede-Oranjeriviergebied gevestig omdat dit goedkoper met vloedbesproeiing uit die rivier besproei kan word. Op buitegrond is 'n duur besproeiingstelsel nodig.

Hoewel 143 B Mgt. aanbeveel en grootliks op binnegrond gebruik word vir Sultanina, word Ramsey ook gebruik. Maar dit is gevind dat die opbrengs op Ramsey-onderstokke op binnegrond gemiddeld 43,7 % laer is vergeleke met 143 B Mgt. Met Richter 110 is die produksie gemiddeld 60 % minder vergeleke met 143 B Mgt.

By Merbein Seedless word ook 143 B Mgt. op binnegrond aanbeveel, maar dit is gevind dat waar Ramsey wel met dié kultivar op binnegrond gebruik word, die opbrengs gemiddeld 30,9% (9,9 ton/ha) en met Richter 110 gemiddeld 26,7% (8,5 ton/ha) laer is vergeleke met 143 B Mgt.

Ander onderstoksoorte wat ook goed op binnegrond presteer met Merbein Seedless, is 161-49 Couderc, Freedom, Harmony en USVIT 2-1. Die probleem is egter dat dié onderstokke nie in groot hoeveelhede beskikbaar is nie. 'n Bron sal eers gevestig moet word voordat dit semi-kommersieel gevalueer kan word, sê hy.

Avenant sê in hierdie stadium is 143 B Mgt. verreweg die beste onderstok vir albei droogdruifkultivars op binnegrond. Heelwat Sultanina word egter ook op makstok gevestig. Makstok (Sultanina of Merbein Seedless) is bostokke wat nie op ander onderstokke geplant word nie, maar dus 'n bostok is wat op sy eie wortels groei.

Wat makstok betref, is navorsers dit eens dat dit aanvanklik goed groei. Die opbrengs is egter laer en die plante het 'n korter produksieleeftyd. Tog is met proewe in die Oranjeriviergebied gevind dat produksie op makstok op slikgrond net so goed is as enige ander onderstok, soos 143 B Mgt. Wat egter wel ondervind is, is dat die opbrengs merkbaar daal wanneer makstok deur makstok vervang word.

Volgens Avenant wys proewe en die ondervinding van boere dat Sultanina-makstok op die slikgrond langs die Oranjerivier op lang termyn net so goed presteer as die beste onderstokke.

Kennis aangaande die verbouing van wingerd, veral grondbewerkingspraktyke, vestiging en besproeiing, het in die jongste jare aansienlik verbeter. Nuwe wingerde word vanaf vestiging in uiters gunstige toestande volwasse, wat wingerde met goed ontwikkelde wortelstelsels tot gevolg het. Daarbenewens bevat besproeiingswater uit die Oranjerivier besonder baie stikstof, wat die groei van stokke verder bevoordeel.

Hierdie besonder gunstige toestande vir groei, asook die inherente sterk groei van Sultanina-makstok, dra daartoe by dat aanvaarbare vlakke van groei en opbrengs verkry word, ondanks plae in die grond. Dit word egter aanbeveel dat die gebruik van makstokke vermy word op grond waar aalwurms en filloksera 'n probleem is.

By nuwe wingerde is daar sekere vereistes vir die gebruik van makstok, meen Avenant. Vanaf die vestiging tot die volwasse stadium moet gunstige toestande bestaan om te verseker dat 'n wingerd 'n goed ontwikkelde wortelstelsel ontwikkel, wat natuurlik voorafgegaan word deur goeie grondvoorbereiding. Verder is optimale vestigingspraktyke en goeie besproeiingpraktyke belangrik. Maar waarskynlik die belangrikste is dat goeie, gesertifiseerde plantmateriaal te alle tye gebruik word.

Onderstokke wat aanbeveel word vir binnegrond is in tabel 1.

Buitegrond

Sultanina: Avenant sê 25 ton per hektaar is nodig om met Sultanina op buitegrond finansieel gelyk te speel. Ramsey-onderstokke word verreweg die meeste op buitegrond gebruik, maar proewe dui aan dat die onderstok SO4 die opbrengs met 56 % (8,6 ton/ha) en 140 Ruggeri die opbrengs met 71 % (10,9 ton/ha) kan laat styg.

Met Ramsey op buitegrond is die gemiddelde opbrengs sowat 15 ton/ha, maar in proewe is met 140 Ruggeri 26,5 ton/ha behaal. Die twee onderstokke word vanjaar semi-kommersieel ge&eumlvalueer en aanbevelings vir onderstokke op buitegrond gaan waarskynlik in die afsienbare tyd verander van Ramsey na 140 Ruggeri en SO4, meen Avenant.

Merbein Seedless: Ramsey is ook hier die meer algemene onderstok op buitegrond. Daar is gevind dat die opbrengs met Richter 110 sowat 19,9 ton/ha (oftewel 57%) laer kan wees. Dié onderstok is uiters kwesbaar vir groeistilstandsiekte. Heelwat buitegrondproewe is egter nog aan die gang.

Die beste presteerders in proewe is:

  • Sultaninas: 140 Ruggeri, SO4, Jacquez, Paulsen 1103, 143 B Mgt. en US8-7.

  • Merbein Seedless: Ramsey, Jacquez, US8-7, makstok, SO4 en 140 Ruggeri.

    Avenant sê buitegrond in die streek is in die algemeen redelik kalkryk. Dit kan een van die redes wees waarom van die ander onderstokke onder evaluasie soveel beter presteer as Ramsey (sien tabel 2).

    Wat is die vernaamste oorsake vir die soms laer produksie in die Benede-Oranjeriviergebied by droogdruiwe?

    Avenant sê snoeityd speel 'n rol, veral wanneer botvervroegingsmiddels gebruik word, verkeerde onderstokkeuse, die snoei van waterlote, onoordeelkundige bemestingspraktyke, en dikwels is die wingerde ouer as 25 jaar.

    Vanjaar nog word 'n semi-kommersi&eumlle proef met Sultanina met verskillende onderstokke geplant om hulle te evalueer vir binnegrond en volgende jaar 'n verdere hoeveelheid wat ge&eumlvalueer sal word vir binne- én buitegrond. Vir binnnegrond sluit dit in 143 B Mgt., Paulsen 1103, Freedom, SO4, USVIT 2-1 en makstok, en vir buitegrond word Ramsey, US 8-7, 140 Ruggeri, Paulsen 1103, 143 B Mgt. en SO4 verder ge&eumlvalueer.

    Resultate hier is ook vir die tafeldruifbedryf van belang. Geen onderstokproewe spesifiek vir tafeldruiwe word in die Oranjeriviergebied gedoen nie, maar inligting uit proewe vir droogdruif-onderstokke is van belang vir onder meer die tafeldruifkultivars Crimson Seedless en Prime. Proewe word vanjaar in Kakamas en Blouputs gevestig.

    Landbouweekblad, 12 Oktober 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.03
    +0.2%
    Rand - Pond
    19.32
    +0.1%
    Rand - Euro
    17.30
    +0.4%
    Rand - Aus dollar
    11.59
    +0.7%
    Rand - Jen
    0.12
    +0.4%
    Goud
    1,627.97
    +0.3%
    Silwer
    18.39
    +0.2%
    Palladium
    2,078.50
    +1.7%
    Platinum
    853.00
    0.0%
    Brent-ruolie
    84.06
    -2.5%
    Top-40
    57,621
    +0.6%
    Alle aandele
    64,026
    +0.6%
    Hulpbronne 10
    56,997
    +1.4%
    Industriële 25
    79,272
    -0.3%
    Finansiële 15
    14,209
    +1.6%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Opsoek na my sielsgenoot
    Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
    So sorts soos stoop
    N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot