AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Klein jakkalsies vreet mangowinste

Die spreekwoordelike klein jakkalsies wat wingerde beskadig, loop ook in mangoboorde rond, blyk uit 'n kostevergelyking naby Hoedspruit.

Die spreekwoordelike klein jakkalsies wat wingerde beskadig, loop ook in mangoboorde rond, want 'n kostevergelyking tussen drie mangoplase naby Hoedspruit in die provinsie Limpopo het beduidende kosteverskille na vore gebring.

Die doen en late op drie verskillende mangoplase in dieselfde klimaatstreek is vergelyk om vas te stel presies waarom meer geld op een plaas as op die ander losgeboer word.

Mnr. Jaco Fivaz, voorsitter van Hoedspruit se Mangostudiegroep wat die kostevergelyking gedoen het, sê hoewel sekere van die kosteverskille relatief klein is en selfs onbeduidend mag lyk, is dit die uiteindelike somtotaal wat bepaal hoeveel geld in 'n boer se sak beland. Wat ook ontstellend is, is die feit dat merkbare verskille voorkom in basiese vaste koste soos agentekommissie, vervoerkoste en selfs bankkoste.

Fivaz van Mohlatsi, mnr. Flip Roodt van Winlake en mnre. Johan en Louwtjie van Vuuren van Jonkmanspruit het hulle boeke oopgemaak en syfers beskikbaar gestel vir dié vergelyking. In die tabelle word verwys na boer A, B en C sonder om enige van die drie boere te identifiseer.

Volgens Fivaz wou studiegroeplede weet waarom die netto wins van plaas tot plaas verskil. Die vertrekpunt waarom daar verskille tussen plase se potensiële winsmarges kan wees, is uiteraard opbrengsverskille, verpakkingskoste, vervoerkoste, agente-koste en uitvoerkoste.

Tabel 1 dui opbrengssyfers van die drie boere aan vir die kultivars Tommy Atkins, Kent en Keitt. Terwyl die opbrengs en kwaliteit goed kan wees, kan 'n verkeerde bemarkingsbesluit die inkomste laat krimp, soos gesien vir boer A se Kent-uitvoer in tabel 2.

In tabel 2 word die inkomste (rand per ton terug op die plaas) van die verskillende boere vir uitvoer, die plaaslike mark, droog en sap vergelyk. Die gemiddelde inkomste van die drie boere was R3 933 per ton vir uitgevoerde Tommy Atkins, R2 406 per ton vir lewering aan die plaaslike mark en R1 225 per ton vir vrugte wat vir versapping aangebied is.

Die pryse vir vrugte vir verwerking tot atjar word ook aangedui, maar is by al drie boere 'n klein gedeelte van hul inkomste.

Die sogenaamde "bakkiemark" verwys na die informele sektor waar smouse mango's koop by die plase en in die meeste gevalle in die groter dorpe en stede gaan verkoop. Daar is gewoonlik onderlinge ooreenkomste dat boere in 'n spesifieke gebied dieselfde prys per krat vra.

Pryse vir mango's vir droging is gewoonlik effens hoër as wat betaal word vir vrugte wat vir versapping bestem is. In baie gevalle bied drooggeriewe die sapprys plus 20 % bykomend vir hul gekontrakteerde boere. Mango's vir versnitting word gewoonlik ook aangedui as sap of fabrieksgraad en kan, soos in die geval van boer C, vir die kultivar Keitt 'n hoër inkomste verdien.

Tabel 2 toon duidelik aan hoe elke boer se inkomste verskil van die gemiddelde inkomste. By die verdienste uit sap is die verskille vanaf die gemiddelde baie klein. Die rede daarvoor is moontlik dat al drie dié boere vrugte aan dieselfde sapfabriek gelewer het.

Die grootste inkomsteverskille het voorgekom by vrugte wat uitgevoer is. Hier het een boer 13 % minder (R/ton terug op die plaas) as die gemiddeld verdien (R3 430/tonvir Tommy Atkins teenoor die gemiddelde prys van R3 933/ton.)

Hierdie verskil kan onder meer toegeskryf word aan die koste om die vrugte by die pakhuis te kry wat die pakkoste duurder maak as vir die boere wat hul eie pakhuise bedryf.

'n Verkeerde bemarkingsbesluit was verantwoordelik daarvoor dat een boer se inkomste 44 % minder was as die gemiddelde vir Kent-vrugte wat uitgevoer is. (R1 490/ton teenoor R2 995/ton).

Maar, sê Fivaz, dit is veral inkomsteverskille van vrugte gelewer aan die lokale/plaaslike mark wat onder die vergrootglas geplaas moet word. Hoe verduidelik 'n mens verskille vir Kent-vrugte van 25 % swakker as die gemiddelde teenoor 25 % beter as die gemiddelde?

Redes vir dié verskille kan onder meer gesoek word by die verskil in verpakkingskoste, vervoerkoste, markkoste en bankkoste. Die pryse van verpakkingsmateriaal wissel, byvoorbeeld, van R1,18 tot R1,46 per 2 kg-karton en van R2,46 tot R2,71 per 4 kg-karton. Hierdie ooglopende prysverskille hou verband met die gehalte van die verpakkingsmateriaal en die besondere transaksie wat 'n boer met sy verskaffer aangaan.

Die boer moet ook nie goedsmoeds die eerste beskikbare (plaaslike) vervoeronderneming kontrakteer nie. "Hoewel 'n mens graag 'n spesifieke vervoerkontrakteur wil ondersteun, raak dit moeilik wanneer koste wissel tussen R270 tot R320 per palet na Johannesburg en selfs van R380 tot R480 per palet na Durban," sê Fivaz.

Markkoste word saamgestel uit die agentekommissie van 7,5 %, vir die betrokke munisipaliteit 5 %, die SA Mangokwekersvereniging (SAMKV) se 2 % en BTW van 14 %. Trek 'n mens die SAMKV se 2 % van hierdie koste af, bly daar steeds tot soveel as 20 % oor van die geld wat nie na die boere terugkom nie.

Dit is interessant dat die drie boere dieselfde markagent gebruik het, maar dat die koste van een van die boere minder was as dié van die ander twee afsonderlik! Miskien is 'n boer se koste minder as hy, byvoorbeeld, eerder drie palette stuur elke derde dag as om 24 palette een keer per week te stuur, want van die vervoerkoste word uiteraard ook bereken.

Fivaz sê koste wat hom soms verstom, is dikwels relatiewe klein bedrae, maar as dit alles saam in berekening gebring word, kan dit die groot verskil maak. "Dít is die klein jakkalsies," sê hy. 'n Voorbeeld is R5 wat verhaal word vir die stuur van 'n faksimileë net om te sê dat 'n besending mango's verkoop is. Sekere agente hef vaste bankkoste, soos R3,65, R4,50 of R5. "Maar vir sekere agente stuur ek 20 palette dan is my bankkoste R5 en stuur ek vir hom drie palette dan is my bankkoste R17. Uit die drie boere se gegewens was die hoogte koelkamerkoste R167 vir drie palette. Die tyd het aangebreek dat mangoboere hulle agente in die oë kyk en sê só kan dit nie verder voortgaan nie," sê Fivaz.

As die BTW (14 %) en die SAMKV-heffing (2 %) verhaal word van die koste wat die boer nie "sien" nie, beteken dit dat die boer se bemarkingskoste steeds sowat 12,5 % per karton bedrae. As veronderstel word dat 'n gemiddelde prys van R17,72 per karton (die gemidelde verkoopprys vir al drie boere by alle markte) behaal word en 'n boer se koste is teen 13,5 % per karton slegs 1 % meer as die gerekende 12,5 %, beteken dit 'n verdere 17 sent per karton wat die boer nie sien nie. In die praktyk het hierdie bykomende koste vir die drie boere op tot soveel as R1,33 per karton neergekom (indien 20 % in plaas van 12,5 %verhaal word).

Fivaz sê die kostemodel wat geskep is met die drie boere se gegewens het aangedui dat tot soveel as R130 per palet nie die boer bereik nie. Hierdie aanname is bereken deur 15,7 % markgelde te gebruik as 'n gemiddelde vir die drie boere.

Indien 'n boer dus R0,57 per karton verloor wat teen R17,72 verkoop word en die markgelde beloop 15,7 %, dan het die boer teoreties soveel as R1,97 (R0,57 vir kommissie meer as 12,5 % plus R1,40 vervoerkoste) per karton betaal om die mango's by die mark te kry. Dít beloop dus R130 per pallet. "Hoeveel kartonne het ek dus verniet mark toe gestuur? Veronderstel my verkoopprys was R17,72 en ek het R130,00 per palet verloor, dan het ek sewe kartonne verniet gestuur," sê Fivaz.

Wat die toekoms betref, kan mangoboere oorweeg om meer te konsentreer op die bakkiemark wat kontant in die sak beteken, maar aan die ander kant kan dit tot 'n chaotiese stelsel lei.

Fivaz sê boere kan gerus aan die volgende aspekte herkou:

B'n Goeie verhouding tussen 'n boer en sy markagent is baie belangrik. Hulle moet mekaar in die oë kan kyk en sê waarmee hulle tevrede en ontevrede is.

  • Baie van die kosteverskille is nie noodwendig omdat iemand oneerlik is nie, maar dit is dikwels die gevolg van 'n verkeerde besluit deur die boer en/of die agent. 'n Agent sê byvoorbeeld die boer moet agt palette stuur en dan kry hy net drie verkoop. Of die agent vra agt palette en dan stuur die boer 24!

  • Die boere moet hul markagente èn die betrokke markte besoek.

  • Boere moet nie in 'n illusie lewe nie, daar is ongelooflike goeie èn swak vrugte op die markte.

  • Die bankkoste moet volgens die markagente vasgestel wees.

  • Daar moet altyd die waarheid gepraat word. Moet nie vir 'n agent sê jy stuur goeie vrugte as jy voor jou siel weet die gehalte is nie te waffers nie. En, aan die ander kant, agente moet nie vir 'n boer sê om agt palette te stuur as hy wéét hy gaan net twee verkoop kry nie.

  • Moenie vir 'n boer sê hy/sy kry gemiddeld R20 per karton as dit eintlik gemiddeld R16 per karton is nie, maar vir 50 ton is wél R20 per karton gekry.

    Die belangrikste van alles, sê Fivaz, is om deeglik te beplan. Miskien kry 'n spesifieke agent-boer-kombinasie gemiddeld R25 per karton vroeg in die seisoen, terwyl hulle teen die einde van die seisoen uiters swak pryse realiseer.

    Maar as jy die gemiddelde oor die seisoen neem, het die agent en die boer waarskynlik redelike goed gedoen.

    "Maar dit is net as jy weet presies wáár in die wingerd die klein jakkalsies baljaar en skade aanrig, dat jy iets daaromtrent kan doen," sê Fivaz.

  • Navrae: Mnr. Jaco Fivaz, tel. 015 795 5651, of sel 083 305 4697. E-pos: mohlatsi@nix.co.za.

    4 Maart 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.56
    -0.0%
    Rand - Pond
    21.59
    -0.4%
    Rand - Euro
    18.50
    -0.3%
    Rand - Aus dollar
    11.93
    -0.3%
    Rand - Jen
    0.13
    -0.2%
    Goud
    1,797.91
    0.0%
    Silwer
    23.15
    0.0%
    Palladium
    1,900.00
    0.0%
    Platinum
    1,020.00
    0.0%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    68,238
    -0.9%
    Alle aandele
    74,323
    -0.9%
    Hulpbronne 10
    74,020
    -2.7%
    Industriële 25
    91,592
    -0.6%
    Finansiële 15
    15,398
    +0.8%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    lewensmaat
    Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
    Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
    Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot