AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Klubs verseker beste vrugtepryse

Produsenteklubs, op eksklusiwiteit gegrond, laat boere toe om besondere produkte aan nismarkte te lewer.

Produsenteklubs, op eksklusiwiteit gegrond, laat boere toe om besondere

produkte aan nismarkte te lewer. Dit bied ook 'n oplossing om teelprogramme te finansier. Volgens kenners vind boere daarby baat om deel te wees van dié verenigings of groepe.

Die sagtevrugtebedryf het deesdae 'n model waarvolgens nuwe kultivars min of meer eksklusief verbou word. Hoewel eksklusiwiteit die indruk van uitsluiting wek, hou dit groot voordele vir boere in omdat 'n goeie vraag-en-aanbod-situasie uitstekende pryse meebring. Dit is ook vir die meeste boere toeganklik mits hul boomkweker toegang tot nuwe eksklusiewe kultivars het.

Daar is verskeie modelle vir die produsenteklubs, verduidelik mnr. Michiel Prins, besturende direkteur van Stargrow op Stellenbosch. Die tipe model word hoofsaaklik deur die eienaars van die kultivars bepaal.

Ongeag die model, bly die oorhoofse doel deurgaans om vrugte te produseer van 'n buitengewone gehalte waarvoor daar 'n mark en wat goeie pryse behaal asook om te verseker die teler het 'n aandeel in die eindwaarde van sy projek.

Produsenteklubs is 'n betreklik onlangse verskynsel in Suid-Afrika. Prins en mnr. Johan Jooste van Sun World in die Paarl sê produsenteklubs in die plaaslike sagtevrugtebedryf vergelyk goed met die wêreldneiging. Vrugtekultivars word toenemend in die internasionale arena in produsenteklubs gekweek.

"Nuwe markte vereis dat alle bederfbare produkte 12 maande van die jaar op winkelrakke moet wees. Internasionale samewerking tussen bogenoemde modelle maak dit moontlik."

Jooste sê die oorvoorsiening van vrugte skep 'n probleem vir die boer. As daar altyd 'n aanbod van vrugte is, daal pryse. Maar produsenteklubs kommersialiseer kultivars op 'n verantwoordelike manier, of soos Prins dit stel: "Dit gee aan die boer daardie ekstra premie per karton."

Jooste sê telers streef daarna om besonderse kultivars op 'n semi-eksklusiewe wyse te versprei en dié produk dan uit die massamark te hou. "Die boer wat tot 'n klub behoort, wil homself onderskei, daarom boer hy met 'n gedifferensieerde produk wat op 'n beheerde skaal op uitsoekmarkte bemark word."

Teelprogramme kan miljoene rande kos - geld wat telers nie vrylik beskikbaar het nie en ook nie eenmalig van boere kan verhaal nie. Dit is juis waar die idee vir produsenteklubs ontstaan het.

"Benewens staatsgefinansierde teelprogramme, word teelprogramme privaat gefinansier en die bedryf moet self pa staan vir dié koste. Die teler ontwikkel nuwe produkte, maar aanvanklik is die relatiewe waarde van die plantmateriaal maar min. Die teler behoort in die eindhandelaar se wins te deel, want dit is waar die waarde van die nuwe produk tot sy reg kom," sê Jooste.

Hy meen die teler maak aanspraak "op 'n beskeie deel van die eindwaarde". Dit kan enigiets van 3 % tot 8 % van die prys van 'n houer vrugte wees (oftewel die vry-aan-boord-waarde), meen Jooste en Prins.

Só versprei die teler "sy paaiemente met die tyd" en kan hy sy navorsing finansier.

"Iemand moet dié proses bestuur en seker maak die betrokkenes kom sekere voorwaardes na sodat die teler in die eindwaarde kan deel," sê Jooste oor die rol van produsenteklubs.

Hy sê Sun World laat nie lede toe om vrywillig lid te word van produsenteklubs nie. Hulle word deur die telers geselekteer en kan eers dan besluit of hulle aan die program wil deelneem of nie.

"Jy kies mense vir praktiese doeleindes, soos om 'n gelykvormige produksieseisoen te verseker of om produksiespitstye te vermy. Dit is belangrik dat die boer reg laat geskied aan die produk. Hy of sy moet 'n aptyt hê om die kultivar te laat werk."

Sy maatskappy het sy eie teelprogram en verspreidingstelsel van nuwe kultivars. Die stelsel verseker wêreldwyd dat die maatskappy in beheer van sy kultivars bly.

Prins sê Stargrow, wat ook sy eie teelprogram het, behartig tans sowat 15 projekte wat eksklusiwiteit verseker. Dit word onder vyf modelle bestuur: Beperkte oppervlakte, spesifieke produsentegroepe, spesifieke uitvoerders, 'n enkele uitvoerder, en handelsmerkbemarking.

Die maatskappy se jongste toevoeging tot sy lys van unieke nuwe kultivars is Honeystar, 'n vroeë geelpruimkultivar. Appel-, peer-, sitrus- en steenvrugkultivars is ook al geslaag gekommersialiseer. Die maatskappy is veral bekend om drie nuwe kultivars: MIDNIGHT BEAUTY(r)-druiwe (sugrathirteen), Black Diamond-pruime (suplumeleven) en HONEYCOT(r)-appelkose, wat die kultivars Suapriseven en Suaprieight insluit.

Prins sê die grootste voordeel van produsenteklubs is dat die oorproduksie van nuwe kultivars voorkom word. Ander voordele is dat dit geld skep vir die ontwikkeling van nuwe kultivars. "Voorts gebruik produsenteklubs net van die beste boere en bemarkers, wat gehalte waarborg."

Hy meen dit is winsgewender vir die boer, want hulle volg 'n markkanaal wat 'n premie verseker en die verbruikers is bereid om meer te betaal vir 'n unieke produk van 'n goeie gehalte. "Die boer verdien dus meer geld," sê hy.

Jooste stem saam dat die verbruiker 'n premie kan verwag. Dít is ook die boer se motivering om "hard te werk om daardie voordeel te behaal". Hy meen die boer se voordeel lê daarin dat hy of sy 'n gedifferensieerde produk het en dus uit die massamark beweeg - die boer verkry dus 'n mededingende voordeel.

Hy sê produsenteklubs het geen nadele nie. Maar, voeg hy by, die ander kant van eksklusiwiteit het 'n ongunstige assosiasie. "Die beperkings wat mense opgelê word, staan hulle nie altyd aan nie. Dit maak hul keuses minder."

'n Integrale deel van die produsenteklubkonsep is planttelersregte. Die Planttelerswet van Suid-Afirka beskerm die intellektuele eiendomsreg wat aan 'n kultivar gekoppel word. Dit is 25 jaar geldig en diegene wat nie die wet nakom nie, kan vervolging word.

"Ons moet die boer, en ook die geaffilieerde vennote, kan beveilig en beskerm. Dit is die boer wat geld in jou produk belê, se waarborg dat almal volgens die reëls speel. Die intellektuele en eiendomsregte beskerm die intrinsieke waarde van die kultivar," sê Jooste.

"Dit is belangrik hoe eksklusiwiteit bestuur word sodat die kultivars ten beste ontwikkel kan word. Dit sal mettertyd in Suid-Afrika uitgeklaar word."

Hy meen produsenteklubs bied 'n gulde geleentheid vir samewerking tussen die betrokkenes. "Die telers, uitvoerders en bemarkers kan saamwerk om 'n beter produk te lewer."

Strategiese alliansies sal in die toekoms ál meer gevorm word en dit is belangrik dat boere hulle moet posisioneer ten opsigte van hierdie alliansies, sê Prins.

Jooste meen boere sal in die toekoms toenemend 'n heenkome in produsenteklubs soek, want "om goeie opbrengste op hul beleggings te kry, sal dit minder lonend raak om produkte aan die massamark te lewer".

24 Februarie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot