
“Die konferensie is van onskatbare waarde, want dit bring al die fasette van al die kommoditeite van die varsproduktebedryf in Suider-Afrika bymekaar,” sê Dukes, wat ook ’n “braaivleisvuur-geselsie” met dr. Johan van Deventer, pas uitgetrede hoof van Freshmark, as ’n programhoogtepunt uitsonder.
Die IFPA Suider-Afrika-konferensie vervang die ou PMA se Fresh Connections-konferensie, maar beloof om net so gewild te wees as voorheen.
Die internasionale vereniging vir vars produkte (IFPA) het ontstaan uit die samesmelting van die varsproduktebemarkingsvereniging (PMA) en die verenigde varsproduktevereniging (UFPA). Die IFPA is die grootste en mees diverse internasionale vereniging wat die hele varsprodukte- en blommewaardeketting dien.
Die IFPA beoog ook konferensies in Mexiko, Brasilië en Australië. Die IFPA Suider-Afrika-konferensie vind plaas op 17 en 18 Augustus in die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad. Dit word geborg deur Khula!, ’n snelgroeiende jong landboutegnologiemaatskappy met onder meer ’n digitale varsproduktemark waar vars produkte doeltreffend verhandel kan word.
Besoek www.freshproduce.com/events/the-southern-africa-conference om vir die konferensie te registreer.