AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Korrel vir korrel kom gehalte in die bottel

Uit 'n kelder waar daar nie vir toeval plek is nie, kom wyn van gehalte wat hoë pryse haal.

Uit 'n kelder waar daar nie vir toeval plek is nie, en elke druiwekorrel met die hand uitgesoek word, kom wyn van gehalte wat hoë pryse haal.

Die "laatkommers" in die wynbedryf het dikwels 'n voorsprong bo die mense wie se grootjies saam met Jan van Riebeeck begin wyn maak het. Tot húl voordeel is die meeste foute reeds gemaak en die skoolgeld betaal. Hulle kan ou wingerde uittrek en voor begin.

Of agter, soos die eienaars van De Toren Privaatkelder, Emil en Sonette den Dulk, en hul wynmaker, Albie Koch, wat gekyk het waar die sterkste groei in die wynmark is en hul wingerdaanplantings en wynmakery dáárvolgens beplan het. "Ons het baie huiswerk gedoen deur van die mark af na die wingerd 'terug te werk' ", sê Den Dulk en Koch. "Ons het gevind dat die mark vir rooiwyn in die superpremie-segment (E7 tot E14 - sowat R54 tot R131) en ultrapremie-segment (E14 tot E150 - sowat R131 tot R1 155) die enigste is wat nog uitbrei. Daarvolgens het ons vasgestel wat diegehalte en prys moet wees van die wyn wat ons wil maak, en tóé die wingerde op die plaas geplant."

"Ons wil spesialiste wees," sê Den Dulk. "Suid-Afrikaanse wynmakers het lank geglo enkelkultivarwyne is beter as versnitte en daarom was die wyn wat versny is, nie altyd die beste nie. In teenstelling daarmee is ons filosofie dat 'n versnit net so goed is soos die verskillende wyne wat versny is."

Dié kelder spits hom toe op twee rooi versnitte. De Toren se vlagskip-wyn, Fusion V, is 'n tradisionele Bordeaux-versnit van Cabernet Sauvignon, Cabernet franc, Merlot, Malbec en Petit Verdot, maar met 'n unieke Suid-Afrikaanse karakter. Dalk sagter, of vrouliker, soos Den Dulk dit verkies, is hul Diversity-wyn, waarin Merlot en Cabernet franc die oorheersende kultivars in die versnit is.

Daar is baie dinge wat op 'n wynplaas moet gebeur om 'n bottel wyn vir meer as R200 by die plaashek uit te stuur, en alles begin by die grond, sê Den Dulk en Koch.

Deeglike ontleding van die grond het getoon dat daar sewe verskillende grondtipes op die plaas is. Kultivars en onderstokke is gekies om dié verskillende grond-tipes aan te vul.

Kultivars, soos Malbec wat geil groei, is op die armer grondtipes soos Sterkspruit/Katspruit- en Kroonstad/Estcourt-grondtipes geplant, terwyl Merlot op die Oakleaf/Tukulu- en Tukulu/Pinedene-grond-tipes geplant is. Die Den Dulks het die spreekwoordelike ekstra myl geloop om vir dié grondverskeidenheid voorsiening te maak en 13 verskillende klone - Merlot (4), Cabernet Sauvignon (4), Cabernet franc (2), Petit Verdot (2) en Malbec (1) - geplant.

Sodanige toewyding aan gehalte het prof. Eben Archer, wingerdboukundige konsultant, laat opmerk: "Dit is 'n ongewone stap. Die meeste wingerdboere gebruik net een kloon per kultivar, ongeag die verskille in grondtipe." Archer sê as 'n mens wynkompleksiteit beskryf as die vermoë van wyndruiwe om verskillende geure aan die wyn te gee, beklemtoon die Den Dulks met hul 13 verskillende klone die feit dat wyn van gehalte net van goeie druiwe met goeie wynkompleksiteit gemaak kan word.

Desnieteenstaande maak hulle voorsiening vir variasie binne elke wingerdblok. Koch sê: "'n Mens dink so maklik 'n wingerdblok is homogeen - totdat jy na 'n hoëresolusie-lugfoto kyk en 'kolle' sien wat geil en minder geil groei. Ons pluk en pars elke 'kol' op sy eie."

Die hele proses het reeds begin met die aanplanting van verskillende wingerdklone om die beste uit die grond te haal en wynkompleksiteit te verseker. Deur die jaar werk die wingerdboukundige, wynmaker en kelderwerkers saam aan die volgende oes.

Nader aan parstyd word daar feitlik weekliks ontledings gedoen, en as die druiwe optimum rypheid bereik, word dit met die hand gepluk en kelder toe vervoer, waar blare, insekte en groen korrels uitgehaal, en elke korrel met die hand uitgesoek word. Op die sorteerband ontglip geen korrel van mindere gehalte Den Dulk en sy plaaswerkers se arendsoë nie.

Die druiwe word met groot sorg gehanteer. In die kelder werk die ontstingelaar sagkens met die druiwe en breek net die skille sonder om die korrels fyn te druk. Die druiwe word byvoorbeeld nooit van een tenk na 'n ander oorgepomp nie: Nadat die korrels van die trosse verwyder is, word 'n vurkhyser gebruik om die druiwe uit plastiekkratte na 'n gistingstenk van vlekvrye staal oor te plaas. Dié tenk word met stikstof opgevul om onnodige kontak met suurstof te verhoed, en die druiwe word 24 uur lank teen 'n lae temperatuur geweek. Verder word swaartekrag benut - gratis verskaf deur die aarde - om wyn vry te laat vloei van een tenk na 'n ander.

Die eerste gisting, wat vyf dae tot sewe dae lank kan duur, vind by temperature van 28°C tot 30°C plaas. In dié stadium is dit noodsaaklik om die mos gereeld af te druk om goeie dopkontak met die sap - en die ekstraksie van geure, tannien en kleur uit die doppe -te verseker.

Ná gisting vloei die wyn na 'n laerliggende tenk. Die doppe wat in die gistingstenk agterbly, word in 'n hidrouliese mandjiepers gepers om die laaste tannien-bevattende wyn te onttrek. Dié wyn, met sy sterk smaak en tannien-struktuur, word by die sagter wyn gevoeg wat vroeër afgetap is, die tenk word opgehys, en vloei na 'n gistingstenk vir 'n sekondêre gisting wat 7 dae tot 21 dae lank kan duur.

Uiteindelik word die wyn in klein (225 liter) vaatjies van Franse en Amerikaanse eikehout vir minstens 12 maande lank verouder. In die verouderingskelder word 'n konstante temperatuur van 16°C gehandhaaf.

By die versnyding van hul wyn volg Koch en die Den Dulks 'n danig onortodokse manier van besluitneming. In plaas daarvan dat die wynmaker tot laataand staan en eksperimenteer om te bepaal in watter verhouding die verskillende kultivars vermeng moet word, gebruik hulle 'n hele span "kundiges" om dié besluit te help neem.

Emil sê dit gaan moeilik wees om ál hul kliënte gelukkig te hou as net een persoon die versnyding doen, daarom roep hulle die hulp van hul kliënte, verspreiders, ander wynmakers, wynskrywers en wynbeoordelaars in om hulle te help. Daar is darem voorwaardes: Byvoorbeeld dat Cabernet altyd die "ruggraat" van die versnit sal wees, en dat elke kultivar in die versnit daar is om 'n spesifieke doel te bereik.

Enige verbruiker wat 'n bottel De Toren-wyn koop, koop die Den Dulks, Koch en alle werkers op die plaas se toewyding tot gehalte, sê Emil. "Ons volg nie kortpaaie in ons toewyding tot 'n produk van gehalte en die beste diens nie. Die bottel, prop, etiket en verpakking wat ons gebruik, moet die wyn afrond." Daarom voer hulle bottels uit Frankryk en tinkapsules uit Spanje in. 'n Geëmbosseerde etiket sonder vernis én houtkissies vir die finale verpakking rond hul produk af. As finale blyk van respek vir hul kliënte, verlaat geen bottel wyn hul kelder sonder 'n blaadjie met alle inligting oor die wyn nie.

Den Dulk sê die tevredenheid en lojaliteit van hul kliënte bly belangrik. Kliënte word deur gereelde nuusbriewe op die hoogte gehou van die "wynseisoen" wat die volgende oesjaar voorafgaan.

27 Januarie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot